Amie van Wyk het pas ‘n nuwe boek gepubliseer met die titel TEOLOGIE VAN DIE KONINKRYK. STUDIES IN DOGMATIEK EN ETIEK. Die boek bevat wetenskaplike artikels oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe oor onder andere die volgende sake: Skrifbeskouing en Skrifgebruik, die uitdaging van die ateïsme, skepping en evolusie, die voorsiendigheid van God, die Nuwe Hervorming (veral Sakkie Spangenberg), Pinksterteologie, die verbond en die koninkryk, WD Jonker as kerkman, die eenheid van die kerk (ook oor Calvyn), geloofsbelydenis, wyse van nagmaalviering, kindernagmaal, kerk en staat, debat met André P Brink, debat met Allan Boesak (in Duits), debat met Karl Barth oor etiek, die etiek van Augustinus en Calvyn, die etiek van Johan Heyns en Calvyn oor die toekoms. Die meeste van die artikels is in Afrikaans maar ‘n aantal verskyn in Engels soos dit oorspronklik geskryf is. Die groot tema wat regdeur die boek gevind kan word, is dat die (koms van die) koninkryk van God die hooftema van die hele Bybel is en daarom bepalend behoort te wees vir die doen en late van elke christen en die ganse kerk. Die boek beslaan 484 bladsye en kos R250. Betaling kan by die Adminburo gemaak word of by Die boek kan by die Administratiewe Buro (e-pos: bestellings@gksa.co.za; tel 018 297 398) bestel word, of by Amie van Wyk (sel 083 378 9508 of amiejanvw@gmail.com).
|
AuthorWrite something about yourself. No need to be fancy, just an overview. Archives
November 2017
Categories |