Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Wapadrant e-Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Maand-Krant
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Inry Erediens
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER UITREIKE
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Openbare Getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Samevatting - Beswaarskrif (art.. 31, 33 en 46 KO) - Hans Malan

7/11/2017

0 Comments

 
vida_beswaarskrif_samevatting_hans_malan.pdf
File Size: 465 kb
File Type: pdf
Download File

0 Comments

VERKLARING VAN DIE "WORLD COMMUNION OF REFORMED CHURCHES" - Oor die Vrou in die Ampte

5/7/2017

0 Comments

 
verklaring_van_wcrc_-_oor_die_vrou_in_die_ampte.pdf
File Size: 132 kb
File Type: pdf
Download File

0 Comments

GODSDIENS OP SKOOL: JA OF NEE

29/6/2017

0 Comments

 
Geplaas: 29 Jun 2017.
verklaring_oor_uitspraak_in_godsdiens_in_skole_hofsaak_-_28_junie_2017.pdf
File Size: 114 kb
File Type: pdf
Download File


Geplaas: 15 Sept 2014.
art-godsdiens-op-skool-23-9-2014.docx
File Size: 20 kb
File Type: docx
Download File

godsdiens_in_ons_skole__n_prinsipile_standpunt_-_fak.pdf
File Size: 116 kb
File Type: pdf
Download File

GODSDIENS OP SKOOL: JA OF NEE?
Amie van Wyk
Die interdik wat die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (OGOD) onder leiding van Hans Pietersen onlangs teen ses skole by die hooggeregshof in Johannesburg aangevra het met die versoek om alle christelike gebruike tydens skoolure te staak omdat dit ongrondwetlik is, geniet tans groot publisiteit in dagblaaie. Hoewel die hofaansoek self nie oor die agtergrond van die saak handel nie, is dit tog belangrik om die agtergrondfaktore wat hierin ‘n rol speel, kortliks uit te lig. Sodanige benadering val nie sommer uit die lug nie, maar vloei duidelik voort uit ‘n bepaalde lewens- en wêreldbeskouing. Wat sou die vertrekpunte wees wat Pietersen motiveer om sodanige hofaansoek aanhangig te maak?




Read More
0 Comments

The Big Question Leesgroep

24/11/2016

0 Comments

 
0 Comments

Language barriers in outreach - Panel Discussion 

27/5/2016

0 Comments

 
Listen to the discussion by the panel consisting of Prof. Derick Mashaw, Prof. Elijah Baloy,     Ds. Petrus Grové and Dr. Jaco Kruger.
0 Comments

Boek bekendstelling

27/7/2015

0 Comments

 
Picture
Amie van Wyk het pas ‘n nuwe boek gepubliseer met die titel TEOLOGIE VAN DIE KONINKRYK. STUDIES IN DOGMATIEK EN ETIEK. Die boek bevat wetenskaplike artikels oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe oor onder andere die volgende sake: Skrifbeskouing en Skrifgebruik, die uitdaging van die ateïsme, skepping en evolusie, die voorsiendigheid van God, die Nuwe Hervorming (veral Sakkie Spangenberg), Pinksterteologie, die verbond en die koninkryk, WD Jonker as kerkman, die eenheid van die kerk (ook oor Calvyn), geloofsbelydenis, wyse van nagmaalviering, kindernagmaal, kerk en staat, debat met André P Brink, debat met Allan Boesak (in Duits), debat met Karl Barth oor etiek, die etiek van Augustinus en Calvyn, die etiek van Johan Heyns en Calvyn oor die toekoms. Die meeste van die artikels is in Afrikaans maar ‘n aantal verskyn in Engels soos dit oorspronklik geskryf is. Die groot tema wat regdeur die boek gevind kan word, is dat die (koms van die) koninkryk van God die hooftema van die hele Bybel is en daarom bepalend behoort te wees vir die doen en late van elke christen en die ganse kerk. Die boek beslaan 484 bladsye en kos R250. Betaling kan by die Adminburo gemaak word of by Die boek kan by die Administratiewe Buro (e-pos: bestellings@gksa.co.za; tel 018 297 398) bestel word, of by Amie van Wyk (sel 083 378 9508 of amiejanvw@gmail.com).  
0 Comments

OMKOPERY EN KORRUPSIE -  Prof Amie van Wyk

28/11/2014

0 Comments

 
Die voorkoms

Die aangeleentheid van omkopery en korrupsie geniet tans besondere aandag in Suid-Afrika, veral  na ‘n aantal gebeure en uitsprake die afgelope tyd. So het president Jacob Zuma in Januarie vanjaar (2014) op Nelspruit gesê dat “die ANC-regering se standpunt bly baie duidelik dat korrupsie beveg moet word waar dit ook al voorkom.” Later het koerante egter berig dat die president beweer het dat die strafregtelike klagte teen hom laat vaar moet word omdat korrupsie net in die “Westerse paradigma” ‘n misdaad is.

Hierdie is maar een (groot) voorbeeld wat verband hou met korrupsie en omkopery wat in ons samelewing voorkom. Dit kom ook baie wyd in Afrika voor. Ek sal nooit vergeet nie dat ek tydens ‘n kerklike besoek aan  die DRKongo toegang op die lughawe van Lubumbashi geweier is omdat my geelkoors-dokument nie geldig sou wees nie – terwyl dit wel geldig was. Die amptenaar wou my nie deurlaat nie en het volgehou dat bepaalde gegewens ontbreek. Ek het besef dat hy vir omkoopgeld wag en ek het net geweier om hom geld te gee. Naderhand het een van ons Kongolese dominee-kollegas my te hulp gesnel en die amptenaar (in Frans) oorreed om my deur te laat. 

Omkopery kom ook wyd verspreid in Oos-Europa voor, wat lank onder kommunistiese beheer was. Tydens twee voordrag-besoeke aan Hongarye moes ons telkens verneem hoedat korrupsie die landsekonomie skade berokken. Eintlik is dit ‘n wêreldwye verskynsel en kom dit in alle lande voor.

Die groot vraag

Die groot vraag is: is dit moreel geoorloof, is dit eties verantwoord? En die antwoord is ondubbelsinnig: nee! Omkopery en korrupsie is ‘n immorele en onregmatige benadering wat die goeie waardes en norme in ‘n samelewing uitkalwe en ondergrawe. Dit kan op géén enkele manier goedgepraat en goedgekeur word nie. Ook nie die kleiner vorme daarvan nie deur byvoorbeeld tydens ‘n verkeersoortreding vir ‘n verkeerskonstabel ‘n paar note in die hand te stop.

Van omkopery en korrupsie lees ons dikwels in die Bybel. Twee van die bekendste voorbeelde is die volgende. Die priesterhoofde en die familiehoofde gee die Romeinse soldate ‘n groot klomp geld om vir die mense te gaan vertel dat Jesus se dissipels in die nag gekom en sy liggaam gesteel het – en daarom is die graf leeg (Matt 28:12-13). Hy het dus nie waarlik uit die dood opgestaan nie. Die tweede is dat toe Paulus voor goewerneur Feliks aangekla is, Feliks gehoop het dat Paulus hom omkoopgeld sou aanbied om los te kom (Hand 24:26). Uit die Ou Testament is daar nog meer voorbeelde (kyk bv 2 Kron 16).

Waarom is dit verkeerd, sowel wat die omkoper as die omgekoopte betref?

Die eerste rede is: dit tas die eer van God aan. Die mens is na die beeld van God geskape, wat onder andere beteken dat hy/sy iets van die karakter van God in sy/haar lewe moet weerspieël. Nou weet ons dat God vir niemand partydig is nie en dat Hy nie omkoopgeld aanneem nie (Deut 10:17). By die Here God is daar nie onreg en bevoordeling en korrupsie nie (2 Kron 19:7). God is nie partydig vir leiers nie, Hy bevoordeel nie die ryke bo die arme nie, want Hy het hulle almal gemaak (Job 34:19). Wanneer iemand hom/haar aan omkopery skuldig maak, vertoon hy/sy nie meer die beeld van God nie, doen daarmee sy/haar Maker oneer aan en ondermyn sy/haar verhouding met die lewende God. Hy/sy volg dan nie die voorbeeld van Christus – dié beeld van God – na nie.

Die tweede rede is: dit korrupteer die medemens. Wanneer iemand sy medemens (gewillig of onwillig) omkoop, breek hy/sy die moraal van daardie persoon af, trek hom/haar in ‘n spiraal van onreg in en laat daardie persoon met ‘n slegte gewete agter.

Die derde rede is: dit korrupteer jouself. Jy as omkoper maak jou skuldig aan ‘n wandaad wat jou eie gewete ondermyn en op die lang duur van jou ‘n gewetenlose mens maak. Die Bybel beskou dit as baie belangrik dat iemand met ‘n goeie gewete sal lewe (1 Pet 3:16).

Die vierde rede is: dit ondermyn die morele waardes van ‘n samelewing. Wanneer omkopery en korrupsie ‘n onmisbare deel van die ekonomiese lewe en van die regspraak van ‘n land word, is daardie land op ‘n afdraande pad. Wanneer tenderbedrog algemene praktyk word en veral wanneer regspraak daardeur aangetas word en regters en landdroste en persone in gesagsposisies maklik omgekoop word, gaan al die rooi ligte aan. In die Bybel is daar baie skerp uitsprake teen omkopery en korrupsie in die regspraak, te meer wanneer dit plaasvind ten koste van die weerloses en magteloses in die samelewing (Eks 23:8; Jes 1:23).

Die vyfde rede is: dit benadeel die omgewing. In hierdie verband kan veral gedink word aan tenderbedrog en omkopery waar nuwe myne ontwikkel word en die gebruik van skaliegas (in die Karoo) ondersoek word.

In kort: korrupsie en omkopery is Godonterend, mensveragtend, samelewing-ondermynend en omgewingvernietigend. Dit is ‘n morele euwel wat hand en tand beveg moet word, veral deur Christene wat met ‘n goeie gewete voor God en die mense wil lewe.

Die Woord is só reg: Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad (1 Tim 6:10).


0 Comments

    Author

    Write something about yourself. No need to be fancy, just an overview.

    Archives

    November 2017
    July 2017
    June 2017
    November 2016
    May 2016
    July 2015
    November 2014

    Categories

    All

    RSS Feed