RE: VROU IN DIE AMP
Die Gereformeerde Kerk Wapadrant het met hartseer kennis geneem van die besluit van die Januarie 2016 Buitengewone Sinode van die GKSA rakende vroue in die ampte van ouderling en predikant. Die saak van vroue as leiers in die gemeente, en dan in die besonder in die ampte van diaken, ouderling en predikant, is vir Wapadrant ’n gewetensaak voor die Here, soos vanuit ons verstaan uit die Heilige Skrif deur Jesus Christus en is ons dus oortuig dat vroue in al die besondere ampte mag dien. Daarom het die kerkraad van Wapadrant besluit om by sy besluit van 2006 te hou om persone, ongeag geslag, in al drie die ampte te mag bevestig. Wapadrant is steeds oortuig dat die Here mense roep volgens gawes en daarom mag ons steeds mans en vroue, volgens gawes, bevestig as diaken, ouderling en predikant. Ons pleidooi is dat die kerkverband, Wapadrant en gemeentes met dieselfde oortuiging in liefde sal aanvaar en saam die koninkryk van regverdigheid, vrede en vreugde (Romeine 14:17) sal dien. Verder vertrou ons die gemeente se toekoms aan die Here toe.
Kerkraad van GK Wapadrant.
![]()
| ![]()
|

verklaring_van_die_world_communion_of_reformed_churches_geneem_op_3_julie_2017_-_oor_die_vida.pdf |

gkv-170704-brief-aan-de-kerken-inzake-synodebesluiten-mv-en-ambt.pdf |

2017_junie_22_ernst_leeftink_vrouw_in_ambt.docx |