Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Wapadrant e-Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Maand-Krant
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Inry Erediens
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER UITREIKE
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Openbare Getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Eenvoudige maniere om sending-gerig te wees

8/3/2013

 

Laai boekie af in PDF formaat:

eenvoudige_maniere_om_sending.pdf
File Size: 380 kb
File Type: pdf
Download File

Lees boekie aanlyn:Eenvoudige maniere om sending-gerig te wees

Gebruik hierdie bron, Eenvoudige maniere om sending-gerig te wees, met jou kleingroep, personeelspan of sendinggemeenskap, om met klein treë te begin om ander by die evangelie te betrek.

Of jou nou ‘n kerkplanter, ‘n kleingroepleier, ‘n dissipelmaker of ‘n predikant is, hierdie boekie is vol idees  wat jou sal help om die evangelie in jou konteks te  versprei. Die boekie bevat die volgende artikels van leidende praktisyns  en outeurs:
·        25 eenvoudige maniere om in jou woonbuurt sending-gerig te wees  (Josh Reeves)
·        30 eenvoudige maniere om in jou werkplek sending-gerig te wees (Josh Reeves)
·        10 eenvoudige maniere om sending-gerig te wees (Tim Chester)
·        8 maniere om maklik sending-gerig te wees (Jonathan Dodson)
·        4 maniere om ‘n sending-gerigte gemeenskap te word (Matt Carter)
·        Nog  25 maniere om in jou woonbuurt sending-gerig te wees (Josh Reeves)
·        4 vaardighede om dissipels te maak en te vermeerder (George Patterson)
·        20 eenvoudige maniere om in jou gemeenskap en in jou stad sending-gerig te wees, 
         Deel  1 (Josh Reeves)
25 Eenvoudige maniere om in jou woonbuurt sending-gerig te wees  (Josh Reeves)

Ek het gevind dat dit dikwels nuttig is om praktiese idees te hê oor hoe om met mense om my te begin kommunikeer. Meeste van die idees op hierdie lys is normale, alledaagse dinge wat baie mense alreeds doen. Die hoop is dat ons hierdie dinge sal doen, gerig op evangelisasie.

Dit beteken ons doen dit:

·        In die normale gang van sake waar ons nuwe mense ontmoet en met hulle omgaan.

·        Biddend terwyl ons wag en luister na die Heilige Gees om vas te stel waar God werksaam is.

·        Deur daadwerklik, nederig en kontekstueel die Evangelie deur woord en daad te verkondig.

Hieronder  is my lys van 25 beste idees. Almal is nie te vinde vir al die idees nie, maar hopelik is daar heelwat idees op die lys wat God gebruik om jou te help om met jou bure om te gaan.

1.      Bly langer buite in jou voortuin as jy tuin natgooi.

2.      Stap gereeld elke dag op dieselfde tyd met jou hond in die woonbuurt.

3.      Sit op jou voorstoep en laat die kinders in die voortuin speel.

4.      Deel gebak uit (vars brood, koekies, ens.)

5.      Nooi die bure vir ete uit.

6.      Woon HOA (Huiseienaarsvereniging) –funksies by en neem deel.

7.      Woon partytjies waarheen die bure jou nooi, by.

8.      Samel  in die winter  kos en klere in en betrek die bure daarby.

9.      Hou ‘n speletjiesaand:  balspele buitenshuis en bordspeletjies binnenshuis.

10.   Hou ‘n kuns-uitruilaand. Bring die items waarvoor jy moeg is en ruil dit met die bure s’n uit.

11.   Maak ‘n groentetuin/vrugteboord en deel die ekstra groente en vrugte aan die bure uit.

12.   Hou ‘n Paaseiersoektog in jou buurt en nooi die bure uit om hul voortuine te gebruik.

13.   Begin ‘n weeklikse oop-ete-aand by jou huis.

14.   Hou in die somer elke Vrydagaand ‘n braai en nooi ander uit om dit ook by te woon.

15.   Skep vir veiligheidsredes ‘n epos- en telefoon-kontaklys vir die blok/straat .

16.   Hou ‘n partytjie/braai om sport te kyk.

17.   Hou ‘n koffie-en-poeding-aand.

18.   Organiseer en hou ‘n kuns/kreatiewe aand vir dames.

19.   Organiseer ‘n proe-toer in jou straat. Elke huis voorsien kos op ‘n tafel op die voorstoep.

20.   Hou ‘n fliekaand en bespreking na die tyd.

21.   Begin ‘n draf-/stapklub in die woonbuurt.

22.   Begin ‘n weeklikse kinderspeeltyd saam met ander ouers wat ook tuis is (nie buitenshuis werk nie).

23.   Organiseer ‘n saamryklub vir jou woonbuurt om brandstof te bespaar.

24.   Bied aan om afrigter te wees vir een of ander sportsoort by ‘n skool.

25.   Hou in die somer ‘n roomysfees in jou voortuin.

30 Eenvoudige maniere om in jou werkplek sending-gerig te wees (Josh Reeves)

Dit is dikwels moeilik om praktiese maniere te vind om ‘n seëning (blessing) by jou werkplek te wees. ‘n Vinnige werkspas, knellende tydlimiete en konflik met medewerkers kan dikwels die bes-bedoelde intensies om Jesus se liefde te bewys en daaroor te praat, ontspoor.

Hieronder volg ‘n paar praktiese idees om ander in die werkplek te seën.

1.      Maak ‘n punt daarvan om saam met medewerkers middagete te eet en hul beter te leer ken, in plaas van om alleen te eet.

2.      Gaan vroeg werk toe sodat jy tyd het om vir jou medewerkers te bid vir die dag wat voorlê.

3.      Maak dit daagliks ‘n prioriteit om woordeliks of per brief aanmoediging te gee wanneer iemand goeie werk lewer.

4.      Bring ekstra kos vir middagete om vir iemand anders te gee.

5.      Bring eenmaal per maand ontbyt (doughnuts, graankos, ens.) vir almal in jou afdeling.

6.      Organiseer ‘n draf-/stapgroep wat voor of na werk oefen.

7.      Laat jou sendinggemeenskap/kleingroep eenmaal per maand middagete na jou werk toe bring.

8.      Nooi jou medewerkers op ‘n gereelde basis uit vir iets te drinke.

9.      Maak ‘n lys van al jou medewerkers se verjaarsdae en vind ‘n manier om elkeen op sy verjaarsdag te seën.

10.   Organiseer en bied werkspartytjies aan, toepaslik vir jou werk.

11.   Probeer ten alle koste om skinderpraatjies te vermy. Wees die stem van dankbaarheid en nie van klagtes nie.

12.   Vorm ‘n saamryklub met medewerkers wat naby jou woon.

13.   Bied aan om ‘n ooievaarstee te reël vir ‘n medewerker wat ‘n baba gaan hê.

14.   Bied aan om in te staan vir ‘n medewerker wat tyd moet afneem vir iets.

15.   Begin om gereeld met medewerkers middagete te gaan eet. Moenie selektief wees met die uitnodigings nie.

16.   Organiseer ‘n weeklikse/maandelikse verrassingsete (jy eet wat daar is) om middagete ‘n bietjie meer opwindend te maak.

17.   Wanneer jy vinnig uitgaan, vra vir iemand wat normaalweg deur ander werkers geïgnoreer word, of jy ‘n koeldrank of koffie kan saambring.

18.   Wees die eerste persoon wat nuwe werkers groet en verwelkom.

19.   Doen moeite om die name van medewerkers en kliënte, asook hul families, te leer ken.

20.   Besoek medewerkers in die hospitaal.

21.   Bring koeldrank of ander toepaslike drinkgoed na die teekamer vir medewerkers om te geniet. Vind uit waarvan hulle hou.

22.   Gaan uit jou pad uit om met skoonmakers, wat meestal geïgnoreer word, te gesels.

23.   Vind uit van watter musiek jou medewerkers hou en stel ‘n speellys van die musiek op (indien toepaslik vir die werk).

24.   Nooi jou medewerkers uit na die diensprojekte waarby jy reeds betrokke is.

25.   Begin/skakel in by ‘n stadsliga saam met jou medewerkers.

26.   Organiseer ‘n samewerkingsgroep vir plaaslike entrepreneurs by ‘n plaaslike koffiewinkel.

27.   Begin ‘n klein besigheid wat jou gemeenskap sal seën en  die moontlikheid vir sendingwerk kan skep.

28.   Werk hard om medewerkers wat baklei, te laat vrede maak.

29.   Hou klein lekkergoedjies byderhand om aan ander te gee wanneer die werkdag lank word.

30.   Neem die leiding om ander te organiseer om medewerkers in nood te help.

10 Eenvoudige maniere om sending-gerig te wees (Tim Chester)

1.      Eet saam met ander mense.

Almal eet 3 maaltye per dag. Dit is 21 geleenthede vir die kerk en sending sonder om enigiets nuut by jou skedule te voeg. En etes is ‘n kragtige uitdrukking van welkom wees en gemeenskaplikheid.

2.      Werk in openbare plekke

Hou vergaderings, berei toesprake voor en lees in openbare plekke soos kafees, kroeë en parke. Dit sal jou help om meer te wete te kom van die kultuur om jou. Voorbeeld: wie se vrae sou jy wou aanspreek in jou Bybelstudie: dié van ‘n professionele eksegeet of dié van die kultuur?

3.      Wees gereeld daar

Neem ‘n plaaslike kafee, kroeg, park of winkels aan en besoek dit gereeld sodat jy as ‘n local bekend staan. Stel jou voor almal in die gemeenskap doen dit!

4.      Neem deel aan dit wat gebeur

Kerke begin dikwels ‘n eie koffieplek of program vir haweloses. Raak eerder deel van bestaande inisiatiewe – jy het nie die las om die plek te bestuur nie en daar is geleenthede saam met medewerkers.

5.      Verlaat saans die huis

Dis so maklik om na ‘n lang dag of op ‘n donker aand voor die televisie te lê of om tyd  op die internet te verwyl. Gaan uit! Besoek ‘n vriend. Neem koek vir die bure. Woon ‘n plaaslike groep by. Gaan fliek. Kuier in ‘n koffieplek. Gaan stap saam met ‘n vriend. Dit maak nie saak waarheen nie, solank jy sending-gerig bly.

6.      Dien jou bure

Trek onkruid uit in jou bure se tuin. Help iemand om te trek. Sit ‘n rak op. Doen liefdadigheidswerk vir ‘n groep. Dit kan een aand per week wees of een dag per maand. Probeer om dit te doen saam met ander mense van jou kerkgemeenskap sodat dit ‘n gemeenskaplike projek is. Mense sien dan julle liefde vir mekaar en dit sal makliker wees om oor Jesus te praat.

7.      Deel jou passie

Wat geniet jy? Vind ‘n plaaslike groep wat jou passie deel. Wees sending-gerig en geniet dit terselfdertyd!

8.      Kuier saam met jou medewerkers

Spandeer jou middagete met kollegas. Gaan drink iets na werk. Ry saam werk toe.

9.      Stap

Deur te stap maak jy kennis met jou woonbuurt op straatvlak. Jy merk dinge op wat jy nie uit ‘n kar sal sien nie. Jy sal gesien en bekend word in die woonbuurt.

10.   Gebedstap

Stap in jou woonbuurt en gebruik dit wat jy sien as brandstof vir jou gebede. Bid vir mense, huise, besighede, gemeenskapsgroepe en gemeenskapsbehoeftes. Vra God om jou oë te open vir waar Hy werksaam is en om jou hart te vul met liefde vir jou woonbuurt.

8 Maniere om maklik sending-gerig te wees (Jonathan Dodson)

Om sending-gerig te wees, is nie iets wat ons aan ons reeds besige lewens aanlas nie. Dit is ons lewe. Dit behoort ons lewenswyse te wees, nie iets wat ons by ons lewe byvoeg nie. Ons kan sending-gerig wees in ons alledaagse lewe sonder om ons skedules te oorlaai. Hier volg ‘n paar voorstelle:

1.      Eet saam met nie-Christene

Ons almal eet drie maaltye per dag. Hoekom nie ‘n gewoonte maak om een van daardie etes saam met nie-Christene te geniet nie? Eet middagete saam met ‘n kollega, nie alleen nie. Nooi die bure oor vir aandete. As dit te veel moeite is om kos te kook, bestel ‘n pizza en fokus op die geselskap. As jy uitgaan vir ete, nooi  ander mense saam. Of neem jou gesin uit vir ete na ‘n gesinsrestourant, sit saam met vreemdes aan tafel en begin gesels. Hou ‘n braai en nooi Christene en nie-Christene. Kom weg van die gewoonte om net met Christene te kuier.

2.      Stap, moenie ry nie

Indien dit moontlik is in jou woonbuurt, maak ‘n gewoonte daarvan om uit te gaan en rond te loop  in die buurt, die woonstelkompleks of die kampus. In plaas daarvan om te ry na die posbus, kafee of jou kompleks se kantoor, stap om pos uit te haal, of kruideniersware en ander items te koop. Wees doelgerig wanneer jy stap. Groet mense wat jy nie ken nie. Trek aandag deur met jou hond te stap, vat ‘n paar biere/koeldranke saam (en deel dit), neem die kinders saam. Maak vriende. Kom uit jou huis uit! Stel belang in jou bure. Vra vrae. Bid sover as wat jy stap. Spaar brandstof, die planeet  en sommige mense.

3.      Wees ‘n gereelde besoeker

In plaas daarvan om die hele stad vol te ry vir brandstof, kruideniersware,  hare sny, uiteet en koffie drink, gaan weer na dieselfde plekke. Leer die personeel ken. Gaan op dieselfde tye na dieselfde plekke. Glimlag. Vra vrae. Wees ‘n gereelde besoeker. Ek het vriende in koffiewinkels regoor die stad. (My vriende by Starbucks skenk 2-3 keer per week ‘n ton oorskiet-pasteitjies aan die kerk. Ons gebruik dit by kerkbyeenkomste en gee soms daarvan aan die haweloses.)  Bou verhoudings. Wees ‘n gereelde besoeker.

4.      Doen stokperdjies met nie-Christene

Kies ‘n stokperdjie wat jy met ander kan deel. Gaan uit en doen iets wat jy geniet saam met ander. Probeer ‘n sportsoort; plaaslike roei- of fietsryspanne. Deel jou stokperdjie met ander deur lesse daarin te gee. Gee les in naaldwerk, klavier, viool, kitaar, brei, tennis, ens. Bid gereeld, wees innemend, wees prettig, wees jouself.

5.      Praat met  jou kollegas

Hoe moeilik kan dit wees? Wees voorbedag wanneer jy ‘n breuk neem. Gaan uit met jou span na werk. Toon belangstelling in jou medewerkers. Kies vier en bid vir hulle. Vorm mamma-groepe in jou woonbuurt en nie net vir Christene nie. Reël speelafsprake vir met die bure se kinders. Wees sending-gerig.

6.      Word ‘n vrywilliger by ‘n NWO (nie-winsgewende organisasie)

Soek ‘n NWO in jou deel van die stad en gebruik een Saterdag per maand om jou stad te dien. Neem jou bure, jou vriende en jou kleingroep saam. Spandeer tyd met jou kerk terwyl jy jou stad dien, een maal per maand. Jy kan dit doen!

7.      Neem deel aan geleenthede in jou stad

In plaas daarvan om Xbox te speel, TV te kyk of op die Internet te wees, neem deel aan geleenthede wat in jou stad aangebied word. Gaan na fondsinsamelings, feeste, skoonmaak-aksies, somervertonings en konserte. Neem sending-gerig deel . Begin met mense gesels, bestudeer die kultuur. Dink na oor wat jy sien en hoor. Bid vir die stad en wees lief  vir die stad. Neem deel aan die stad se aktiwiteite.

8.      Dien jou bure

Help ‘n buurman/-vrou deur onkruid uit te trek, gras te sny, ‘n kas te bou of ‘n motor reg te maak. Vra by die gemeenskapsforum of kantoor van jou woonstelblok of jy met iets kan help. Bied jou hulp aan by die naaste polisiestasie of brandweerstasie. Raak kreatief. Dien net!

Moenie die fout maak om sending-gerigtheid nog iets te maak wat jy by jou besige skedule moet  voeg nie; maak jou bestaande skedule sending-gerig.

Vier eenvoudige maniere om ‘n sending-gerigte gemeenskap (SGG) te word (Matt Carter)

Sending-gerigte gemeenskappe sal verskil volgens hul verskillende konsepte, maar die Evangelie moet voorop staan; eers identiteit, dan metodes en teorie. Ons het gevind dat, as Christene lief is vir die Evangelie, hulle bereid is om ongelooflike dinge te doen om Jesus aan die mense om  hulle bekend te stel. By The Austin Stone sien ons dit in albei groepe, van die tradisionele Bybelstudiegroepe  tot groepe wat as sendingspanne uitgestuur word.

Ons metodes spruit uit ons belangrikste doelwit, naamlik om meer soos Jesus te word, nie noodwendig volgens ‘n patroon of Christelike formule nie. Ons heiligmaking moet gelei word deur ons Christologie – “hoe is Jesus?”

Tradisionele Amerikaanse vroomheid (piëteit) is gewoonlik daarop gemik om die innerlike lewe te ontwikkel terwyl die uiterlike lewe oorgelaat word aan kerkaksies. Ons probeer ons SGG’s  lei om as ‘n groep innerlik sowel as uiterlik te groei.

Deur na die Bybel te kyk en ook na hoe mense optree, het ons enkele eenvoudige praktyke geformuleer wat van hulp sal wees vir groepe wat oorskakel van ‘n Bybelstudie- of kleingroep na ‘n SGG. Elk van hierdie praktyke is iets wat ‘n SGG behoort te doen in die normale gang van die lewe.

Vir die groep om na buite te fokus  (die sending-gedeelte van die SGG), stel ons die volgende  twee hoofpraktyke voor:

1.      Om gereeld by ‘n “Derde plek” byeen te kom; ‘n neutrale en natuurlike plek waar die groep gereeld saamkom om mekaar te geniet en innerlike gemeenskap te kweek (aldus Hugh Halter).

2.      Om geleenthede vir diens te soek. Dit gebeur wanneer die groep geleenthede soek waar mense se behoeftes vervul kan word en mense geseën kan word in hul deel van die dorp of stad. Dit beteken om “die minstes” te dien.

Soos wat ons mekaar in hierdie plekke vind, nooi ons biddend en doelgerig  ons verlore vriende uit en gee aan hul die geleentheid om te behoort voordat hulle glo. Op hierdie manier begin ons die beginsel uitleef dat diegene buite die gemeenskap van gelowiges, die lewe van Christus betekenisvol kan ervaar tussen diegene wat in Christus glo.

Vir die groep om na buite te fokus (die gemeenskap-gedeelte van die SGG), is daar twee primêre sake wat ons van die groepe vra:

1.      Ons wil hê dat groepe aan mekaar berading gee rakende lewensprobleme, eerder as om professionele beraders te gebruik.  Dit beteken dat gelowiges meer saam lewe. Afhangend van die situasie mag ons troos, vermaan, ondersteun, vergewe, ens. Dit is nie altyd maklik nie, maar ons sien die Evangelie in werking wanneer groeplede hul “self” begin afsterf en vir ander begin lief word.

2.      Laastens vra ons dikwels, “Waar moet ons verdiep?”. Lewenstransformasie-groepe (LTG’s) is ‘n term van Neil Cole. LTG’s is groepe van 2 of 3 persone wat daartoe verbind is om te bely, die Woord te verkondig en vir verlore vriende te bid. Dit is die plek vir belangrike persoonlike diepte en verantwoordbaarheid vir dissipelskap wat gebaseer is op ons gehoorsaamheid, nie net groei in kennis nie.

Laastens vind ons waarde in ‘n gereelde Sendinggemeenskapsvergadering wat innerlike en uiterlike diepte voed. Dit is die tyd vir die groep om saam te eet en eenvoudige Bybelstudie te doen (geen besondere Bybelkennis of teologie word benodig om deel te neem aan ‘n sinvolle bespreking nie). Ons hoop die verhoudings wat ons kweek met diegene wat ver van God is, sal meebring dat hul volgende stap is om betrokke te raak by die lewe in ons gemeenskap.

Soos ons hierdie praktyke uitleef, kom ons meer tot die besef dat daar geen towerformule is nie. Hierdie is slegs tegnieke wat groepe kan gebruik, nie om hulself mee te meet nie. Ons het egter gesien dat, soos wat groepe hierdie tegnieke gebruik, verryk die missie die gemeenskap en die gemeenskap versterk die missie.

Nog 25 maniere om sending-gerig te wees in jou woonbuurt (Josh Reeves)

1.      Kook ‘n ekstra bredie en gee dit vir jou bure.

2.      Koop ‘n ekstra dosyn doughnuts en gee dit vir jou bure.

3.      Begin ‘n komposhoop en laat jou bure hulle kompos ook daar gooi.

4.      Hou ‘n koffie-en-poeding-aand

5.      Reël en wees gasheer/-vrou vir ‘n dames-handwerkaand

6.      Reël dat die bure deelneem aan ‘n projek om die ouer persone in die buurt te versorg

7.      Wees ‘n gereelde besoeker aan die park/swembad in jou woonbuurt

8.      As jy ‘n sekere vaardigheid het, laat jou bure daarvan weet en bied aan om hul gratis te help

9.      Wees gasheer/-vrou vir ‘n fliekaand en bespreking daarna

10.   Begin ‘n stap-/drafgroep in jou woonbuurt

11.   Begin en wees gasheer/-vrou vir ‘n weeklikse speelafspraak vir ander ouers wat tuisbly

12.   Reël ‘n saamryklub vir jou woonbuurt om brandstof te bespaar

13.   Kollekteer welsynitems by winkels en neem dit na welsynorganisasies

14.   Reël in die somer ‘n roomyspartytjie in jou voortuin 

15.   Begin ‘n naaldwerkgroep

16.   Gaan sing Kersliedere in jou woonbuurt (nooi die bure uit om deel te neem)

17.   Hou ‘n blok-/straatpartytjie vir Vryheidsdag/Jeugdag/Vrouedag/Erfenisdag ens.

18.   Begin ‘n Facebook-/Twitter-/Google-groep vir jou woonbuurt

19.   Vra inwoners wat lankal in die buurt woon vir meer inligting oor die buurt

20.   Bied aan om die bure se kinders op te pas sodat hul ‘n aand kan uitgaan

21.   Vind uit wat jou bure se verjaarsdae is en neem vir hulle ‘n kaartjie en eetgoed op die dag

22.   Reël ‘n ontmoeting met jou bure met drinkgoed in jou oprit/voortuin

23.   Vra jou HOA (Huiseienaarsvereniging) of woonstelkompleks of daar hulp nodig is met enigiets

24.   Hou gereeld op Saterdae ‘n bring-en-ontbyt

25.   Hou ‘n braai met ‘n sportgeleentheid

4 vaardighede om dissipels te maak en te  vermeerder (George Patterson)

Vaardigheid 1: Evangeliseer soos die apostels gedoen het

Vertel die historiese Evangelie-gebeure (Lukas 24:46-48). Bid vir genesing in die naam van Jesus (Mark 16). Werk met hele families, verwante of spesifieke groepe mense (Hand 10:24; 16:31).

Vaardigheid 2: Maak dissipels deur hul te leer om Jesus se opdragte te gehoorsaam

Begin met Jesus se basiese opdragte wat die eerste Nuwe Testamentiese kerk gehoorsaam het in Handelinge 2:37-47:

1.      Bely, glo en ontvang die Heilige Gees – vermy besluitnemingsrituele. Mark 1:15; Joh 20:22; Hand 2:38.

2.      Word gedoop en lewe die nuwe, heilige lewe wat daarmee begin – vermy nie-Bybelse vereistes. Hand 2:38, 41; Rom 6.

3.      Breek brood (Nagmaal) – laat nuwe gelowiges Christus ervaar, bewaar die misterie. Luk 22:19-20.

4.      Wees lief vir God, jou bure, dissipels, vyande. Luk 10:25-37.

5.      Bid – neem die bonatuurlike werk van God aan. Joh 16:24; 15:4-5; 14:12-14; Mat 10:7-8.

6.      Gee – beoefen rentmeesterskap in alle vorms, wat “tentmakery” kan insluit. Luk 6:38; Hand 18.

7.      Maak dissipels – leer en gehoorsaam God se Woord. Mat 28:18-20, 4:19; Joh 21:15-17.

Wat is die basis vir ‘n kerk en ons lewens? (Mat 7:24-29, 28:18-20).

Onderskei die vlakke van outoriteit vir kerkaktiwiteite:

1. Nuwe Testamentiese opdragte

2. Nuwe Testamentiese praktyke

3. Tradisies

Vaardigheid 3: Beoefen ‘n vorm van aanbidding wat pas by ‘n sending-gemeenskap

Beoefen die “mekaar”-opdragte, tussen en binne die sending-gemeenskappe. Vier die Here se Laaste Ete; laat enigeen wat aan die Bybelse vereistes voldoen, dit lei.

Vaardigheid 4: Moedig nuwe leiers aan, soos Jesus en Paulus gedoen het, om te vermeerder

Hoeveel skakels  is daar in 2 Tim 2:2? Wat was die resultaat van hierdie ketting? Hoe is ons vermoë om te vermeerder soos graan? Wees mentor vir ‘n vakleerling totdat hul sending-gemeenskap doen wat God verwag:

1.      Bid – tree in, persoonlike en familie-toewyding, geestelike oorlogvoering

2.      Evangeliseer – wees getuie, doop

3.      Maak dissipels – probeer om Jesus bo alles te gehoorsaam

4.      Gee – praktiese rentmeesterskap

5.      Berading – hanteer persoonlike of gesinsprobleme in privaatheid

6.      Leer – pas die Woord toe, rus toe om te dien

7.      Bewys genade – dien dié wat seer het en hulp benodig

8.      Kweek liefde – verwantskap in die liggaam

9.      Organiseer – dien mekaar met verskillende geestelike gawes

10.   Versterk gesinslewe en huwelik – vergewe, versoen, liefde

11.   Organiseer – dien mekaar met geestelike gawes

12.   Korrigeer en herstel, kyk uit vir wolwe en swak lammers

13.   Aanbid – bedien Nagmaal, laat almal aktief deelneem

14.   Vermeerder kerke/selgroepe – versprei Jesus se Koninkryk naby en oorsee

15.   Lei leiers op – pastore, sendelinge, ouderlinge, evangeliste

20 Eenvoudige maniere om sending-gerig te wees in jou gemeenskap en in jou stad (Josh Reeves)

Alhoewel die woord “sending-gerig” ‘n nuwe trefwoord is, beteken dit maar net dat ons elke dag soos sendelinge leef. Jesus het gesê, “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle.” (Joh 20:21). Die woord “sending-gerig” kom van die woord “gestuur”. Dit beteken bloot dat ons leef soos Jesus geleef het – soos gestuurdes wat elke dag leef om die Woord uit te dra.

Om die waarheid te sê, meeste van die eenvoudige idees hieronder val in die konteks van jou alledaagse lewe. Wanneer jy daarna kyk deur die lens van evangelisering – gesien deur die oë van ‘n sendeling – word dit nie gewone take nie, maar ewige betekenisvolle ritmes in jou lewe wat wemel van geleenthede vir evangelisering.

Uitgebreide woonbuurt – die plekke in jou stad waar jy gereeld kom

1.      Neem deel aan die feeste, parades en vierings van jou stad.

2.      Vind ‘n park waar jy op gereelde basis tyd met jou gemeenskap kan spandeer.

3.      Kies ‘n aantal restourante wat jy gereeld kan besoek om sodoende die personeel te leer ken.

4.      Besoek dieselfde koffiewinkel as jy kan.

5.      Begin ‘n gereelde Frisbee-kompetisie in jou stad.

6.      Neem die kinders na storietyd in jou plaaslike biblioteek.

7.      Laat jou kinders in die stad se sportligas speel.

8.      Woon jou stadsraadvergaderings by en vind uit wat gebeur in jou stad.

9.      Woon jou skool se beheerliggaamvergaderings by om uit te vind wat in die skole gebeur.

10.   Besoek die plaaslike gimnasium of ontspanningsentrum.

11.   Nooi jou buurman uit na ‘n plaaslike sportgeleentheid.

12.   Begin ‘n manneaand by die plaaslike kroeg/restaurant.

13.   Raak betrokke by die ouer-/onderwysersvereniging by  jou kinders se skool.

14.   Maak kontak met ander skoolkinders deur interskool-byeenkomste.

15.   Sluit aan by jou plaaslike genealogiese vereniging.

16.   Gee ruim fooitjies by die restourante wat jy gereeld besoek.

17.   Neem deel aan plaaslike filmvertonings en besprekings.

18.   Woon die plaaslike hoërskool se sportbyeenkomste by.

19.   Rig ‘n plaaslike sportspan af.

20.   Bied gratis rekenaaropleiding aan by jou plaaslike biblioteek/openbare plek.

Bydraers

Josh Reeves is die leidende pastoor van Redeemer Church (http://redeemerroundrock.org) in Round Rock, Texas. Een manier waarop jy vir Josh kan bedank vir sy waardevolle artikels is om Redeemer te ondersteun deur hul webwerf te besoek. Volg Josh op Twitter: @joshreeves

George Patterson  het 21 jaar in Sentraal-Amerika deurgebring om pastore op te lei om sodoende kerke te vermeerder. George se strategieë en materiaal  vir kerkvermeerdering is baie bekend en word wêreldwyd gebruik. Hy tree op as mentor vir werkers wat ernstig daaroor is om Nuwe Testamentiese riglyne te volg om kerkplanting-bewegings te volhou, van wie baie al betekenisvolle deurbrake gemaak het.

Hy gee klas by Western Seminary en is die outeur van die Church Multiplication Guide (http://wclbook.com), Train and multiply (http://trainandmultiply.com) en ander opleidingsmateriaal. Van sy werk is te sien op http://mentorandmultiply.com.

Matt Carter is die Pastor of Preaching and Vision by The Austin Stone Community Church, wat geweldig geseën is sedert die stigting van die kerk in 2002. Matt se begeerte dat die kerk ‘n voorstander word vir die welsyn van die stad Austin, het gelei tot die skepping van ‘n netwerk om aktief die versoening en vernuwing van die stad na te streef, vir die bevordering van die Evangelie. Die For the City Network is ‘n platform vir die samewerking tussen organisasies deur fisiese spasie te voorsien aan nie-winsgewende organisasies en om ‘n tregter te vorm vir vrywillige betrokkenheid. Matt is ook ‘n kanker-oorlewende, mede-outeur van die boek For the city en spreker by kampe en konferensies in die VSA. Twitter: @_matt_carter

Jonathan Dodson is een van die pastore van Austin City Life in Austin, Texas en ook ‘n leier van The GCM Collective, Acts 29 Texas en PlantR. Meer inligting oor Jonathan is te kry op sy webblad http://jonathandodson.org.

Tim Chester  is direkteur van The Porterbrook Institute; ‘n kerkplanter by Crowded Houses in Sheffield, Engeland en die outeur van meer as ‘n dosyn boeke, insluitend Total Church en You can change.


Comments are closed.