W-KLEINGROEPE SE DIENSTAKE OP SONDAE BY DIE STRAATKAFEEDIENS
RIGLYNE WAT KAN HELP
1) Straatkafee blaadjies
Die blaadjies is in ‘n kartondoos in die kontrolekamer. Sit blaadjies verspreid op die tafeltjies in die saal neer.
2) Kerse
Sit op elke tafel ‘n kers neer en steek dit aan.
3) Plastiekhouer met potlode en penne
Sit ‘n houertjie neer op elke tafel. Maak seker dat die potlode skerpgemaak is.
4) Koffie en tee
Die koffiemeester en kleingroep aa diens sal sorg vir die maak van die koffie en tee. Help asb met die uitpak van die koffiebekers, suikerpotte en melkbekers.
5) Opruim van die kombuis na die diens
Omdat lidmate koffiebekers na die tafels neem tydens die diens, is daar gewoonlik heelwat bekers wat na die diens opgewas moet word. Die W-Nuut kleingroep aan diens is hiervoor verantwoordelik.
6) Opruim van die saal na die diens
Kerse, plastiekhouers met potlode moet gebêre word in die stoelestoor. Al die Straatkafee-blaadjies wat op die tafels lê, moet in die die Straatkafee-doos gegooi word en en op ‘n tafeltjie gelos word in die saal.
7) Nagmaal
uitgepak word op by die luik in die saal. Die gewone en rooibos tee moet daar neergesit word.
Dankie!!

IS DIT JULLE KLEINGROEP SE SKINKBEURT SONDAG?
RIGLYNE WAT SAL HELP:
1) Kleingroepe
Kleingroepe wat diens doen moet asb 8:15 in die kombuis wees om te help met die onderstaande take. Die koördineerder sal julle help met alles.
2) Urn en koffiemasjien:
Die urn en koffiemasjien behoort aangeskakel te wees. Die koffiemeester sal sorg vir die maak van die koffie.
3) Koeldrank:
Die koeldrank moet in die blou emmer aangemaak word. Daar behoort vrugtesap, bottels met kouewater in die yskas (of vrieskas) te wees. Gooi so twee-derdes van ‘n 5 liter (3.3 liter) van die koeldrank en drie 5 liters koue water in. Die maklikste is om die koeldrank op die metaal trollie te sit. Om die houer op dieselfde hoogte as die trollie se rante te sit, sit die dik houtplank (wat by die skinkborde gebêre word) onder die emmer. Die papierglasies is bo in die kas bokant die stoofoond. Sit ook ‘n emmer onder die kraantjie, want die kindertjies mors maar soms. Maak asb die waterhours weer vol water en sit dit terug in die yskas.
4) Warm melk:
Die twee kleingroepe aan diens gee elkeen 8 liter melk (dws 16 liter melk per Sondag). Maak omtrent 3 liter melk warm in die mikrogolf (aan die saal se kant van die kombuis). Gebruik die plastiekbeker en/of die glasbekers om dit warm te maak. Daar is termosflesse op die wasbak in die hoek by die venster.
5) Maak skinktafels reg:
Sit op elke tafel die volgende: 3 suikerpotte, 3 groot melkbekers, 1 fles met warm melk, 1 houer met teelepels, 1 houer vir die gebruikte teelepels, ‘n “geel blikkie” vir donasies. Die blikkies is op die rak onder die mikrogolf. Maak tydens die skinkery/drinkery seker dat daar genoeg melk en suiker is en vul aan soos nodig.
6) Koppies en bekers:
Koffiebekers moet reggesit word op die bedienluik by die amfi. Moenie suikerpotte of melk op hierdie tafel neersit nie. Die veroorsaak ‘n opeenhoping van lidmate. Hulle kan melk en suiker by die tafels by die amfi kry.
7) Rooibostee en gewone tee:
Rooibostee en gewone tee moet deur die kleingroepe wat diens doen, gemaak word in die warmhouers, en die Kafe Koinonia koördineerder sal julle wys in watter houers dit gemaak moet word. Omtrent 15 koppies en pierings asook ‘n klompie koffiebekers moet uitgepak word op by die luik in die saal. Die gewone en rooibos tee moet daar neergesit word.
8) Was van koppies en bekers:
Pak die bekers en koppies op aparte afdruptrollies. Die teelepels moet in bondeltjies van 10 gebêre word. Vee asb die trollies se drupbakke deeglik droog. Ruim asb die kombuis op en vee die vloer droog (daar is ‘n mop agter die deur na die saal). Die vadoeke word deur die koster gewas. Die koffieluik moet oop bly tot 10:20.
9) Opruim:
Vee die tafeldoeke af met ‘n nat lap en daarna met ‘n droë vadoek. Ruim die skinktafels op. Vou die droë tafeldoeke op en bêre in die lang kas in die kombuis.
10) Koppies vir Afrika-diens:
Sit asb 50 koffiebekers, teelepels, drie vol suikerpotte en 2 melkbekers uit vir die Afrika-diens by die luik na die saal.
Dankie!