
Die Raad van Ouderlinge het gedurende 2009 besluit om die visie van die gemeente te ondersoek en dit prakties te maak sodat dit deur lidmate geleef kan word. Uit hierdie oefening is dienswerk as besonderse aspek geïdentifiseer. Die fokusgroep het opdrag gekry om die dienswerk as jaar tema van 2011 te hanteer in die gemeente.
Definisie:
Dienswerk is die bevordering en die fasilitering van die praktiese uitvoering/uitlewing van dissipelskap/Christenskap sodat die liefde van Christus daaruit duidelik sigbaar is.