
Christus se liefde vir ons is die antwoord vir die wêreld en vir elke verhouding waarin ons staan. Dit is Sy opdrag dat ons mekaar moet liefhê.
"Ek gee jul 'n nuwe opdrag; Julle moet mekaar liefhê; soos ek julle liefhet, net so moet julle mekaar liefhê." Joh 13:34
WAT WIL ONS BEREIK MET DIE FOKUS?
Dat ELKEEN in die gemeente in biddende afhanklikheid van die Here, Christus se Liefde sal leef in ons gesinne, kleingroepe, gemeente en na buite, sodat ons in die gemeente SAAM as 'n huisgesin op God se pad kan wees.
"As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te behandel." Rom 12:10
‘As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is.’ Joh 13:35
WAAR BEGIN ONS MET LIEFDE IN WAPADRANT?
· Word deel van ‘n kleingroep, of begin ‘n kleingroep, sodat jy met ander kan meeleef en hulle met jou. Jy sal vind daar is niks so kosbaar soos ‘n kleingroep-‘familie’ nie.
· Leer ken 10 of meer lidmate in die gemeente – en die beste plek hiervoor is by al die wonderlike feeste wat ons hierdie jaar aanbied. Spandeer tyd saam met jou Christen-broers en -susters!
· Reik uit na 5 of meer mense in jou daaglikse omgewing wat dit nodig het om meer van Jesus se liefde in hulle lewens te ervaar.
GENIET DIE SAAMWEES VAN 2012 SE FOKUSJAAR
Ø 24 Maart: Druiwetrap en wynmaak
Ø 27 Mei: Gesamentlike Feesdiens en ete
Ø 31 Aug-2 Sept: Vreugdefees
Ø 26–28 Okt: Gemeentekamp
Ø 25 Nov: Gesamentlike Feesdiens en ete
JY IS N BELANGRIKE DEEL VAN DIE LEGKAART, SONDER JOU BYDRAE SLAAG ONS NIE: RVO Fokusgroep; Pieter Vermaak 076 673 5595, Gawie Jooste 082 939 5464, Roelien van Rensburg 083 289 4147.