Luister die Preek: | Laai die klankbaan af (mp3): |

altyd_en_nooit_hebreërs10v1-18_151115.docx |
Skriflesing
Lees Hebreërs 10:1-18 (1983 Afrikaanse Vertaling)
Inleiding
Ons sê dikwels vir mekaar: nooit is ‘n baie lang tyd...
En dan waarsku ons mekaar om die woord maar spaarsamig te gebruik. Want nooit is een van daardie absolute woorde: nooit, altyd, beslis/beslis nie, sonder twyfel, hoegenaamd nie – dis alles woorde wat jy net kan gebruik as jy absolute sekerheid het oor wat jy sê. Want as jy dit gebruik – en dit gebeur nie soos jy dit sê nie, of dit blyk toe nie die waarheid te wees nie – dan het jy nie net jou eie geloofwaardigheid verloor nie, jy het ook skade gedoen. Jy het verwagtinge geskep wat nie realiseer nie. Jy het vertroue geskep waaraan jy nie kon voldoen nie. Jou integriteit kom onder verdenking. Jou betroubaarheid staan nie meer so vas nie.
.