
markus_1_-_versoekings_bedreigings_en_..._troos.docx |
1. Jesus word gedoop
Jesus Christus word deur Johannes die Doper gedoop. Hy, die Seun van God – wáre God – kom as een van al die ander mense om daar in die Jordaanrivier gedoop te word. Sien Hom vir ‘n oomblik in jou geestesoog daar in die ry staan tussen die mense. Uiterlik is daar niks wat Hom onderskei van enige ander mens nie. Die betekenis hiervan is dat Jesus Christus Homself doelbewus kom identifiseer met ons mense se lot. Met sy doop kom verbind hy hom as’t ware amptelik aan ons mense; Hy kom deel in wat dit beteken om ‘n mens te wees.
So wat beteken dit om ‘n mens te wees? Wat is die werklikheid van jou en my lewe as mense? Wat ervaar ons as mense?