Een van die mees bekende verse in die Bybel is Filippense 4:13:
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Maar wat beteken dit? Wat sê ek as ek dit sê?
WIE WEN JOU VERKIESING?
Een van die mees bekende verse in die Bybel is Filippense 4:13: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Maar wat beteken dit? Wat sê ek as ek dit sê? Verlede week het Wilhelm n.a.v. menseregtedag gepreek oor.
Jy het die reg om kind van God te wees. Om kind van God te wees is besonders! Dit maak jou deel van ‘n groep mense wat besonderse voorregte, geleenthede, en status het. Jy is deel van ‘n elite groep… Dit is iets geweldigs! Iets besonders het gebeur. Jy, gelowige, is nou deel van God se ligmakers
Inleiding
Die afgelope Vrydag (op 21 Maart) het ons Menseregtedag in ons land gevier. Menseregtedag het te doen met die Handves van Menseregte wat die Verenigde Nasies (United Nations) op 10 Desember 1948 goedgekeur het. Die opstel van hierdie dokument was ‘n poging om die regte te probeer beskerm van elkeen wat onderdruk en uitgebuit word in die wêreld. Daarmee wou hulle ‘n herhaling voorkom van die wandade van die 2de Wêreldoorlog en dit wat dit voorafgegaan het. Wat is die verskil tussen ’n REG en ’n VERANTWOORDELIKHEID?
REG: Ek MAG VERANTWOORDELIKHEID: Ek MOET Vrydag was MENSEREGTEDAG. Wat is ons regte? Wat mag ons doen?
“As iemand nie uit water en Gees gebore word nie...”
Jesus sê vir Nikodemus: “Dit verseker ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.” Maar wat sê Jesus hier? Wat beteken dit om uit water gebore te word? Vandag sal ons dalk eerder verstaan wat dit beteken om ín water gebore te word, want die hele idee van om in water geboorte te skenk is klaarblyklik by party mense nogal gewild vandag. Maar dis natuurlik nie wat Jesus hier bedoel nie.
Vandag is Nagmaal. As jy so sit voor Nagmaal en dink aan jou lewe, jou geestelike lewe, jou verhouding met die Here – wat is daardie een ding wat kort? Daardie een ding wat jy nog moet doen? Daardie een ding wat jy moet ophou doen? Daardie een ding wat jou terughou wat jy van ontslae moet raak?
Inleiding
Ons het die vorige 2 Sondae die fokus laat val op die waarde wat dit het wanneer ons saam met mekaar lag en saam met mekaar bid. Dit is baie goed en gesond vir liggaam en gees om saam te lag. Om saam te bid gee ons nuwe krag omdat die Here ons só inbring in die kragveld van sy Gees. Ons het ook raakgesien dat beide saam lag en saam bid die onderlinge verhoudings wat ons met mekaar het, oneindig versterk en opbou – in ons huwelike, ons gesinne, families, kleingroepe, as gemeente, selfs by die skool, die werk, ons woonbuurte ensomeer.
1. Wildernis
Hulle sê as jy in die wildernis rondloop sonder ʼn GPS of ʼn kaart en ʼn kompas, dan is dit baie maklik om in sirkels te begin loop. As jy deur ʼn onbekende wildernisgebied stap, en jy kies nie vir jou ʼn baken om op af te stap nie, dan kan jy kort voor lank begin wonder: “maar was ek nie al hier nie?” – en heel moontlik wás jy, want mens is van nature geneig om met jou een voet ʼn bietjie ʼn groter tree as met die ander een te gee. Dus: as jy nie ná iets toe stap nie, dan gaan jy in sirkels loop.
1. Eenkant toe geroep deur Jesus
Met hoeveel aandag het jy geestelik in die afgelope tyd gelewe? Hoe bewus was jy geestelik in die afgelope tyd van die pad wat jy/ons saam met Jesus Christus stap? Baie van julle sal onthou dat ons aan die begin van Januarie saam met die kerk oor die wêreld die fees van Epifanie gevier het. Epifanie gaan daaroor dat hierdie brose mens, Jesus, wat as ʼn gewone babatjie – een van ons - gebore is en groei en grootword, dat hy in die gees herken word as die Seun van God. |
Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder) Tydperk
January 2021
Onderwerpe
All
|