Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Jy is vry - Dr Peet Vermeulen

28/4/2013

 

Luister preek

20130428_1_pet_2-16_julle_is_vry.pdf
File Size: 463 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20130428.mp3
File Size: 6136 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
1 Pet 2:16                           Julle is vry

Besprekingsvraag: Wat beteken dit om vry te wees?  Wanneer is ‘n mens vry? Besluit sommer of jy vry is of nie?
Gister was vryheidsdag.  


Wat beteken dit om vry te wees?
Wanneer is ‘n mens vry?

Soms word luiheid verwar met vryheid


Read More

Jy is die sout en die lig vir die wêreld - Dr Rassie Smit

21/4/2013

2 Comments

 

Luister preek

Laai teks af

20130421_sout_en_lig_mat5v13-16.pdf
File Size: 195 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20130421.mp3
File Size: 5531 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
TEKSGEDEELTE:  Matteus 5:1-16
TEKSVERSE:         Matteus 5:13-16
Inleiding
Voel jy ook soms dat daar iets kortkom in jou lewe?
So ‘n onverklaarbare diep soort hartseer – ‘n gemis in jou lewe?
Iets wat jou tot stilstand bring en jou gedagtes vir lank laat ronddwaal in eindelose sirkels?
Miskien omdat jy verlang: ‘n geliefde wat dood is, of een van jou familielede of ‘n dierbare vriend of vriendin wat geïmmigreer het of nou in ‘n ander dorp of stad ver van jou af bly.
Miskien omdat jy nog soekende is na ‘n lewensmaat: iemand met wie jy jou lewe kan deel. Iemand wat daar is vir jou. Vir wie jy daar is. Iemand by wie jy jou diepste hartsgeheime kan oopmaak. By wie jy net jouself kan wees. Iemand wat jou vol maak – wat jou volledig mens maak.
Miskien omdat jy wens jou omstandighede was anders: ander werk, ander blyplek. En vir ons in Suid-Afrika vandag: Miskien omdat jy wens dat dit weer kon wees soos toe jy ‘n kind was: toe dit veilig gevoel het in die strate; toe jy opgewonde was oor die toekoms; toe jy groot drome gedroom het; toe jy trots en patrioties was.
Partykeer is dit nie iets wat jy kan vaspen nie. Jy weet nie wat dit is nie, maar jy voel leeg. Jy voel half. Jy voel ‘n vreemde tipe heimwee. Daar kort iets. Dit voel of daar sin en betekenis in jou lewe kortkom. Dit voel of jy nie is waar jy hoort nie.
As jy al beleef het waarvan ek praat, of as jy weet van iemand wat hiermee worstel, is daar ‘n besondere boodskap vir jou in dit wat ons Here Jesus in ons teksgedeelte sê. Want in hierdie baie bekende gedeelte, leer Hy ons wat die diep geheim van ‘n vervullende lewe is.


1.     Jy is wat die Here jou gemaak het

Matteus vertel ons dat Jesus – kort nadat Hy sy eerste dissipels geroep het – sy bedieningswerk sigbaar begin deur ‘n klomp mense met verskillende siektes gesond te maak. Natuurlik is dit opspraakwekkend, en begin groot menigtes van mense agter Hom aanloop – nie noodwendig omdat hulle nou in Hom as Seun van God geglo het nie, maar uit nuuskierigheid en oor die sensasiewaarde van dit wat Hy doen. Selfs in ons hoogs ontwikkelde mediese wêreld van vandag is wondergenesings nog steeds iets mense se verbeelding aangryp!

Maar dan lees ons dat Jesus juis van die skare mense af weggaan. Hy klim teen die berg op – om sy dissipels te leer. Hulle moet verstaan wat regtig aan die gebeur is. Hulle moet verby die opspraakwekkende dade kan sien – en verstaan wat die werklike geheim is van die lewe wat Hy bring.

Daar teen die berg, leer Jesus dan sy dissipels met wat bekend geword het as die “bergpredikasie” of die “saligsprekings.” Op ‘n aangrypende manier leer Hy hulle waar ware geluk of “saligheid” te vind is. Dit lê nie by allerlei opspraakwekkende wonderdade of by aardse rykdom of ‘n luilekker, luukse lewe nie. Nee, leer Hy hulle in Matteus 5:3-12, die geheim van ware geluk in die lewe, van geseënd wees, lê in:

- afhanklik wees van God

- hartseer wees

- sagmoedig wees

- ‘n soeke na dit wat reg is

- deernis hê vir ander mense  

- rein wees in jou diepste hartsgedagtes

- ‘n soeke na ware vrede

- vervolging verdra omdat jy doen wat reg is

- beledeging en beswaddering verdra omdat jy in Jesus glo

Dit, sê Jesus, is die geheim van die lewe. Dit is wat ware, diep vervulling bring. Dit is wat jou vol maak, wat jou heel maak as mens.

En as dit nie vreemd genoeg klink nie, gaan Hy dan voort en leer hulle (Matteus 5:13-16):

          Dit gaan daaroor dat jy die sout vir die aarde is - en die lig vir die wêreld.
 

Op die oog af maak dit aanvanklik nie veel sin nie: die prentjie wat Jesus hier teken lyk eerder na swaarkry of harde werk. Dit lyk nie juis of dit kan geluk bring nie! Dit lyk nie na ware, diep seëninge nie!

Maar as ons Jesus se woorde ‘n bietjie fyn bestudeer, kom daar iets baie belangrik na vore.

Kyk ‘n bietjie mooi: Jesus sê nie:

          Julle moet die sout vir die aarde wees...

Of:     Julle moet die lig vir die wêreld wees...  nie.

Nee. Hy sê:

          Julle is die sout vir die aarde.

En:     Julle is die lig vir die wêreld.

[Terloops: Jesus sê ook nie:

Julle is die sout en die lig van die wêreld... nie.

Dit sou immers beteken dat dit wat goed is, uit die sondige wêreld afkomstig is. En dit, weet ons, is nie waar nie!]

          Julle is die sout vir die aarde.

Julle is die lig vir die wêreld...

Dis nie ‘n bevel nie. Dit is ‘n stelling. Dit is ‘n weergee van die werklikheid: Jesus leer hulle wie hulle is – wie en wat Hy hulle maak.

Onthou: hier sit nou ‘n klompie eenvoudige, meestal ongeletterde vissermanne. Sopas het hulle hulle werk en families gelos en agter Jesus aangeloop. Hulle het nog nie soveel tyd met Hom gespandeer dat Hy enigsens van hulle kon verwag om sout wees en lig wees as ‘n bevel te kon uitvoer nie. Hy sê eenvoudig vir hulle wat hulle nou is. Hy verduidelik vir hulle wat in hulle lewens gebeur het – noudat hulle Hom ontmoet en begin volg het.

2.     Sout vir die aarde

Nou moet ons natuurlik ook verstaan wat beteken hierdie 2 beelde wat Jesus gebruik.

Sout en lig is iets wat ons vandag nog steeds goed ken. Dis altwee gebruiksartikels waarsonder ‘n mens moeilik kan klaarkom. Dit was nog meer so in die Nuwe Testamentiese wêreld.

Sout word verkry deurdat seewater (en water in vlakkerige panne op sekere plekke in die wêreld soos bv. die Kalahari) deur stelselmatige verdamping sulke mooi kristalle agterlaat, wat letterlik in hope bymekaar gemaak en skoon gemaak word.

Hierdie kristalle bestaan uit natriumchloried (NaCl). Dit bestaan uit 2 elemente wat – op hulle eie – elkeen eintlik verskriklik gevaarlik is. Natrium en Chloor is nie iets wat jy sommer so in jou huis laat rondlê nie. Maar saam, in ‘n vaste chemiese verbinding, is dit iets waarsonder lewe op aarde nie moontlik sou wees nie.

[Vertoon hier foto: Sout kristal struktuur]

Wanneer ‘n mens onder ‘n mikroskoop na soutkristalle kyk, sien jy dat dit ‘n baie sterk en stewige struktuur het. Dit kan nie sommer afgebreek word nie – behalwe natuurlik wanneer jy dit weer in water laat lê, wanneer dit dan weer deel word van die oorspronklike soutwater waar dit vandaan kom. 

Daar is byna geen organisme (behalwe miskien ‘n slak hier en daar!) wat sonder sout kan lewe nie – natuurlik in die regte hoeveelhede. Volgens die medici sal ook ons mense eenvoudig doodgaan as ons nie die regte hoeveelhede sout inkry nie. Kyk maar wat is een van die eerste goed wat hulle met jou doen as jy in die hospitaal opgeneem word: hulle druk ‘n drip met ‘n soutoplossing in jou arm in.

Maar sout het ook ander kwaliteite: dit gee smaak en dit keer verderf.

Het jy al mieliepap sonder sout probeer eet? Of brood of biltong of droeë wors of daardie lekker sappige stukkie braaivleis? Sout – natuurlik weer in die regte hoeveelhede – gee smaak. Dit maak dit lekker vir ons mense om te eet.

[Vertoon hier foto: Sout kleure]

[Terloops: het jy geweet dat ‘n mens verskillende kleure sout kry? Dit word nie kunsmatig met kleursel gekleur nie, dit kom natuurlik so voor: wit, swart, rooi, bruin, geel...] Sout kan selfs in verskillende kleure vir jou smaak gee!

Maar sout keer ook verderf. Dié van ons wat graag in die wintertyd ‘n jaggeweer oor die skouer gooi en die veld invaar, weet goed hoe belangrik sout is om daardie koedoevel te bewaar tot jy dit by die leerlooier kan uitkry. Sout keer dat die natuurlike afbreekproses van vleis en diervelle te vinnig aan die gang kom. In Jesus se tyd op aarde was daar natuurlik nie elektrisiteit of yskaste of vrieskaste nie. Sout was daarom baie belangrik om sekere voedselsoorte vir ‘n tyd te kon bewaar.  

In die tyd van die Nuwe Testament was sout redelik skaars en daarom baie duur. Op ‘n stadium is dit selfs gebruik as ‘n betaalmiddel. Die woorde wat ons vandag het vir salaris en selfs soldaat kom uit ‘n tyd wat soldate gebruik is om die soutvoorrade van die Romeinse Ryk te bewaak. Dikwels is hulle met sout betaal vir hulle dienste. Ook uit daardie tyd kom die uitdrukking dat iemand... sy sout werd is.

[Vertoon hier foto: Sout (1)]

Julle is die sout vir die aarde, sê Jesus. Daarmee gee Hy natuurlik ‘n geestelike betekenis aan hierdie beelde:

-        Julle is onsettend kosbaar

-        Julle gee smaak

-        Julle keer verderf

-        Julle bring lewe

-        Die aarde het julle nodig – dit kan nie sonder julle bestaan nie

-        Julle het ‘n onmisbare plek in die wêreld

Hoe gebeur dit?

Soos wat die verhaal van Jesus en sy dissipels in die Bybel ontvou, sien ons dat dit gaan oor die waarheid van die evangelie van Jesus Christus. Met woorde en met hulle optrede word die dissipels die gestuurdes van Jesus, wat die nuwe lewe wat Hy bring, in sy volheid vertel en wys. Hulle word deur God self gebruik as die onmisbare skakels waardeur Jesus Christus verkondig word. Waar vertel word van sondenood en verlossing en nuwe lewe – ware, diep, vervullende lewe. Lewe wat nou reeds hier op aarde die deel word van elkeen wat in Hom glo. Lewe wat voortgesit word in die hemel saam met God – wanneer sy vyande finaal onderwerp is en Hy in die volste sin van die woord heers en regeer oor alles en almal.

Die dissipels word ook gebruik juis om smaak te gee. Om ander te leer wat dit is om in liefde met mekaar om te gaan. Wat dit is om die mooie, die aangrypende in die lewe raak te sien en te vier. Wat dit is om ander se lewens te probeer verryk met jou totale optrede. Om God te eer met wat jy doen.

En natuurlik sien ons ook duidelik hoe die dissipels daar is om verderf te keer. Om stelling in te neem teen die satan en sy meelopers. Om die koninkryk van Jesus Christus al hoe meer werklikheid te maak deur onreg en magsvergryp en selfsug uit te wys - en die werklikheid van verlossing daarteenoor te stel.   

3.     Lig vir die wêreld

Maar daarby is julle ook die lig vir die wêreld, sê Jesus vir sy dissipels. Ons weet vandag ook watter verskil lig in die wêreld maak. Kyk ‘n bietjie hoe lyk dit wanneer die hele woonbuurt se krag skielik in die nag afgaan – of wanneer jy daar doer in die bosveld in jou tentjie sit en die enigste lig wat jy het se battery raak pap. Sonder lig kan niemand lewe nie. Sonder lig is lewe op aarde nie moontlik nie. Mens en dier en plante – ons almal het dit nodig om te kan lewe!

[Vertoon hier foto: Bybelse olielampie]

In die tyd van die Nuwe Testament het almal olielampies in hulle huise gehad. Dit is volgemaak met olyfolie, ‘n pit is in die olie gedruk en aan die brand gesteek. Daar was ‘n paar plekke in die huis wat spesifiek gebruik is om die lampie hoog genoeg te kon neersit, sodat dit die hele huis kon verlig. Selfs ‘n eenvoudige, klein lampie het genoeg lig vir die huis gemaak.     

[Vertoon hier foto: Lig (1)]

Julle is die lig vir die wêreld, sê Jesus. Julle verdryf die donkerte. Julle maak lewe moontlik. En natuurlik is hier ook ‘n geestelike betekenis: julle staan teenoor die Prins van die Duisternis – die satan, mensemoordenaar, vader van die leuen (soos Jesus hom noem in Johannes 8) en sy meelopers. Hy het die naam van Lucifer (wat letterlik beteken: draer van die lig), maar hy is niks anders nie as vals en onderduims en wreed. Die wêreld is vasgevang in die mag van hierdie valse ligdraer, maar julle bring die ware lig, sê Jesus, my lig.

[Vertoon hier foto: Sout en lig – hou dit op die skerm tot aan die einde van die preek]

Dit is die gegewe, sê Jesus. Dit is wie julle nou is: sout en lig. Dit is die doel van julle lewe. Dit is waarvoor julle gemaak is. Dit is wat sin en betekenis en vervulling aan julle lewe gee.

4.     Sout en lig in Suid-Afrika vandag

Natuurlik is dit nie net die dissipels van destyds wat die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld was nie. Ook ek en jy is dit: vandag, hier in hierdie pragtige land wat die Here vir ons gegee het.

Net soos die dissipels van destyds, is ook ek en jy één met ons Here Jesus. Sy dood en opstanding het dit ‘n voldonge feit gemaak. Paulus skryf dat ons sy liggaam is. Hy is die Hoof, die Kop, en ons – die kerk – is die liggaam. Ons is één met Hom.

En onthou: Jesus is self die sout en die lig vir die wêreld. Hoe het Hy nie verderf gekeer nie! Hoe het Hy nie alles opgeoffer om onbeskryflike, nuwe smaak op aarde te bring nie. Sonder Hom kan niks en niemand lewe nie!

In Johannes 8:12 sê Hy van Homself:

Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.

 

Hy is self die Sout en Lig vir die wêreld.

En wat belangrik is: ek en jy is dit ook. Ons is één met Hom. Hy het ook vir my en jou die sout en die lig vir die wêreld gemaak.

Maar ek dink die meeste van ons mis dalk die punt hier. Want waaroor dit gaan is dit: deur Jesus Christus se verlossingswerk is ek en jy één met Hom gemaak. Dit is die doel van my en jou lewe: om in ons een-wees met Hom só te leef dat ons werklik ‘n verskil maak en nuwe lewe bring – ook in ons land. Dis waarvoor ons gemaak is. Dit is wat Hy in en vir ons geskep het. Dit is waarin ek en jy ons vervulling vind: om in hierdie een-wees met Jesus Christus te leef elke dag. Om in hierdie een-wees met Hom (as Sout en Lig) die doel van ons bestaan voluit uit te leef.

Maar wat nou so dikwels gebeur, is dat ons die doel van ons bestaan mis. Dat ons dit waarvoor ons gemaak is – en dit waartoe Hy ons nuut gemaak het – totaal mis.

Om te kan werk, moet sout in kontak wees met die kos waaraan dit moet smaak gee. Dit moet deel wees daarvan. Dit moet in die vleis ingewerk wees waar dit die verderf moet keer. Dit kan nie daar eenkant weggebêre op die rak lê nie.

Ook, sê Jesus, moet dit nie laf wees nie. Hiermeer bedoel Hy waarskynlik dat dit só opgepas moet word dat die samestelling daarvan nie deur water of enige ander stowwe verander word en dit nie meer effektief kan “werk” nie. Net so min as wat ek en jy onbetrokke in ons land se situasie kan wees, net so min mag ons toelaat dat ons effektiwiteit “verwater” word deur allerhande onBybelse invloede en perspektiewe wat ons in ons harte en gedagtes en lewens toelaat en selfs ondersteun.

‘n Lamp, sê Jesus, dien geen doel wanneer dit onder ‘n maatemmer weggesteek word nie. Nee, soos ‘n helder verligte stad op ‘n berg, soos ‘n lamp wat hoog op ‘n staander staan, só moet die lig sy werk doen deur die donkerte te verdryf. Ons weet dit: donkerte kan jy nie aan- of afskakel nie – maar ‘n lig kan jy. Sodra die lig af gaan, neem die donker weer oor. Maar selfs die kleinste liggie jaag die donker weg!

Uiteindelik is die vraag: waar staan ek en jy – as burgers van ons land en as burgers van die Here se koninkryk?:

-        Is ek en jy die sout en die lig – wat Jesus van ons gemaak het deur sy verlossingswerk?

-        Is ek en jy so één met Hom dat ons ook oral waar ons kom – juis ook in ons land - betrokke is en ons Godgegewe werk doen:

besig om ‘n verskil te maak, om verderf te keer om die donkerte van sonde en boosheid en onreg weg te jaag?

-        Of is ons dalk maar net sout wat verslaan het? Sout wat deur die water van vrees, onbetrokkenheid, gemaksug, politieke verlamming, kerklike ontnugtering en eiegeregtigheid totaal en al geneutraliseer is?

-        Is ons dalk maar net ‘n lig wat weggesteek staan en ons olie onder ‘n maatemmer opbrand – met geen effek in ons gemeenskappe en ons land nie?

En uiteindelik dan: is dit dalk waar hierdie gevoel vandaan kom dat jy iets mis in die lewe? Dat jy die doel van jou lewe mis? Omdat jy aanvoel dat jou een-wees met Jesus Christus (die Koning van die kerk – die Sout en die Lig vir die wêreld) kortkom? Dat jy half is? Dat jy leeg is? Omdat jy nie werklik één met Hom is nie?

Slot

Moenie langer ‘n leë lewe leef nie!

Maak jou oop vir die werk God se Woord en Gees in jou.

Laat Hy jou van vooraf oorrompel en omvorm.

Hou op bang wees.

Hou op verskonings soek.

Raak betrokke.

Rol jou moue op.

Laat Hy jou gebruik: dat jy saam met Hom sout en lig – juis ook in ons land - kan wees.

Dan is jy werklik geseënd!

Dan word jy weer heel – vol met sy teenwoordigheid, één met Hom.

Dan lewe jy met die doel waarvoor jy gemaak is.

Dan het jy die geheim van ware lewe weer ontdek! 

Amen.  

2 Comments

GEDRA JULLE ALTYD GOED ONDER DIE HEIDENE  -      Dr Rassie Smit            

14/4/2013

 

Luister Preek

laai audio af

20130414.mp3
File Size: 4102 kb
File Type: mp3
Download File

Laai preek teks af

20130414__gedra_julle_altyd_goed_onder_die_heidene.pdf
File Size: 184 kb
File Type: pdf
Download File

TEMA:          GEDRA JULLE ALTYD GOED ONDER DIE HEIDENE
TEKSGEDEELTE:  1 Petrus 2:11-17
Inleiding
Die meeste van ons hou daarvan om te braai. Ons hou van braaivleis ook, maar die hele proses vandat jy die hout begin pak totdat jy daardie heerlike sappige gebraaide vleisie op jou bord kan neerlê, is waaroor dit gaan. Elkeen van ons het sy eie rituele, resepte, voorkeure en afkeure.

Read More

12 April 2013 Roeline Janse van Rensburg begrafnis        - diens gelei deur Dr Peet Vermeulen

12/4/2013

 
begrafnis_roelien_janse_van_rensburg_1_kor_9-24.docx
File Size: 19 kb
File Type: docx
Download File

20130412_begrafnis.mp3
File Size: 8140 kb
File Type: mp3
Download File

Kor 9:24-27                                   
 Begrafnis: Roelien Janse van Rensburg

Wanneer ek aan Roelien dink – sien ek iemand wat doelgerig leef.  Of sy besig was om te werk, te speel – doelgerigtheid was haar middelnaam. 
Picture


1 

 As ouderling was sy sameroeper van die OLV (Onderlinge liefde en verhoudings) werkgroep.  Sy het nie net die diensgroep gelei, gestimuleer en aangespoor nie, sy het dit geleef! Sy het dit gemoduleer.   As ek Roelien sien, sien ek OLV.   Die liefde en verhouding was met God, medemens, natuur.  Sy was altyd besig om te dien, te bedien met die liefde wat die Here in haar hart gegee het.  Dit was haar passie, haar doel, haar vreugde, haar opwinding.

Read More

Nie my eie planne nie! - Dr Rassie Smit

7/4/2013

 

Laai teks af

20130407_doopjes30v15-16.pdf
File Size: 235 kb
File Type: pdf
Download File

20130407.mp3
File Size: 5541 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
TEKSGEDEELTE: Jesaja 30:1-18

TEKSVERSE: Jesaja 30:15-16a
Inleiding

As jy met een of ander groot krisis gekonfronteer word: wat is jou reaksie?

Gestel jy word met ‘n baie ernstige mediese toestand gediagnoseer; of jou kind lê in ICU na ‘n motorongeluk; of jy verloor skielik jou werk; of jou pensioenfonds word gelikwideer... of so iets. Wat doen jy? Wat is jou eerste reaksie? Hoe hanteer jy die krisis?

Ek is waarskynlik nie ver verkeerd as ek sou sê dat die meeste van ons se eerste reaksie sou wees om te begin planne maak nie. Want is dit nie maar hoe ons grootgemaak is – en hoe ons ons kinders ook grootmaak – nie? Hoeveel keer het ons nie gehoor: “Dink ‘n bietjie, man! Gebruik jou kop! Maak ‘n plan! Moenie net daar staan nie, doen iets!”


Read More
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™