![]()
Die grootste probleme van ons tyd is
Leierloosheid... Mense soek leiers wat koers en rigting aandui. Hulle weet nie waarheen en hoe om daar te kom nie. ![]()
Inleiding
Wanneer ons nagmaal vier, maak die Here telkens sy beloftes aan ons vas. Hy verseker ons dat sy beloftes van verlossing en vergifnis regtig waar is. Vir ons wat dikwels tog so moeilik glo, wys Hy met elke nagmaal deur die sigbare en tasbare tekens van brood en wyn dat ons vir seker ook ingesluit is in die wonderbaarlike verbond wat Hy met al sy kinders gesluit het. So weet ons telkens weer vas en seker: ons is nie soos iemand in die dodesel – op pad na die ewige verdoemenis nie! Ons is vrygespreek – op pad na die ewige, heerlike lewe saam met Hom! Ons is uitgenooi na die bruilofsmaal van die Lam en ken met groot opgewondenheid en verwagting uitsien na die dag wat dit finaal aanbreek! ![]()
TEMA: IN JESUS ÍS ONS REIN
Vandag gaan ons so bietjie saam preek maak – is julle wakker? OK, kom ons lees eers ons gedeelte vir vandag, Jesus se eerste wonderwerk. Die vraag vir vandag is hoekom is dít sy EERSTE wonderwerk? Want ’n mens se EERSTE sê tog iets: ![]()
Inleiding
Het Jesus regtig opgestaan? Sê nou dis nie waar nie? As dit nie waar is nie, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense, sê Paulus. Want dan val alles waarop ons ons geloof bou, net so plat. Sonder die opstanding, die leë graf, het ons ‘n dooie Verlosser. Geen oorwinning oor die sonde en die bose en die dood nie. Net Iemand wat kom probeer het, maar nie reggekry het om ons te verlos nie. En dit help nie eintlik iets nie. Vir ons as gelowiges is dit nogal belangrik dat ons sekerheid hieroor sal hê. En nou is daar al meer mense in vandag se tyd wat probeer om die wêreld te oortuig dat Jesus se opstanding nie waar was nie. Ons hoor hulle oor die TV praat, ons sien dat hulle in die koerante, in tydskrifte en op die internet daaroor skryf. Met groot ommehaal van woorde word gesê dat die opstanding darem net te veel is om te glo. Daar is dan geen bewyse nie. Hoe kan die mens van die 21ste eeu iets glo as dit nie bewys kan word nie?... Maar nou lees ons ook in ons teksgedeelte dat dit nie die eerste keer is wat die opstanding bevraagteken word – of die waarheid daarvan gedwarsboom word nie. ![]()
1. Inleiding Vandag, op Goeie Vrydag, dink ons terug aan die gebeure toe ons Here Jesus vir ons gekruisig is en opgestaan het uit die dood. Dit is wat ons elke Sondag so mooi bely in die 12 Artikels oor sy kruisdood en opstanding. Tog is die gevaar dat ons soveel kere hoor van die kruisdood van Jesus Christus en soveel kere self daaroor praat, dat sy pyn en marteling daar op Golgota nie meer vir ons werklik is nie. En dat ons dan ook by Paasfees sommer maar - sonder enige werklike emosie - daaroor praat, sonder om regtig diep na te dink oor alles wat Hy moes deurmaak. Dan gaan die diep betekenis van Paasfees by ons verby. Vandag kyk ons opnuut na die gebeure rondom Paasfees, maar ons doen dit deur die oë van Maria, Jesus se ma. Ja, sy was daar op daardie verskriklike dag. Sy het alles gesien! Deur ons te probeer inleef in dit wat deur haar binneste moes gegaan het toe sy die marteling en kruisdood van haar Wonderkind moes aanskou, wil ons die lyding en kruisdood van ons Here Jesus vir ons elkeen weer werklik maak. Daar het inderdaad daardie dag ‘n swaard deur haar siel gegaan! Kyk Preek ![]()
Inleiding
Partykeer is dit nodig om vir ‘n slag stil te word en diep te dink oor alles... Almal van ons het so af en toe nodig om weer tot verhaal te kom. Om weer al die lyne bymekaar te trek. In stilte. Diep besig met jou eie gedagtes. Om jou lewe te oordink. Om die lewe om jou te oordink. En die wêreld. En God. En hoe jy in dit alles inpas. Want die lewe gaan vinnig. Dis woes en rof. En te maklik verloor ons die prentjie. En dan sien ons half. En ons verstaan half. En ons lewe half. Paastyd is ‘n goeie tyd vir stilte en diep nadenke oor alles... |
Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder) Tydperk
January 2021
Onderwerpe
All
|