
16-04-24_gal_5_-_vryheidsdag.docx |
Maar vir ons is daar selfs nog ’n groter vryheid, geestelike vryheid. Onthou jy dit nog? Onthou jy nog dat jy VRY is?
Kyk die preek (Of laai af en kyk later) ![]()
Woensdag is VRYHEIDSDAG. Dan vier ons ons land se vryheid, mensevryheid. En vir ons as gelowiges is dit ’n wonderlike dag, want as gelowiges, as mense wat glo dat almal na die beeld van God geskape is, is menslike vryheid belangrik en iets waarvoor ons altyd moet werk.
Maar vir ons is daar selfs nog ’n groter vryheid, geestelike vryheid. Onthou jy dit nog? Onthou jy nog dat jy VRY is?
0 Comments
Kyk die preek (Of laai af en kyk later) ![]()
Ahhh, Sondagete. Vir baie van ons is dit nogal ’n groot ding. Ons hou daarvan om op Sondae as gesin te braai.
Wie van julle gaan vandag braai? Wie kry mense oor vir ete? Wie gaan by ander mense eet? Wat dink julle gaan julle kry vir kos? Dit hang nogal af van die mense by wie jy gaan eet, né! Wat sal jy kry as jy vandag by die burgemeester sou gaan eet? Of die president? Of die koningin van Engeland? Of die rykste mens in die wêreld? Sjoe, dit moet darem iets wees... ![]()
Gal 5:13-26 Vryheid in Christus vra dienswerk
Teks: “Liewe broers en susters*, julle is geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien.. (v 13. NLV) Preek: Die grootste geskenk wat jy kan ontvang, is jou VRYHEID in Jesus Christus. Die feit dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het om jou van jou sondeskuld los te koop. Dit is joune – deurdat jy dit glo... Dit maak jou vry dat jy voor God staan met geen sondeskuld. Vraag is of die mens hierdie vryheid kan hanteer?
Kyk die preek (Of laai af en kyk later) ![]()
Hoe leef mens aan die anderkant van die dood?
1. Hoe leef mens in die lig van die opstanding? Hoe leef ‘n mens in die lig van die opstanding? Hoe leef jy nou dat Jesus Christus opgestaan het uit die dood? Ek moet sê ek weet nie mooi nie. Ek is nie presies seker nie. In elk geval nie in die sin van ‘n mooi netjiese lysie van moets en moenies nie.
|
Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder) Tydperk
January 2021
Onderwerpe
All
|