
Sjoe, dit vertel iets van die man se binneste…
![]() Die word verhaal van ‘n man wat in die vroeë 1900 hondsdolheid op gedoen het, nadat hy deur ‘n dol dier gebyt is. Daar was geen effektiewe medikasie vir hondsdolheid gewees nie. Die man se familie het hom hospitaal toe geneem. Nadat die dokter hom ondersoek het, het hy aan hom die doodsvonnis oorgedra. Daar is niks wat ons vir jou kan doen nie behalwe om jou te probeer pynloos en gemaklik hou. Maak jou gereed om te sterf. Die dokter het voorgestel dat die man sy testament in orde kry terwyl hy nog by sy positiewe is. Die man het gevra vir pen en papier wat hulle vir hom gebring het. Na ‘n paar uur het die dokter weer by hom ‘n draai gemaak en gesien dat die man nog steeds aan die skryf is. Bly daaroor merk die dokter op: Ek is bly om te sien dat jy aan jou testament werk om die laaste dinge in orde te kry. Die man het op gekyk en geantwoord: Dr, jy verstaan glad nie. Hierdie is nie my testament nie maar ek maak ‘n lys van al die mense wat ek wil gaan byt voor ek sterf… Sjoe, dit vertel iets van die man se binneste…
![]() Elkeen se lewe vertel ‘n storie… Sommige het opwindende stories, vol avontuur. Ander het moeilike verhale vol swaarkry, beproewing, intriges. Daar is mense met meer rustige verhale, sonder verassings.… Party se stories is morsig, ander weer netjies in stylvol verpak. Watter storie skryf, vertel jou lewe? Watter storie lees jou werkskollega’s in jou? Is dit dalk ‘n ander storie as die wat jou gesinslede ervaar? Jou Fb,twitter vriende – watter storie lees hulle…? Watter storie ervaar jou kleingroeplede hier by die kerk? Of jy dit nou wil weet of nie – jou lewe skryf ‘n storie. Kom ons lees iets van Paulus se storie:
![]() PERIKOOP: 1 KOR 13 TEKS: 1 KOR 13:5(C) Vrae vooraf: 1. Wanneer dink jy is iemand liggeraak? 2. Kan ’n mens vir iemand lief wees en voortdurend kwaad wees? Gesinsgeweld is nie vreemd aan ons tyd nie. Soveel mense gaan verflenterd en stukkend, geskend na liggaam en gees as gevolg van geweld binne die huis. Geweld is dikwels die uiteinde van liggeraaktheid. Daar is 'n spreekwoord wat lui: "Wie erg kleinserig is - is seer klein van gees.
![]() LEES: MARKUS 4:26-34 1. Die saad groei vanself Waarom groei ʼn saad? Wat maak dat ʼn saadkorrel ontkiem en begin groei? Op ʼn manier bly dit tot vandag toe vir ons ʼn misterie. Die wetenskap leer ons allerhande dinge van sade en van groei. Ons weet hoe werk bevrugting; hoe werk seldeling; watter biochemiese prosesse vind plaas ... Ons kan hierdie kennis omskakel in allerhande tegnieke om sade beter en vinniger te laat groei. Maar ons kan nie die saad self láát groei nie. Ons kan dit nie máák groei nie. Die saad groei vanself. Daar is hierdie misterievolle beweging waardeur die saad homself uitstrek na wat dit veronderstel is om te wees: ʼn volgroeide plant. En deur die loop van tyd ontwikkel die saad vanself in daardie rigting.
![]() 2 Timoteus 4:9-22 (NLV): Kom asseblief so gou as jy kan. Demas het my verlaat omdat hy verlief geraak het op die dinge van hierdie lewe en toe na Tessalonika vertrek het. Kressens is weg na Galasië en Titus het na Dalmasië toe gegaan. Net Lukas is by my. Bring Markus saam met jou wanneer jy kom, want hy kan my behulpsaam wees. Ek het Tigikus na Efese toe gestuur. Wanneer jy kom, onthou om die oorjas wat ek by Karpus in Troas gelaat het, saam te bring. Bring ook my boeke, en veral my perkamente. |
Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder) Tydperk
January 2021
Onderwerpe
All
|