Kyk die preek
![]()
GEREFORMEERDE KERK WAPADRANT
SONDAG 25 JUNIE 2017 (NAGMAAL) TEKSGEDEELTE: Rigters 15:1-20 TEMA: VAN HAAT EN BITTERHEID TOT LIEFDE EN VERGIFNIS Ons lees vandag ‘n gedeelte van die bekende verhaal van Simson uit Rigters 15. Lees Rigters 15:1-20 (1983 Afrikaanse Vertaling) Inleiding Simson was legendaries oor sy fenomenale krag. Vir ons kinders is dit miskien makliker om hulle in te dink hoe al hierdie dinge was wat Simson gedoen het, omdat daar vandag baie stories en flieks op TV is waarin sulke geweldige dade uitgebeeld word. Maar as ‘n mens lees wat hier staan en jou probeer indink dat dit nie een of ander fliek is nie, maar werklik gebeur het, laat dit jou na jou asem snak:
Kyk die preek
GEREFORMEERDE KERK WAPADRANT
SONDAG 18 JUNIE 2017 (JEUGDAG, VADERSDAG) KONTEMPORÊRE DIENS TEKSGEDEELTE: Genesis 1:26-31 TEMA: Moenie die beeld van God breek nie! Inleiding Vandag vier ons Jeugdag en Vadersdag. Ons is bly en dankbaar oor die jongmense en die vaders/pa’s in ons gemeente. Maar dis nie orals so nie. Daar is ‘n donker skaduwee oor baie huwelike en gesinne in ons land wat ons nie mag ignoreer en waaroor ons nie mag stilbly nie - juis ook nie in die kerk nie. Vir baie jare al, gaan ons land gebuk onder ‘n vlaag van geweld, verminking en moord op weerlose vroue en kinders. In die meeste gevalle is dit familie of naby vriende wat hierdie verskriklike dinge aan die slagoffers doen. En dit word oorwegend gedoen deur mans – van verskillende ouderdomme.
Kyk die preek
GEREFORMEERDE KERK WAPADRANT
SONDAG 11 JUNIE (BELYDENIS AFLEGGING) KONTEMPORÊRE DIENS TEKSGEDEELTE: Matteus 10:16-31 TEMA: WOLWE, SKAPE, SLANG, DUIWE EN MOSSIES Lees Matteus 10:16-31 (1983 Afrikaanse Vertaling) Inleiding Om ‘n dissipel van ons Here Jesus te wees, is nie maklik nie. Om die waarheid te sê, dit is moeilik en dikwels bitter gevaarlik! Jesus draai nie doekies om hieroor nie. In ons teksgedeelte sien ons dat Hy dit reguit sê. Vanoggend het ons ‘n klompie jongmense wat belydenis doen van hulle geloof. Wat sê ons vir hulle – waar hulle nou saam met ons in die volle sin van die woord dissipels van ons Here Jesus word? Met watter raad en wysheid en perspektief stuur ons hulle die wêreld in? Ons teksgedeelte sê dit: “Dit is moeilik en dikwels gevaarlik om ‘n ware dissipel van ons Here Jesus te wees. Jy kan selfs jou lewe verloor!”
|
Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder) Tydperk
January 2021
Onderwerpe
All
|