As ek vir julle vra wat is ons as christene se doel op aarde sal daar dalk ‘n klomp verduidelikings wees maar die meeste sal daarop dui dat ons hier is om die Koninkryk van God uit te bou deur die krag van die Gees. Om die liefde van God in Jesus te leef hier op aarde tot sigbaarmaking van Sy Koninkryk.
Maar as ons gaan kyk na wat prakties gebeur sien ons die teenoorgestelde: Meeste kerke ervaar dat hulle kleiner word. Daar is meer elende, meer armes, meer mense wat ten gronde gaan onder ons neuse. Ons sit met ‘n land vol kerke, christene op elke denkbare plek maar die nood word nie aangespreek nie.
Ons weet wat om te doen as christene, maar ons doen dit meestal nie……….
Hoekom?
Ons word ge-intimideer deur die prins van hierdie wêreld, die duiwel. Hoe doen hy dit?
Met vrees…….Ons leef in ‘n onveilige land mbt jou lewe jou finansies jou toekoms. Hier is allerhande omstandighede wat ons bedreig fisies en emosioneel. Hierdie vrees veroorsaak dat ons nie doen wat ons weet ons moet doen nie, maar probeer om die vrees te beveg.