
15-09-27_4_verhouding_met_jouself.docx |
1.Dink te veel van myself:
2.Dink te min van myself
![]()
Ek sukkel om balans te hê in my verhouding met myself. Ek is geneig om na een van twee kante skeef te trek:
1.Dink te veel van myself: 2.Dink te min van myself
0 Comments
Kyk die Preek ![]()
WAT IS JOU ERFENIS?
Erfenisdag is een van my gunsteling vakansiedae! Ek dink dis omdat ek van die idee van ’n ‘erfenis’ hou. ’n Erfenis is iets wat iemand anders voor gewerk het en dan vir jou gee as hulle weggaan. Jy het niks daarvoor gedoen nie, maar jy kry dit en dis joune. Is dit nie wonderlik nie? Maar ek dink die ding wat ’n ‘erfenis’ vir my spesiaal maak is dat die persoon wat vir jou iets gee dit nie hoef te doen nie – hulle doen dit omdat hulle wil. Iemand, wat hard vir iets gewerk het, besluit om dit vir my te gee, nie omdat ek dit verdien nie, maar bloot omdat hulle wil....... Maar dis nie die enigste vraag wat ons vandag vir onsself moet afvra nie. As die lewe net gaan oor wat ek erf, is ek darem vreeslik selfsugtig. Iewers moet ek tog ook vra: Wat gee ek as erfenis? Wat kry ander by my wat hulle nie verdien nie? Wat gee ek vir ander wat hulle lewe beter maak? Wat los ek agter by mense as ek van hulle af weggaan? Wat kry my kinders en kleinkinders en vriende en kollegas en bure by my?.....
![]()
In Levitikus 19:18 som die Here dit op met die volgende woorde:
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Nou, die eeue oue vraag: WIE IS MY NAASTE? Is dit almal wat oor my pad kom? Is dit almal met wie ek te doen het? Moet ek hulle almal liefhê soos ek myself liefhet? Jesus antwoord hierdie vraag op ’n baie skokkende en verrassende manier. In Lukas 10 lees ons die bekende gelykenis van die barmhartige Samaritaan, maar het jy al mooi gehoor wat Jesus daar sê? Kyk ’n bietjie of jy mooi gehoor het.... ![]()
Verwilderd en deurmekaar
Ek is seker uit elkeen hier se eie ervaring sal julle saamstem dat ons as gelowiges ook maar dikwels sukkel om sin te maak van ons wêreld. En ek dink baiekeer is dit juis omdat ons gelowiges is dat ons sukkel om sin te maak van ons wêreld. Ek bedoel, ons ervaring van ons lewe en ons wêreld stem nogal soms nie ooreen met wat ons as gelowiges sou verwag nie. Dit wat ons beleef en dit wat ons verwag kom baie keer nie by mekaar uit nie. Dink ‘n bietjie aan ‘n toeris wat die eerste keer in ‘n vreemde stad kom en die eerste keer uit die stasiegebou uitstap die strate in. Jy het ‘n kaart van die stad en van die moltreinstelsel by jou, maar soos wat jy daar buite die stasie staan kry jy nie die kaart om ooreen te stem met wat jy om jou sien nie. Die twee prentjies pas nie bo op mekaar nie. Jy weet nie mooi wat lê in watter rigting nie. Jy is gedisoriënteer en jy draai verward in die rondte om te kyk of jy iets kan sien wat jy ook op die kaart kan opmerk. Maar is dit nie juis baie keer ‘n prentjie van ons as gelowiges se lewe nie? ............. Luister Preek![]()
Tema: 10 Gebooie ‘reboot’ 2
Ons is besig met ’n reeks oor die 10 Gebooie. Verlede week het ons gesien dat die konteks van die 10 gebooie dalk bietjie anders is as wat ons dit aanvaar het. In die eerste plek het ons gesien dat doel van God met sy volk is dat hulle ’n koninkryk van priesters moet wees. Ons moet priesters wees wat God en mense bymekaar bring – God na die mense toe en die mense na God toe. Luister PreekKyk Preek ![]()
OM DOOFSTOM TE WORD
1. Ons wêreld vandag Hier’s drie prentjies van ons wêreld vandag. Die eerste is van iemand wat redelik hoog op in ‘n semi-staatsorganisasie werk. Die moraal by haar werk is nie goed nie. Sy word daagliks gebombardeer met klagtes van hoe vrot hulle is, en hoe hulle die belastingbetalers se geld mors. Sy het daagliks spanning omdat sy weet dat daar wel van haar kollegas is wat korrupte besigheidsverhoudings het. Maar die ergste is hoe sy sien dat die infrastruktuur waarvoor hulle verantwoordelik is vernietig word. Alles, letterlik alles daar buite word gesteel. Deksels van mangate, koperkabels, sonpanele, batterye – enige iets wat weer verkoop kan word, of waarmee nog meer desperate mense aan die lewe kan bly, word gesteel. Dit voel vir haar of daar letterlik ‘n oorlog daarbuite aan die gang is. ![]()
Inleiding
Hoekom sing ons - as kinders van die Here? Regdeur die Bybel kry ons dit: die kinders van die Here sing. Regdeur die geskiedenis van die kerk kry ons dit: die kinders van die Here sing. Luister PreekKyk Preek ![]()
TEMA: WEES ’N KIND VAN GOD
Wat moet ons ons kinders leer in ’n wêreld soos hierdie? Dis iets wat elkeen van ons wat kinders het op ’n doopdag soos hierdie vir onsself moet afvra. Luister Preek![]()
Tema: 10 Gebooie ‘reboot’
OK, waar in die Bybel kry ons die 10 Gebooie? Eksodus 20! Die volk het kamp opgeslaan by die berg Sinai en Moses is teen die berg op om na die Here te luister. Die Here gee vir Moses die 10 gebooie om vir die volk te gee. Nou, die hoërgraad vraag: Wat was die Here se eerste woorde aan Moses, die begin van sy gesprek? |
Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder) Tydperk
January 2021
Onderwerpe
All
|