Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Begin by die einde - Dr Wilhelm Leuschner

21/7/2013

 
13-07-21_jesus_-_berg_woestyn_water.pdf
File Size: 172 kb
File Type: pdf
Download File

20130721.mp3
File Size: 6565 kb
File Type: mp3
Download File

BEGIN BY DIE EINDE:

Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?
RAPPORT:
Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur?
1.     Ek wil veras word. 69%
2.     Ek wil begrawe word. 19%
3.     My naasbestaandes moet maar besluit.           6%
4.     My liggaam moet vir mediese navorsing           gebruik word. 6%


Belangriker: Wat moet oor jou gesê word by jou begrafnis?

Belangriker: Wat moet oor jou gesê word by jou begrafnis?

Die probleem met meeste begrafnisse is dat daar soveel leuens gesê word:

·        Iemand wat drink en vloek à hy is so opreg, wat jy gesien het is wie hy was ß JA! ’n Vuilgat dronklap! Maar dit sê niemand nie...

·        Iemand wat nooit in die kerk of kleingroep gekom het nie en nie die verskil tussen Jona en Johannes geweet het nie à Sy het so ’n goeie hart gehad ß Dalk om bloed mee te pomp, maar nie vol Jesus nie...

Wat moet oor jou gesê word – as hulle eerlik is...

Wat is die top 3, die 3 belangrikstes...

[Dink 30 sekondes]

Hier is myne:

1.     1. God. 2. Machel. 3. Kinders. 4. Werk

As ek moet kies tussen God en Machel, kies ek God – en Machel weet dit.

As ek moet kies tussen Machel en my kinders, kies ek Machel – en my kinders weet dit.

As ek moet kies tussen my kinders en my werk, kies ek my kinders – en my werk weet dit.

2.     Sy PRAAT bevestig sy DAAD.

Dit wat ek sê, bevestig wat ek doen. Let wel: die doen kom eerste!

As ek vir mense sê ek is ’n Christen, moet hulle sê: “Ja, ek kan dit sien.” As ek vir mense moet sê ek is ’n Christen omdat hulle dit nie kan sien nie, moet ek bekommerd wees...

As ek vir mense sê ek het my vrou lief, moet hulle sê: “Ja, ek kan dit sien.” As ek vir mense moet sê ek het, moet ek bekommerd wees...

As ek vir mense sê ek het my kinders lief, moet hulle sê: “Ja, ek kan dit sien.” As ek vir mense moet sê ek het, moet ek bekommerd wees...

Mense moet kan SIEN wie ek is, sonder dat ek dit vir hulle hoef te sê.

So baie mense vandag is anders. Niemand sal weet hulle is ’n Christen nie, tensy hulle dit sê – en dan is dit vir baie ’n verrassing...

Ek praat nou die dag met ’n pa wie se kind so oud soos Friedrich is. Hy vertel my hoe lief hy sy vrou en kinders het, maar net daarna vertel hy hoe hy vir homself ’n nuwe kar gekoop het, terwyl sy vrou met ’n stokou karretjie moet ry en hoe hy sy 5de jaggeweer gekoop het, terwyl sy kind se klere vodde is... Ja nee, ek kan sien dat jy baie lief is vir jou vrou en jou kinders...

Wat sien mense by jou? Wat hoor hulle by jou? En is dit dieselfde?

3.     Hy het ’n positiewe verskil gemaak.

As man, het Wilhelm my lewe verbeter.

As pa, het Wilhelm my lewe verbeter.

As vriend, het Wilhelm my lewe verbeter.

As predikant, het Wilhelm my lewe verbeter.

Wat wil jy hê moet mense oor jou sê?

[Praat bietjie met mekaar daaroor]

Nou is die vraag: Hoe kom ek daar? Hoe leef ek om daar te wees?

Hier dink ek kan ons belangrike lesse by Jesus leer. Want Jesus se lewe was vol en besig en daar was soveel eise aan Hom dat die kans goed was dat Hy sou vergeet waar Hy aan die einde van sy lewe moet wees. Wat het Jesus gedoen om koers te hou, om uit te kom by waar Hy aan die einde wil wees?

Jesus het 3 plekke gehad om Hom hierin te help – die berge, die woestyn en die waters.

Kom ons dink so bietjie oor elkeen:

BERG:

Matteus 14:23: “Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid.”

Matteus 17:1 “Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle op ’n hoë berg gebring waar hulle alleen was.” – verheerliking op die berg

Lukas 6:12: “In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.”

Johannes 6:15: “Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.”


Waarom gaan Jesus berg toe? Om by God te wees! Om die groot prentjie te sien. Om die toekoms in te kyk en te sien waar Hy moet gaan.

Want van ’n berg af kan mens ver kyk. Op die berg sien jy nie die details nie, sien jy nie nou nie – op die berg sien jy die groot prentjie, op die berg sien jy môre.

Waar is jou berg? Waar gaan jy om jou verhouding met God te bou? Waar gaan jy om die groot prentjie raak te sien, om te onthou waar jy wil eindig?

WOESTYN:

Markus 1:12: “Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het”

Johannes 11:54: “Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode rondgegaan nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn”


As Jesus berg toe gaan om naby God te wees, hoekom gaan Hy woestyn toe? Om naby Homself te wees. Om uit te vind wie HY is. In die woestyn kom versoek die duiwel vir Jesus en elkeen van die duiwel se versoeking gaan daaroor dat Jesus moet vergeet dat Hy ’n mens is, dat Jesus as God moet optree, want dan kan Hy nie meer die mense red nie. En elke keer antwoord Jesus hom as mens, antwoord Jesus uit wie Hy is.

Waar is jou woestyn? Waar is die plek waar jy werk aan jou verhouding met jouself? Waar gaan jy om te onthou wie jy is en waarvoor jy hier is?

WATER:

Matteus 4:18: “Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas.”

Lukas 5:3: “Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit ’n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer.”

Markus 2:13: “Jesus het weer na die see toe gegaan. ’n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer.”

Matteus 13:1: “Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. 2 ’n Groot menigte het so om Hom saamgedrom”

Johannes 21:1: “Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias.”


Jesus gaan berg toe om by God te wees; Jesus gaan woestyn toe om by Homself te wees; Jesus gaan water toe om by mense te wees.

Daar dien Hy mense, daar leer Hy mense, daar ontmoet Hy sy vriende. Die water is die plek waar Jesus sy verhouding met mense bou.

Waar is jou water? Waar bou jy jou verhouding met mense? Waar maak jy ’n verskil in mense en laat jy mense toe om ’n verskil in jou te maak?

Want om eendag begrawe te word as die mens wat ek wil wees, het ek berg en woestyn en water in my lewe nodig – elke dag, elke week, elke jaar.

Waar is joune?

Kom ek vertel julle waar myne is:

My daaglikse berg is my iPod in die gym. Elke dag luister ek na ’n preek (’n ordentlike 40 minute preek en nie die 15 minute wat ons gee nie). Ek luister nie as predikant nie – ek luister as Wilhelm. Wie is God vir my? Wat is die belangrike goed in die lewe en hoe kom ek daarby uit?

My daaglikse woestyn is my alleen tye, veral as ek in die kar ry. Gewoonlik is my radio af en dink ek oor: wie is ek? Wie wil ek wees? Wat in my is sleg wat ek van ontslae moet raak? Wat in my is goed wat ek moet uitbou?

My daaglikse water is my gesin. Ons eet 3 etes op ’n dag saam, waar ons mekaar leer, mekaar troos, mekaar versterk, mekaar dien.

My weeklikse berg is die eredienste – ek wil dit nie mis nie.

My weeklikse woestyn is Vrydagoggende – dan probeer ek met niks besig te wees nie, maar tyd met myself deur te bring.

My weeklikse water is ons kleingroep – sjoe, ek het dit nodig!

My jaarlikse berg en woestyn en water is ons vakansie by die see. Ons gaan as gesin, sonder ander mense. Ons gaan na ’n plek toe waar niemand ons gaan ken nie. En ons spandeer berg tyd en woestyn tyd en water tyd.

Waar is joune?

Waar is jou daaglikse bergtyd en woestyntyd en watertyd?

Waar is jou weeklikse bergtyd en woestyntyd en watertyd?

Waar is jou jaarlikse bergtyd en woestyntyd en watertyd?

[Praat bietjie as gesinne met mekaar hieroor]

What counts in life is not the mere fact that we have lived. It is what difference we have made to the lives of others that will determine the significance of the life we lead.

"Take it upon yourself where you live to make people around you joyful & full of hope"

“Men & women, all over the world, right down the centuries, come & go. Some leave nothing behind, not even their names"

"Let us remind ourselves that it is ordinary people – men & women, boys & girls – that make the world a special place"

"A bright future beckons. The onus is on us, through hard work, honesty & integrity, to reach for the stars"

"The past is a rich resource on which we can draw in order to make decisions for the future, but it does not dictate our choices"

"We pass through this world but once & opportunities you miss will never be available to you again"

"Sometimes it falls upon a generation to be great. You can be that great generation. Let your greatness blossom."

- Nelson Mandela


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™