Verlede Sondag het ons tydens die Kontemporêre Diens heerlik saam gelag – as viering van die vreugdes wat die Here ons so oorvloedig saam gee. Ons het beleef hoe goed en gesond dit is om te lag – en veral saam met mekaar te lag. Fisiologies en emosioneel gebeur daar wonderlike dinge in jou wanneer jy lag.