Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Wapadrant e-Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Maand-Krant
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Inry Erediens
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER UITREIKE
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Openbare Getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Bring terug die sabbatdag? - Wilhelm Leuschner

2/9/2012

3 Comments

 

Luister Preek

Laai Preek af

20120909.mp3
File Size: 3568 kb
File Type: mp3
Download File

SONDAG EN SABBATDAG

As kind het die kerk my geleer dat mens nie op Sondag mag werk nie. Die vreemde was dat die ou wat dit geleer het, die dominee, dit geleer het op Sondag by sy werk... Ek het altyd gewonder of daar ander reëls is vir dominees as vir gelowiges...

Hoe was Sondag toe jy ’n kind was? Vir baie van ons was dit nie die lekkerste dag van die week nie! Eers MOES jy kerk toe gaan – en kerk was nie lekker nie! Jy kon nie verstaan nie, jy moes stil sit en is geknyp as jy dit durf waag om te beweeg.

Na kerk mag jy niks gekoop het nie, by niemand gaan speel het nie en moes jy doodstil wees terwyl jou ouers ’n middagslapie gevat het.

Miskien is jou Sondag nou nog so: erediens, huis, slaap. Waar kom dit vandaan? Vandag wil ek saam met julle so bietjie op ’n reis gaan om dit agter te kom en hopelik in die proses iets leer oor God en myself...

As ons oor Sondag dink moet ons begin by die skepping. Op die eerste dag van die skepping maak God lig – dit was aand (donker) en dit was môre (lig), die eerste dag (Gen 1:3-5).

En dan kom dag 2 tot 6 en dan lees ons in Genesis 2:2:

Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig [AFGESONDER], want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.


God stel die Sabbatdag in as ’n dag om te rus (Sabbat beteken ‘RUS’). Die sewende dag is daar om te rus. Die eerste inhoud van die Sabbatdag was RUS. Die volk in die woestyn het dit so beleef in die manna en kwartels – 5 dae van die week het hulle uit die kamp uitgegaan om kos vir daardie dag te kry, maar op die 6de dag was daar genoeg vir 2 dae, sodat hulle op die 7de dag kon rus.

Eksodus 16:29, 30:

Ek het vir julle die sabbat gegee en daarom gee Ek vir julle op die sesde dag genoeg kos vir twee dae. Elkeen moet bly waar hy is en niemand mag op die sewende dag sy woonplek verlaat nie.” 30 Die volk het op die sewende dag gerus.


Ons ken dit uit die 10 gebooie uit:

Eksodus 20:8-11:

“Sorg dat jy die sabbatdag heilig [AFGESONDER] hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.


Die Sabbatdag is daar om te rus van my werk.

Maar toe kom daar ’n nuwe element by... In Levitikus 23:3 hoor ons die volgende:

Ses dae moet julle werk, maar die sewende dag is ’n rusdag, ’n sabbat waarop julle ’n gewyde byeenkoms moet hou. Dan mag julle geen werk doen nie. Julle moet die sabbat aan die Here wy, waar julle ook al woon.


Op die Sabbat moet gerus word van my werk, maar daar moet ook ’n gewyde byeenkoms gehou word, dit is ’n dag waarop die Here ook geëer moet word.

Een dag van die week waarop ek nie werk nie, maar waarop ek ’n byeenkoms bywoon tot eer van die Here. Dit is die Ou Testamentiese Sabbatdag. Klink dit bekend?

Maar wat van die Nuwe Testament? Wat van Jesus?

Wel, ons weet dat Jesus anders oor Sabbat gedink het! Hoeveel keer het Hy nie teen die Sabbatwette ingegaan en mense gesond gemaak nie?! Trouens, dit was een van die hoofredes waarom die Jode Hom wou doodmaak – Johannes 5:18:

Hieroor het die Jode nog des te meer probeer om Jesus dood te maak: Hy het nie net die sabbatdag ontheilig nie, maar God ook sy eie Vader genoem en Hom so met God gelyk gestel.


In Markus 2:24-27 spel Jesus sy siening uit:

Die Fariseërs sê toe vir Hom: “Kyk daar! Waarom doen hulle iets wat nie op die sabbatdag gedoen mag word nie?” 25 Hy sê vir hulle: “Het julle nog nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne nie kos gehad het nie en honger gekry het? 26 Hy het in die tyd van die hoëpriester Abjatar in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat niemand anders as die priesters mag geëet het nie, en ook vir sy manne daarvan gegee.” 27 Jesus het verder vir hulle gesê: “Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie.


Aangrypend! Dis ’n terugkeer na die oorspronklike bedoeling van die Sabbat – dis ’n dag wat vir die mens gegee is om te rus. Dis nie ’n dag wat daargestel is vir die mens om iets te doen nie, dis nie ’n dag vir godsdienstige reëls en tradisies en gebruike nie. Sabbatdag is nie in die eerste plek ’n God-dag nie, maar ’n mens-dag.... Sabbatdag is NIE die dag van die Here nie...

Dink bietjie so daaroor:

Op watter dag sou die Here die meeste teenwoordig wees – die 6 dae wat Hy skep of die dag wat Hy rus?

Watter dag sou die dag van die Here wees – die 6 waarop Hy aktief besig was of die 1 waarop Hy gerus het?


Jesus besef dit, Hy besef dat die Joodse godsdiens die verhouding kom verander het – 6 dae vir die mens, 1 dag vir die Here in plaas van 6 dae vir die Here en 1 dag vir die mens. En die dag wat hulle vir die Here afgesonder het is juis die dag wat die Here vir die mens afgesonder het!

Die vroeë kerk het dit ook verstaan – daarom het hulle nie hulle byeenkomste op die Sabbat gehou nie. Die vroeë kerk het begin om op Sondae bymekaar te kom. Hoekom? Want Sondag is die dag van die Here, Sondag is die dag waarop Jesus opgestaan het, Sondag is die dag van vreugde. Maar was Sondag vir hulle soos ’n Sabbatdag, ’n rusdag? Nee! Wat ons van hulle Sondagviering weet, het direk in verband gestaan met die opstanding van die Here Jesus (Johannes 20) en die feit dat hulle die opstanding verstaan het as beslissend vir hulle verlossing (1 Korintiërs 15). Hulle het egter sover ons weet, geen van die wette of gebruike van die Sabbat op die Sondag toegepas nie. Trouens ons weet dat sekere Joodse Christene tot in die derde eeu nog sowel die Sabbat as die Sondag gehou het, die een as ’n rusdag, en die ander as ’n feesdag. Daar is nooit in die Nuwe Testament sprake van rus op die Sondag nie. Trouens die base van slawe sou hulle ook nie toegelaat het om nie te werk nie, en ons weet uit ander bronne dat Christene Sondae voor sonop bymekaar gekom het, waarskynlik om dan die res van die dag met hul gewone (slawe-)werk te kan aangaan.

Die vroeë kerk het verstaan dat ons met twee verskillende sake te doen het:

1.     Die mens het RUS nodig – ons kan nie aanhou werk, aanhou werk, aanhou werk nie. Daarvoor het die Here vir ons die Sabbatdag gegee. ’n Dag om te rus van my werk.

2.     Maar ons het ook nodig om saam met mekaar die Here en mekaar en die wêreld te dien. En daarvoor het ons die dag van die Here. Handelinge 20 – die eerste erediens: “Ons het die Sondag bymekaargekom vir die gemeenskaplike maaltyd.” Sondag was nie ’n rusdag nie, maar ’n dag om bymekaar te kom en dan in die wêreld die Here te gaan dien.

Die manier waarop hierdie eerste gelowiges bymekaar gekom het, het die volk aangespreek – luister na Handelinge 2:47

47 Hulle het God heeltyd geprys omdat Hy so groot en goed is. Die gelowiges se lewenstyl het die ander mense in Jerusalem aangegryp. Almal het daaroor gepraat. Daarom het daar elke dag baie mense tot geloof in Christus gekom.


Is een van die probleme van ons tyd nie juis dat ons 2 verskillende dae in 1 dag probeer indruk nie?

Nou sit ons met mense wat permanent moeg is, omdat hulle nooit genoeg rus nie.

En ons sit met kerke wat oneffektief is, omdat die mense die Dag van die Here gebruik om te probeer rus. En dan het ek nie tyd vir eredienste en kleingroep nie. En die gemeente kan niks doen op Sondag tussen 11:30 en 18:00 nie, want ons rus, ons hou sabbat....

Hoe is Sondag vir jou – ’n Sabbat of die Dag van die Here?

Is dit ’n dag waar jou groot fokus is om te rus?

Is dit ’n dag waar jy jou onttrek uit die wêreld?

Jesus is die lig vir die wêreld (Johannes 8:12)! Ons is die lig vir die wêreld (Matteus 5:14)! Is die eerste dag van die week soos die eerste dag van die skepping waar die lig van God – ons – die donkerte van die wêreld deurbreek? Of is die lig vir die wêreld op die eerste dag onsigbaar?

Eindig ons met ’n Christen dag waar al die Christene onsigbaar is omdat almal rus?

Moet ons nie teruggaan na die vroeë kerk wat sê ek rus op Saterdag, die Sabbatdag, maar op die Dag van die Here is ek juis op ’n besonderse manier in die wêreld besig nie?

Moet ons nie teruggaan na die vroeë kerk wat sê dat ek op Sondag sal werk, omdat ek Saterdag gerus het, maar dan gaan Sondag ’n besonderse getuienis wees waar ek werk?

Het ek en jy Sabbat in ons lewe – waar ons RUS? Miskien moet ons weer soos die Jode vir onsself ’n klomp wette en reëls opstel om seker te maak dat ons rus! (Miskien moet ons mans en vroue ons hierin dwing?)

Het ek en jy ’n Dag van die Here in ons lewe – waar dit nie oor RUS gaan nie?

Is ons lewens nie so chaos omdat ons dié 2 dae in een dag probeer inprop nie?

Is dit nie tyd om Sabbat terug te wen nie?

Is dit nie tyd om die dag van die Here terug te wen nie?

En jou kinders? Hoe maak jy hulle groot? Vandag was ons getuies van die doop, vandag het ons gesien hoe ouers belowe om hulle kinders vir die Here groot te maak. Doen ons dit? Het ons kinders sabbat in hulle lewe, het hulle genoeg rus? En het hulle ’n Dag van die Here, ’n dag waar die Here se koninkryk die belangrikste is? Of moet hulle ook op die Dag van die Here rus?

Miskien doen ek as dominee iets reg – op Sondag werk ek tot eer van die Here en spandeer ek tyd saam met medegelowiges om dat Saterdag my rusdag is...

Hoe wonderlik sal dit wees as almal van ons werklik op Saterdag RUS – en dan op Sondag hier bymekaar kom en in ons kleingroepe bymekaar kom en in die wêreld ’n verskil maak, sodat die wêreld Sondag kan ken as DIÉ Dag van die Here?

Wat is JOU sabbatdag?

Wat is JOU dag van die Here?

Amen!

3 Comments
Johan van Wyk
1/5/2013 05:25:44 am

Ek het vir jare die stryd tussen Saterdag en Sondag sabbat bestudeer. Veral intensief die laaste twee jaar. Meteens het daar vir my lig op die onderwerp gekom, nadat ek jou artikel gelees het. Nou kan ek weer my studies op koers kry. Enige verdere inligting in die verband is welkom. Sterkte Johan.

Reply
george
17/1/2015 02:14:12 am

Christus Jesus het my (en al Sy wedergebore kinders) vrygemaak van alle rituele en godsdienstige wette.
JESUS IS MY SABBAT EN EK RUS WANNEER EK MOEG IS .. :)

Reply
Michael
28/2/2016 04:49:28 pm

Ek lees in my bybel ( wet 4 ) dat die Here die 7 dag gerus het en geheillig het en dit was n derekte opdrag aan ons om dit te onderhou. Geen plet in die bybel lees ek dat God die opdrag terug getrek het maar Hy het opdrag gegee dat ons geen tietel of letter in sy woord mag verander nie maar wat maak ons as mens ons maak soos ons wil. Dit is hoekom ons sommer die sabatdag geskuif het.

Reply



Leave a Reply.

    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™