Luister Preek | Laai teks af![]()
| Laai audio af![]()
|

Inleiding
Een van die dinge wat ‘n mens van kleinsaf baie opgewonde maak, is wanneer jy ‘n geskenk ontvang: op jou verjaarsdag, met Kersfees, by spesiale geleenthede (soos Vadersdag vandag) ensomeer. Dis tog heerlik om ‘n geskenk te ontvang: die opgewonde afwagting, die plesier van die oopmaak, die genoegdoening wanneer jy dit gebruik of sien en diep vreugde daaruit put. Veral wanneer jy weet dat hierdie geskenk diep uit die hart kom van iemand wat regtig vir jou omgee, is dit ekstra spesiaal!