Luister Preek | | Laai Preek Af | ![]()
|
![]() Die word verhaal van ‘n man wat in die vroeë 1900 hondsdolheid op gedoen het, nadat hy deur ‘n dol dier gebyt is. Daar was geen effektiewe medikasie vir hondsdolheid gewees nie. Die man se familie het hom hospitaal toe geneem. Nadat die dokter hom ondersoek het, het hy aan hom die doodsvonnis oorgedra. Daar is niks wat ons vir jou kan doen nie behalwe om jou te probeer pynloos en gemaklik hou. Maak jou gereed om te sterf. Die dokter het voorgestel dat die man sy testament in orde kry terwyl hy nog by sy positiewe is. Die man het gevra vir pen en papier wat hulle vir hom gebring het. Na ‘n paar uur het die dokter weer by hom ‘n draai gemaak en gesien dat die man nog steeds aan die skryf is. Bly daaroor merk die dokter op: Ek is bly om te sien dat jy aan jou testament werk om die laaste dinge in orde te kry. Die man het op gekyk en geantwoord: Dr, jy verstaan glad nie. Hierdie is nie my testament nie maar ek maak ‘n lys van al die mense wat ek wil gaan byt voor ek sterf… Sjoe, dit vertel iets van die man se binneste… ![]() PERIKOOP: 1 KOR 13 TEKS: 1 KOR 13:5(C) Vrae vooraf: 1. Wanneer dink jy is iemand liggeraak? 2. Kan ’n mens vir iemand lief wees en voortdurend kwaad wees? Gesinsgeweld is nie vreemd aan ons tyd nie. Soveel mense gaan verflenterd en stukkend, geskend na liggaam en gees as gevolg van geweld binne die huis. Geweld is dikwels die uiteinde van liggeraaktheid. Daar is 'n spreekwoord wat lui: "Wie erg kleinserig is - is seer klein van gees.
![]() Vir jare lank kan jou lewe egalig en vredevol verloop sonder enige ernistige of erge beproewinge. Dit gaan so goed dat jy later ‘n valse gevoel van vrywaring ontwikkel. Rondom jou word duisende daagliks deur tragiek van die lewe onderwerp, jy hoor en lees daarvan, jy bejammer selfs die mense, voel selfs saam met hulle hartseer, maar jy gaan jou gang onbekommerd. Jy raak later selfs afgestomp en dit raak jou nie meer nie, want hierdie dinge gebeur met ander….nie met jou nie.
![]() Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy nog 40 dae saam met die dissipels deurgebring. En ek dink die dissipels het begryp – groot dinge is aan die kom. Kom ons lees daarvan. (Lees Hand 1:1-11) Jesus se hemelvaart is ‘n misterie. Wat het daar gebeur? Jesus het sy afskeidsboodskap aan die dissipels gegee. Daarna het hy bonatuurlik begin opstyg – totdat ‘n wolk Hom weggeneem het.
Liefde handel nie onwelvoeglik nie - Peet Vermeulen Straatkafee ![]() PERIKOOP: 1KOR 13 TEKS: 1 Kor 13:5a Onwelvoeglik, wat sou dit beteken? Dit is duidelik uit ons teks dat dit liefdeloos is. Dit vernietig, voorkom en verdryf liefde. HAT beskryf onwelvoeglik as onfatsoenlik, of onbetaamlik... Dit gaan prakties oor: dit wat onvan pas is. Wat nie pas by die geleentheid nie.
![]() Vraag: Hoekom is Onderlinge LIefde & Verhoudings (OLV) nodig? Antwoord: Omdat God dit van ons verwag. Jesus leer: Julle moet mekaar liefhê (Joh 13:34). Byna die hele 1 Johannes brief is gewei aan die liefde wat daar onderling tussen gelowiges moet wees. Hoofstuk 3:18 leer: hierdie liefde moet nie net woorde wees nie maar dit moet in dade sigbaar word. Om hierdie opdrag van Jesus in ons lewens te laat realiser is daar ‘n voorbereiding wat gedoen moet word. |
Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder) Tydperk
January 2021
Onderwerpe
All
|