Luister Preek | | Laai Preek af | ![]()
|

1. Om ʼn naam vir jouself te maak
Is daar nie in elke mens hierdie diepgewortelde behoefte om ʼn naam vir jouself te maak nie? Om ʼn naam te hê beteken om iemand te wees, om ʼn identiteit te hê – jy is nie maar net ʼn nommer of deel van die massa nie. ʼn Mens se identiteit is dit van jou wat bly, wat stabiel is. Dit verdwyn nie maar net weer sommer nie – jy is iemand.