Luister Preek | Laai Preek Af |
Party sien maar net ‘n ou man...
Maar as jy regtig fyn kyk, sien jy iets anders - iemand wat oor baie jare gebrei en gevorm is deur die lewe. Kyk ‘n bietjie mooi:
· helder fletsblou oë – met ‘n titseltjie hartseer daarin
· baie lagplooitjies om die ooghoeke
· genoeg swaarkrygroewe van bekommernis op die voorkop en om die mondhoeke
· duidelike kepe van frustrasie en ontnugtering op die voorkop
· ‘n paar lyne van verwondering en loutere genieting om die mondhoeke
· alles omraam met sagte grys hare en ‘n baard