Luister Preek | | Laai Preek af | ![]()
|
Boerdery agtergrond….soos julle weet is ek deel van ‘n groep boere wat alles wat hulle oorgegee het tot beskikking van die koningkryk van God, die motivering van boer is dus nie meer geld nie maar om die Koningkryk van God uit te bou. Dit bring mee dat ons baie seker moet maak voor ons iets besluit, dis noodsaaklik dat ons die stem van God hoor oor elke besluit. Die noodsaak om stem te hoor. Dit het my laat besef dat ek die stem van God meestal binne my verstaan en verwagting beperk het. Dat my lees van Bybel wetenskap geword het, afstand gekry het, dat ek ‘n boodskap daaruit kon haal en afleidings maak maar nie so direk vir myself vir vandag. Dalk vir ander mense kon preek en groot tendense aanspreek maar nie self daagliks gehoor het nie. So diep gegrawe in historiese konteks en eerste skrywer en hoorders dat ek die Bybel se praat met my vandag begin vergeet het.