Ons het die vorige 2 Sondae die fokus laat val op die waarde wat dit het wanneer ons saam met mekaar lag en saam met mekaar bid. Dit is baie goed en gesond vir liggaam en gees om saam te lag. Om saam te bid gee ons nuwe krag omdat die Here ons só inbring in die kragveld van sy Gees. Ons het ook raakgesien dat beide saam lag en saam bid die onderlinge verhoudings wat ons met mekaar het, oneindig versterk en opbou – in ons huwelike, ons gesinne, families, kleingroepe, as gemeente, selfs by die skool, die werk, ons woonbuurte ensomeer.