Luister Preek![]()
| Laai Preek Af |
Daar is iets inherent aan die mens wat maak dat hy gedurigdeur wil kompeteer met ander: hy wil dieselfde wees – of beter wees - as ander. Hy wil die belangrikste wees.
Dit het al begin by Adam en Eva in die paradys: hulle wou ten minste soos God wees en weet wat Hy weet.
Kain kon nie aanvaar dat Abel se offer beter as syne was nie: hy wou die belangrikste wees.