Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Die dwaasheid van kersfees - Dr Wilhelm Leuschner

25/12/2012

 

Luister Preek

Laai teks af

20121225_die_dwaasheid_van_kersfees.pdf
File Size: 235 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20121225.mp3
File Size: 9615 kb
File Type: mp3
Download File

Die dwaasheid van Kersfees

Wat ’n wonderlike dag – Kersdag, die dag waarop ons die geboorte van Jesus vier. Kom ons lees wat 2,000 jaar gelede in Betlehem gebeur het...

Lukas 2:1-7:

Gedurende daardie tyd het die Romeinse keiser Augustus ’n bevel uitgevaardig dat ’n sensus deur die hele Romeinse Ryk gehou moes word. 2Dit was die eerste sensus wat gehou is toe Sirenius goewerneur van Sirië was.

3Almal het teruggegaan na hulle eie dorpe om vir die sensus te registreer. 4En omdat Josef ’n afstammeling van koning Dawid was, moes hy na Betlehem, Dawid se tuisdorp, gaan. 5Hy het vanaf die dorp Nasaret in Galilea vertrek. Hy het sy verloofde, Maria, wat teen dié tyd ver swanger was, saamgeneem.

6Terwyl hulle daar was, het die tyd aangebreek dat haar kind gebore moes word. 7Sy het geboorte gegee aan haar eerste Kind, ’n seun. Sy het Hom in doeke toegedraai en Hom in ’n krip neergelê omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.


Kersdag is ’n fees vir dwase! Die vraag is: Watter tipe dwaas is jy? Natuurlik is een mens se wyse iemand anders se dwaas, so dis nie noodwendig sleg om ’n dwaas te wees nie! Uiteindelik is ons almal dwase, die vraag is: Watter tipe? Wel, watter tipes is daar, wou jy dalk vra. Kom ons gaan kyk na die gebeure op daardie eerste Kersdag en dan vra ons onsself af hoe so ’n dwaas vandag sou lyk...
A.        Mense se dwaasheid:

1.     Vir wyse manne is Hy iemand anders se koning

Die eerste dwases wat ons sien is die sterrekykers, die wyse manne uit die ooste.

Matteus 2:1, 2:

Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2 en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.


Hierdie sogenaamde “wyse manne” sien hoe die heelal aankondig dat daar ’n besondere koning gebore is! Kan jy jou dit indink – die sterre sê dat Iemand besonders gebore is! Wat doen jy? Wel, jy pak dadelik jou beste geskenke in en gaan soek Hom. En dan as jy hom kry, dan vereer jy Hom. En dan? ... Skynbaar is die “wyse” ding om dan te doen om maar net weer te loop! Hoekom? Omdat dit nie hulle koning is nie, maar die Jode s’n... Die wyse manne kom tot by Jesus, kom tot by die een oor wie die sterre getuig, kom tot by God wat mens word – en besluit dan dat Hy nie hulle God is nie. Hy is die Jode s’n – ons sal Hom eer en die regte dinge doen en sê en ons sal nie vir die mense wat Hom wil aanbid kwaad wees nie, maar Hy is nie ons God, ons koning nie. En hulle gaan terug na hul eie gode, hul eie konings, hul eie lewe. Vir die wyse manne was Jesus iemand anders se koning. Dwase!

2.     Vir Herodes is Hy ’n bedreiging

Die tweede dwaas van wie ons lees is koning Herodes.

Matteus 2:2, 3, 16:

2“Waar is die pasgebore Koning van die Jode? Ons het sy ster sien verskyn* en gekom om Hom te aanbid*.”

3Toe koning Herodes hiervan hoor, het dit hom hewig ontstel; so ook die hele Jerusalem.

16Toe Herodes agterkom dat die sterrekundiges hom uitoorlê het, was hy absoluut woedend. Hy het soldate gestuur om in en rondom Betlehem al die seuntjies van twee jaar en jonger te gaan uitwis.


Vir koning Herodes was Jesus ’n bedreiging:

Ek is die koning van die Jode – hoe kan daar nou ’n ander koning gebore word?!!! Dit kan nie wees nie! Ek moet van hom ontslae raak voor dit te laat is!

Herodes hoor eerste van die koms van Jesus, maar vir hom is dit ’n bedreiging wat hy net van ontslae moet raak. Vir Herodes was Jesus ’n bedreiging. Dwaas!

3.     Vir herders is Hy iemand wat jy besoek en dan aangaan met jou lewe

Die derde groep dwase wat ons sien is die herders, die skaapwagters.

Lukas 2:15-17:

15Toe die engele teruggegaan het na die hemel, sê die skaapwagters vir mekaar: “Kom ons gaan Betlehem toe om te sien watter wonderlike ding gebeur het, soos die Here dit aan ons bekendgemaak het.”

16Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. 17Toe het die skaapwagters vir almal gaan vertel wat gebeur het, en wat die engel vir hulle oor die Kindjie gesê het.

18Almal wat die skaapwagters se verhaal gehoor het, was verbaas, 19maar Maria het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink. 20Die skaapwagters het teruggegaan na die veld en hulle kuddes terwyl hulle God loof en prys oor wat die engele vir hulle vertel het, en omdat hulle die Kind gesien het, net soos die engel gesê het.


Die skaapwagters kry die boodskap van Jesus se geboorte direk by die engele! Die engele vertel vir hulle dat die Verlosser gebore is, die Messias! Die redder van die mense is in Betlehem! En hulle gaan kyk en hulle kry Hom en hulle loof God daarvoor en ... En?... En dan?... Dan gaan pas hulle maar weer hulle skape op, dan gaan hulle maar weer aan met hulle werk en hulle lewe soos voor die engele aan hulle verskyn het. Hoe kan dit? Ek bedoel, as hulle weet Jesus is die Verlosser, hoekom verander niks in hulle lewe nie? Hoekom lees ons nie weer van die skaapwagters nie? Hoekom is hulle nie saam as Jesus Egipte toe moet vlug nie? Hoekom is hulle nie daar waar Hy groot word in Nasaret nie? Hoekom is hulle nie sy eerste dissipels nie? Die ENGELE het vir hulle vertel dat Hy die Verlosser is en hulle gaan aan asof niks gebeur het nie... Vir die skaapwagters was Jesus ’n lekker afwisseling. Dwase!

4.     Vir Josef en Maria is Hy iemand om wie hulle hulle hele lewe bou

Die vierde groep dwase wat ons sien is Josef en Maria.

Matteus 1:18-19

18Dit is hoe Jesus gebore is: Maria, sy ma, was verloof aan Josef. Nog voor hulle getroud is en hulle intiem verkeer het, het dit geblyk dat sy verwagtend was. Die Heilige Gees het die baba in haar verwek. 19Josef, haar verloofde, was in ’n dilemma. Aan die een kant was hy ’n wetsgehoorsame man; aan die ander kant wou hy haar die openbare skande spaar.


Josef en Maria is verloof. Josef is omtrent 19 jaar oud en Maria omtrent 13. Toe word Maria swanger – dwaas! Josef is nie die pa nie – dwaas! Maria beweer dat God die Pa is: dis godslastering – dwaas! Maria verdien om gestenig te word: sy is ’n egbreuker en ’n godslasteraar, maar Josef doen nie wat die wet sê nie, maar spaar haar – dwaas!

Josef en Maria kies om teen die wet en die tradisie en die samelewingsnorme en die waardes van die tyd in te gaan en Jesus groot te maak. Josef en Maria kies vir Jesus, al beteken dit dat hulle hele lewe omvergewerp word: hulle moet Egipte toe vlug; hulle beleef skande en verwerping en swaarkry en hartseer en pyn alles ter wille van Jesus? Vir Josef en Maria was Jesus hulle hele aardse lewe. Dwase!

5.     Vir Simeon is Hy die Messias, die Verlosser

Die vyfde dwaas is Simeon. Wie was hy? Ons weet nie. ’n Onbekende, gewone mens ... wat glo. Hoor hier:

Lukas 2:25-32:

25Daar was toe ’n man met die naam Simeon wat in Jerusalem gewoon het. Hy was ’n opregte man en baie toegewyd. Hy was met die Heilige Gees vervul en het gretig daarna uitgesien dat die Messias sou kom om Israel te red. 26Die Heilige Gees het aan hom bekendgemaak dat hy nie sou sterf voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie. 27Daardie dag het die Gees hom na die tempel toe gelei. Toe Maria en Josef opdaag om die Kindjie Jesus aan die Here te wy, soos die wet vereis het, 28was Simeon daar. Hy het die Kind in sy arms geneem en God geprys:

29“Here, nou kan ek in vrede sterf

               soos U my beloof het,

30                want ek het die Verlosser gesien

31                wat U vir die mense

               van alle volke gegee het.

32                Hy is ’n lig om God aan die nasies

               bekend te maak,

               en Hy is die glorie van u volk Israel!”


Vir Simeon was Jesus meer as net sy aardse lewe. Vir Simeon is Jesus die Verlosser! Nie net vir Simeon nie, maar vir al die volke.

1.     Hy is nie net koning van die Jode nie – Hy is Koning van almal!

2.     Hy is nie ’n bedreiging nie – Hy is die enigste ware vrede!

3.     Hy is nie net ’n afwisseling nie – Hy is die lig wat God wys!

4.     Hy is nie net my aardse lewe nie – Hy is my ewige lewe!


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™