
die_here_beskerm_jou__psalm125v2__220516.docx |
Hier by ons in Pretoria is dit nogal baie op en af, maar hier is nie regtig hoë berge nie. Dis eintlik maar nog koppies en heuwels. Maar as ‘n mens in die Kaap, of KwaZulu-Natal of die Laeveld van Mpumalanga is, dan sien jy wat berge is. Majestueus en hoog, trek hulle jou oë. Jy hou aan kyk. Dis asof jy jou oë nie van die berge kan afhou nie. Dié wat al Tafelberg gesien het, of deur Meiringspoort gery het, of by Swadini (naby Hoedspruit) gekamp het, sal weet waarvan ek praat.