Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Wapadrant e-Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Maand-Krant
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Inry Erediens
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER UITREIKE
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Openbare Getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Die Here het jou bitterlik lief! - Peet Vermeulen

20/5/2012

 
Luister Preek
Laai preek af
20120520.mp3
File Size: 4505 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
Vir jare lank kan jou lewe egalig en vredevol verloop sonder enige ernistige of erge beproewinge. 

Dit gaan so goed dat jy later ‘n valse gevoel van vrywaring ontwikkel.

Rondom jou word duisende daagliks deur tragiek van die lewe onderwerp, jy hoor en lees daarvan, jy bejammer selfs die mense, voel selfs saam met hulle hartseer, maar jy gaan jou gang onbekommerd.

Jy raak later selfs afgestomp en dit raak jou nie meer nie,
want hierdie dinge gebeur met ander….nie met jou nie.


Skielik word jy tot in jou diepste wese geskok…
Jy kan dit nie glo nie…
Dit is asof jy in ‘n droom is.

Hulle sê: Daar is ‘n sterfgeval
                    ‘n Naby familielid is dood
                    Dit kan tog nie wees nie.

Dat jy selfs uitkreet:
                    Ag iemand – sê tog vir my: Dit is nie waar nie!

Maar helaas, dit is feite

Stukkend, opstandig vra jy:
          Waarom moes dit met my gebeur?
          Daar is so baie ander – hoekom het die Here my gekies?


Dit is moeilik om hierdie vraag te beantwoord…
Want wanneer jy hierdie vraag vra…
                              is jy nie instaat tot logiese denke oor die saak nie.

Want jy soek troos, gemoedsrus
eintlik soek jy iemand om die verlore lewe weer terug te roep.
          Maak hom/haar tog net weer lewendig!

·       Is die tyd van “onderhandeling”

o   As ek groter bydrae gee – kan my kind leef..?

o   As ek vrede maak met my vyande – kan my vrou leef?

o   As ek meer kerk toe gaan – laat my pa leef..?

En dit kan tog nie… die dood is finaal (hier op aarde).

Die realiteit is:

Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras.
soos die van ‘n veldblom wat oopgaan:
as die woestynwind daaroor waai, is dit weg
en sy plek vir altyd leeg.             
(Ps 103:15,16)

(Sien databord voorbeelde: Namaqualand blommeprag en 1 maand later…)

Leeg, ja leeg…
Want niks en niemand vat daardie afgestorwene se plek nie

Dawid sê in 1 Sam 20:3
          Daar is maar net een tree tussen my en die dood

Jy sien dit in die lewe van ander…
                    maar weier om dit in jou eie lewe te aanvaar.

Luister mooi:
In alle liefde gevra:
          Waarom sal dit nie met jou gebeur nie?
          Waarom net met jou buurman of ‘n vreemdeling?

Die dood raak ons amal (oud, jong, siek, gesond)…
Soms onverwags – soos nou met tant Lenie se dood.
Dikwels met ruim waarskuwing: Gawie en Marie se seun se dood…

Dit is lewenswysheid om van hierdie waarheid kennis te neem
en jou daarmee te versoen.
Dit is die pad wat alle mense op aarde stap.

Maar weet u, dit is nie die einde nie…
Lees net die volgende vers in die Psalm
          Maar onverganklik is die liefde van die Here vir die wat Hom dien,
          sy trou aan die opeenvolgende geslagte,
          vir dié wat getrou bly aan sy verbond en sy voorskrifte nakom.


Al lyk die lewe hier op aarde so verganklik,
al word alles hier op aarde weer stof..,
God se liefde vir jou sy kind, is onverganklik.

Hy bewys dit juis deur die dood heen.
Sy Seun, Jesus Christus kom sterf die aaklige kruisdood
in die fleur van sy aardse lewe
          om jou en my sondeskuld op Hom te neem.

Jy het jou lief…
Hy het jou bitterlief…
Hy het jou so lief dat Hy in jou plek sterf…
                                                  om jou van jou sonde te verlos.

Hoe en in watter mate?

Kyk wat leer vers 9-12

Hy sal ons sonde nie bly toereken
en nie vir ewig toornig bly nie


Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie,
vergeld ons nie volgens ons ongeregtigheide nie.
Want so groot as die afstand tussen die hemel en die aarde is,
so groot is sy liefde vir die wat Hom dien.


·       Toepassing (hoe groot is die afstand… Waar is die hemel, waar eindig dit?  Is dit bo die wolke, bo die sterrehemel, bo die sonnestelsel, bo die skepping?  dit is grote van God se liefde vir jou)

So ver as die ooste van die weste af is,
so ver verwyder hy ons oortredinge van ons.


Hoe ver verwyder Hy jou sonde van jou?

So ver dat die twee noit weer bymekaar uitkom nie.
So ver – dat jou sonde voor God nie meer bestaan nie.

Maar dit is nie al nie…
God gaan verder…
Hy verander die karakter van die dood.
          Want Hy staan op uit die dood
          Hy breek die krag van die dood.

Die dood is nie nou meer ‘n doodspan nie maar ‘n lewenspad.
Die dood is nie meer ‘n donkergat waain alle lewe verdwyn nie,
maar dit is die ingang na die helder ligstrale van die Nuwe hemel en aarde.

Vir jou geliefde wat gesterf het en ook vir jou,
is die dood nie meer ‘n donker, eensame, totale verlatenheid nie.

Die Heilige Gees loop saam met jou, gelowige.

Dit is nie vir Hom ‘n niemandsland nie.
God se heerskappy strek tot in en deur die dood.
Ook daar beskerm, bewaar en begelei Hy jou, sy kind.

Hou dit in gedagte...

Ek sluit af

Jy vertrou God met jou lewe, nie waar nie..?
Waarom sal jy Hom dan nie ook met jou dood vertrou nie..?

Dink mooi daaroor…

Wat moet jou reaksie op hierdie dinge wees?

Kyk na die Psalm

Dit begin met:

Ek wil die Here loof met alles wat in my is,
ek wil sy heilige Naam loof.
Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.


En dit eindig met:

Loof die Here, magtige engele wat sy opdragte uitvoer,
sy bevele gehoorsaam.
Loof die Here, alle hemelwesens
wat Hom dien en sy wil doen!
Almal wat deur Hom geskep is, loof die Here
op al die plekke waar Hy heers!


Ek wil die Here loof!

‘n Loflied – Loof die Here!
Jy moet jubel, juig en spring!
Opgewonde alles en almal oproep om saam met jou die Here te loof,
want Hy het jou so lief…

En daar is geen einde aan Sy liefde vir jou nie,.

Amen



(Lees nagmaalsformulier)



 


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™