
Lees uit: 1 Pet. 5:1-4
Ons leef in ‘n tyd waarin die bestaan en die koers van die kerk al hoe meer krities onder die soeklig kom en bevraagteken word. Belangrik dat jy jouself afvra – waarheen is jy en jou gemeente in die geloof oppad? Wie is die padpredikant wat sê waarheen die kerk moet gaan?
Ons visie hier in Wapadrant lees:
Elkeen saam op God se pad.
Elkeen – elkeen van ons afsonderlik / Amp van die gelowige is NB
Saam – jy is nie op jou eie nie maar ook saam met ander gelowiges. Kerk bestaan uit alle gelowiges/ liggaam van Christus
Op God se pad! - Nie jou pad, my pad, die ds of wie se pad nie… Dit gaan oor God se pad.
Liefde vir God en jou naaste spel verhoudings.
Daarom die vraag:
Is jy lief vir die Here?
Ondersoek jouself gou ‘n paar oomblikke… Wat is die aard van jou liefde vir Hom?
Het jy hom lief omdat Hy is wie Hy is.., òf is jou liefde vir Hom ‘n saketransaksie/ ‘n assuransie? Jy dien en aanbid Hom om gered te word. Jy is lief vir hom sodat Hy vir jou kan sorg en nie eendag in die hel hoef te beland nie. Dat dit maar eintlik net oor jou eie belang/ selfliefde gaan..?
Is jy lief vir Hom omdat Hy jou Here is..?
Spieël jou liefde vir ‘n oomblik in God se liefde vir jou
God het jou so lief dat Hy sy enigste Seun, Jesus Christus gestuur het om in jou plek jou sondeskuld aan die kruis te dra. Jesus sê in Johannes 13:1 Hy het sy eie mense tot die uiterste toe lief gehad.
Staan vir ‘n paar oomblikke voor die kruis op Golgotha. Besef dit is jy wat daar moes hang. Sien en ervaar God se liefde vir jou. Jesus sterf aan die kruis sodat jy vrygespreek kan word. God gee nie net sy geld, of ‘n tiende nie. Hy kyk nie op ‘n sondag wat is daar vandag in sy beursie beskikbaar nie. Hy gee homself. Hy gee alles!
Dit is liefde…
Hierdie liefde van God vir jou, moet deur jou na ander vloei. Hulle moet God se liefde in jou raaksien, beleef en ervaar. ‘n Eienskap van die kerk – wat sigbaar in die wêreld moet wees, iets hemels, iets Goddeliks. Liefde vir God, liefde vir jou medemens, liefde vir die kosmos (skepping).
Die Here gee leiers aan die kerk wat hierdie leefwyse moet navors, bestudeer en as voorbeeld leef. Leiers in die kerk is die ouderlinge (wat die predikante insluit) en die diakens.
Kom ons lees 1 Petrus 5:1-4
1 As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan:
2 Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid;
3 ook nie deur baas te speel oor die wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur ‘n voorbeeld vir die kudde te wees.
4 En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.
Daar word 2 woorde in die Nuwe Testament gebruik om ouderlinge mee aan te dui naamlik Episkopos en Presbuteros.
Episkopos dui letterlik op ‘n Opsiener “overseer”
Presbuteros dui op ervaring of oudste
Die terme word afwisselend gebruik (Fil 1:1; 1Tim3:1; 1 Tim 5:17; Titus 1:5).
Die Griekse woord wat met “regeer” (prohistemi) vertaal word beteken om “voor te staan”. Daar word in Hebreers 13:7,17,24 ‘n ander griekse woord (hegeomai) gebruik wat as voorganger vertaal word. Die twee woorde word afwisselend as sinonieme gebruik.
Louw & Nida (36.1) verklaar
“‘n Voorganger”- om ander so te beïnvloed dat hulle ‘n aanbevole roete volg, ook om te gids en te lei.
Kittel: om ander met pastorale bewoënheid te lei met die klem nie op die rang of posisie van die leier nie maar op die inset wat die persoon maak vir die ewige saligheid van die gelowiges.
Dit gaan dus nie vir die ouderling oor die rang of posisie wat hy beklee nie. Dit gaan oor die funksie wat hy verrig naamlik om in liefde (pastorale bewoënheid mense so te beïnvloed dat hulle ‘n aanbevole roete volg met die oog op hul ewige saligheid.
Hoe moet dit plaasvind?
Kyk ons skrifgedeelte: 1 Petrus 1:1-4
As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus
en deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar...
dring ek by die ouderlinge daarop aan:
Hou toesig nie uit dwang nie
maar gewilliglik
nie om eie gewin nie
maar uit toegewydheid
nie deur baas te speel nie
maar deur voorbeeld
Die toesig van ‘n ouderling hou in
om gewilliglik, toegewyd ‘n voorbeeld vir die gemeente te wees.
Ouderlinge moet die pad van Jesus Christus aanwys
Voor – beeld
Voor betekend jy moet voor wees, eerste wees om God te gehoorsaam.
Jy moet nie wag totdat iemand anders in die groep reageer of die voortou neem nie.
Jy moet aandui: DAAR IS DIE PAD!
DIT IS WAT GOD VAN ONS VERWAG
Terwyl jy voorstap moet jy ook beeld wees – van Jesus Christus.
Ambassadeur wees, Voorbeeld wees van van ‘n koninkryksburger.
Rolmodel van gehoorsaamheid aan God
Dit is die ouderling se taak om hom/haarself uit die woord van God te skool en dit te moduleer.
Die Bybel ken maar een regeer ouderling wat Baas of Heer is
– Jesus Christus.
Amen