Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Die Lam is die Lamp - Dr Jaco Kruger

6/5/2013

 

Luister Preek

openbaring_21_-_die_lam_is_die_lamp.pdf
File Size: 219 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20130505.mp3
File Size: 5870 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
LEES:             OPENBARING 21:9-22:5
Die Lam is die lamp
Watter lewe vir die kinders wat vandag gedoop word?
Drie kindertjies word vanoggend hier by ons gedoop.  In watter soort wêreld gaan hulle grootword?  Wat is die omstandighede waarmee hierdie drie, wat nou nog so klein is, verder in hulle lewe te doen gaan kry?  Soms is ʼn mens maar geneig om jou hart vas te hou as jy dink oor die wêreld waarin jou kinders en kleinkinders gaan moet lewe.  Sal hulle ʼn goeie opvoeding en opleiding kan kry?  Watter soort werk – of werke – sal hulle moet doen?  Almal van ons is maar al te bewus daarvan dat daar baie mense in die ry staan wat gaan probeer om elke geleentheid wat oopgaan aan te gryp.  Jy is een tussen baie.  En dan is dit verder nog so dat elke geleentheid ook nie oop is vir almal nie.  Sommige mense kan by voorbaat nie eers probeer om ʼn geleentheid te benut nie, want hulle “kwalifiseer” nie.

Is die mees realistiese lewensuitkyk in vandag se lewe nie dan maar om te besef dat alles wat belangrik is, ook skaars is nie?  En daarom is ʼn mens per definisie van die begin af in kompetisie met alle ander mense vir skaars geleenthede.  En daarom is dit noodwendig so dat sekeres uitgesluit moet word, sodat die ander genoeg kan hê.  “Daar is nie genoeg in ons wêreld nie, so ons moet baklei vir wat daar is.”  Die sterkstes hou wat hulle het en sorg dat hulle kinders sterk word, sodat hulle op hulle beurt kan hou wat hulle het.  En die wat uitgesluit is? – jammer vir hulle.  Is dit die wêreld waarin hierdie kindertjies wat vanoggend gedoop word gaan grootword?  Is dit die waardes wat ons aan hulle moet leer?  Is dit die wêreld waaronder jy dalk op hierdie stadium swaarkry, broer en suster?  Is jy uitgesluit uit die bevoorregte sirkels uit?  Jy bly agter en almal gaan maar net aan.  Jy sit eenkant in jou swaarkry of jou hartseer.  Waar is die blink geleenthede dan nou?

2.         In die lig van Paasfees word ʼn ander wêreld sigbaar

Kom staan vanoggend saam met Johannes op ʼn hoë berg, en sien ʼn ander werklikheid raak.  In hierdie tyd is ons besig om te dink oor die betekenis van Paasfees wat ons ʼn rukkie terug gevier het.  En dit is juis in die lig van Paasfees dat ons ʼn ander wêreld móét raaksien, en in die lig van Paasfees dat ons self anders kán lewe en ons kinders anders kán grootmaak.  Johannes sien hierdie ander leefwêreld in die vorm van ʼn wonderlike stad.  Hoe lyk die stad?  Wat beteken dit vir ons?  Daar is soveel simboliek, want dit is mos die manier waarop die boek Openbaring geskryf is, maar kom ons sien net so paar goed raak.

In die eerste plek is die stad groot.  Twaalf duisend by twaalfduisend by twaalfduisend kilometer!  Dis natuurlik nie bedoel om letterlik op te neem nie.  Wat hierdie afmetings vir ons wil gee is ʼn idee van volheid.  Twaalf, simbool van die Here se mense, simbool vir die kerk, maar dan gemaal met ʼn duisend.  Dit beteken hierdie twaalf word oneindig uitgebrei.  Daar is nie einde aan nie.  En die volheid word ook uitgebrei in die tyd.  Die dag is nie meer beperk nie, want daar is nie meer nag nie.  Daar is nét dag.  En die boom van die lewe wat in die middel van die stad staan dra twaalf keer per jaar vrugte.  Met ander woorde dit is ʼn lewe van oorvloed.  Daar is nie skaarste nie.  Dis ʼn lewe van volheid – genoeg vir almal.

En daarmee saam is dit ook vir almal bedoel!  Kyk mooi: die stad se poorte word nooit gesluit nie.  Dit is oop na die ooste die weste die noorde en die suide.  Niemand op aarde word uitgesluit omdat hulle nie kwalifiseer nie.  Omdat hulle nie die regte velkleur is of taal praat, omdat hulle nie ryk genoeg is om ʼn toegangskaartjie te kan bekostig, of die regte konneksies vanuit hulle Old Boys klub het nie.  Die poorte is oop en almal bring hulle eie uniekheid na die stad toe.  Die enigste voorwaarde is dat almal rein moet wees in die bloed van die Lam, of soos dit hier staan, dat jou naam in die boek van die Lam moet staan.  In die Ou Testament is ʼn lam geslag waardeur mense se verhouding met God reg gemaak is.  ʼn Gesin het hulle skaaplam of boklam na die heiligdom gebring, die priester het die lam geslag, en dan van die bloed op die mense gesprinkel.  Dan was hulle rein gewees.  En dit is hoe ons Jesus Christus se lewe en werk moet verstaan.  Hy is die Lam wat sy lewe vir ons gegee het tot in die dood toe.  Hy is geslag, en sy bloed maak ons rein.  Maar die punt is, die bloed van die Lam is vir almal bedoel.  Niemand is by voorbaat uitgesluit nie.  Die Lam van God is ook die Woord van God.  Hy is die Een deur wie God alles gemaak het.  Daarom wil Hy hê dat almal, alle mense, wie jy ook al is, gereinig word en deel sal wees van die groot menigte wat jou lewe na die stad van God toe bring.

En dit is uiteindelik die belangrikste: hierdie stad het ʼn middelpunt.  Dit is God self, en Jesus Christus, die Lam wat geslag is.  God self is in hierdie stad.  God gee die stad (onthou soos ʼn pa sy dogter as bruid in die paadjie af lei, so kom die stad Jerusalem op aarde aan.)  Omdat God self in die stad is daarom is dit heilig, daarom is die oorvloed daar, daarom skitter die stad so.  Omdat Jesus Christus, die Lam wat geslag is, die lamp is, daarom is daar nie meer donkerte nie.  God self is die lewe en die oorvloed en die vrede waaruit almal kan lewe.

3.         In wie se lig lewe jy?

Die wêreld wat ons in die lig van Paasfees begin sien is ʼn wêreld van oorvloed, van insluiting, van mense wat in gemeenskap met God en gemeenskap met mekaar lewe.  Is dit eers vir eendag – iewers “aan die einde van die tyd?”  Nee, broers en susters, dit is vir nou!  Omdat Jesus Christus God is wat ware mens is, omdat hy ʼn volkome menslike lewe gelei het, getrou aan God tot in die dood, en omdat Hy opgestaan het uit die dood, is hierdie werklikheid vir ons wêreld hier en nou bedoel.  Daar is nie wegkomkans of wanhoopkans in ʼn gedagte dat hierdie wêreld eers vir eendag bedoel is nie.  Dit is vir nou!  Die kerk is nou reeds die bruid van Christus, ons klere is nou reeds gewas in die bloed van die lam.  En daarom moet ons nou reeds hierdie lewe van volheid en van insluiting en van gemeenskap lewe.  Met poorte wat oop is na die noorde en die suide, die ooste en die weste.

Drie kindertjies is vanoggend gedoop.  Dit beteken dat die Here vir hulle welkom sê in die stad van God.  As watter soort mense gaan hulle, en al die ander kinders, en onsself gevorm word in hierdie stad?  Aan watter soort waardes hou ons vas, en wat is die waardes wat ons vir ons kinders aanleer?  Is dit dalk die waardes van skaarste, kompetisie en uitsluiting?  Onthou: ʼn mens is soos wat ʼn mens doen.  En al sê ons wat vir ons kinders, maar ons doen skaarste, en ons doen kompetisie en ons doen uitsluiting, dan is dit die soort mense wat hulle gevorm word om te wees. 

Die volheid is nog nie volkome hier nie, maar die bruid van Christus – die stad van God – is in beginsel klaar hier.  Hoe kan ons in hierdie wêreld ‘n volheidslewe gaan lewe, nie ‘n skaarsheidlewe nie?  Hoe kan ons insluitend en samewerkend gaan lewe, nie uitsluitend nie.  Hoe kan ons nou reeds in gemeenskap met God lewe en nou reeds as ʼn heilige gemeenskap lewe wat ook die diere en die plante en die hele skepping insluit?  Dit is waaroor die kerk gaan!  Dit is waartoe die Here aan ons sy Gees gee.  Dit is waarom die skaduwees en die donkerte en die swaar wat jy dalk nou in jou lewe voel nie ondeurdringbaar is nie.  Die Paasfees lig skyn klaar.  In die lig van Paasfees is ʼn nuwe wêreld die grootste werklikheid.  Kom ons gaan leef so.  Kom ons maak ons kinders in die eerste plek as inwoners van hierdie stad groot.

AMEN

Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™