
lukas_8_die_slapendes.docx |
1. Ken jy Jesus Christus dalk té goed?
Dink jy jy ken vir Jesus Christus? Wel, dink weer! Dink weer mooi voor jy antwoord. Miskien ken jy Jesus Christus dalk té goed.
Wat ek daarmee bedoel is dit kan dalk net wees dat ek en jy so gewoond geraak het aan Jesus dat ons dink ons ken hom, maar dat die eintlike wonderlikheid van sy aanwesigheid op ‘n manier by ons verbygaan.