
johannes_10_-_die_wysheid_van_n_skaap.docx |
Die wysheid van ʼn skaap...
1. Om ʼn skaap genoem te word
Om in ons wêreld ʼn skaap genoem te word is nogal nie ʼn kompliment nie, né. “Jy’s ʼn skaap, man!” “Jy’s ʼn regte skaapkop!” Ek weet nie van julle nie, maar as iemand my ʼn skaap noem, dan voel ek nogal beledig. En die belediging lê daarin dat, wanneer iemand my ʼn skaap noem, ek verstaan hy of sy bedoel ek is dom en onnosel. In ons kultuur assosieer ons ʼn skaap mos met domheid.