Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Josef se verlowingsverassing - Dr Wilhelm Leuschner 

23/12/2012

 

Luister Preek

Laai teks af

20121223_josef_se_verlowingsverrassing.pdf
File Size: 147 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20121223.mp3
File Size: 9696 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
JOU SKANDE IS WEG! VAT JOU SKANDE SOOS ’N MAN!

Kersfees is die fees van skandale! As daardie eerste Kersfees vandag sou moes plaasvind, sou ons nie daarvan in Beeld gelees het nie... Dit sou in die Huisgenoot of People Magazine gewees het! Waarom het ons van Kersfees ’n mooi, skoon nuusgebeurtenis gemaak? Verloor ons nie die betekenis van Kersfees omdat ons die skandaal – of liewer skandale, want daar is ’n klomp! – daar uitgehaal het nie?!

Hoor hier - Matteus 1:18-21:

18Dit is hoe Jesus gebore is: Maria, sy ma, was verloof aan Josef.


Hier moet ons eers bietjie verduidelik, want ’n verlowing in daardie tyd was anders as ’n verlowing vandag. Verlowing in die Bybelse tyd was baie meer bindend as in vandag se tyd. Om verloof te word, moes jy dit voor 2 getuies doen, die bruid en bruidegom moes instem en die bruidegom moes ’n wettige bindende verklaring aflê dat hy met die bruid gaan trou. Na die verlowing is die twee as aan mekaar verbind beskou. Indien jy verloof was en daarna toenadering soek tot iemand anders, is jy as egbreker beskou en kon jy gestenig word! In Galilea, waar Josef en Maria gewoon het, was dit nie maklik om verloof te wees nie -  die verlowing het gewoonlik vir ’n jaar aangehou en in hierdie jaar mag die man en meisie geen tyd alleen met mekaar spandeer nie... Hulle mag net bymekaar gewees het as daar ander mense by was, net om seker te maak...

Verlowing was so ernstig, dat as die man doodgegaan het voor die troue, is die meisie as ’n weduwee gesien en hanteer!

Laaste gedagte oor verlowing: die meisies was gewoonlik tussen 12 en 14 en die mans tussen 18 en 20, so as ons aan Josef en Maria dink, moet ons dink aan ’n matriekseun en ’n graad 7 dogter...

Kom ons lees verder...

Nog voor hulle getroud is en hulle intiem verkeer het, het dit geblyk dat sy verwagtend was. Die Heilige Gees het die baba in haar verwek. 19Josef, haar verloofde, was in ’n dilemma. Aan die een kant was hy ’n wetsgehoorsame man; aan die ander kant wou hy haar die openbare skande spaar. Daarom het hy hom voorgeneem om die verlowing privaat te verbreek.


Skande!!!! Die verloofde vrou is swanger en almal weet dat Josef nie die pa is nie – hulle het dan geen alleen tyd spandeer nie... Wat nou? Wel, Josef was ’n wetsgehoorsame man, hy was ’n goeie Jood wat doen wat die wet sê. En wat sê die wet? Deuteronomium 22 – die man en die meisie moet met klippe doodgegooi word! Hulle het egbreuk gepleeg! As wetsgehoorsame man moes Josef vir Maria oorlewer sodat sy met klippe doodgegooi kon word... Sy en die pa van die kind...

Nog skande!!! Maria sê die pa van die kind is God self! Dink jou vir ’n oomblik in dat ’n graad 7 dogter vandag swanger word en sê dat God die Pa is... Huisgenoot! People Magazine!

Wat sal die kerk sê? Tug! Straf! Onaanvaarbaar! Leuenaar! Godslasteraar...

Dink nou aan die Jode van Josef se tyd... Hulle het vir Jesus gekruisig vir godslastering!

Markus 14:63-64:

Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: “Waarvoor het ons nog getuies nodig? 64 Julle het die godslastering gehoor. Hoe lyk dit vir julle?” Hulle het Hom eenparig veroordeel: “Hy verdien die dood!”


Johannes 10:33:

“Dis nie oor ’n goeie daad dat ons jou wil stenig nie,” antwoord die Jode Hom, “maar oor godslastering, omdat jy, wat ’n gewone mens is, jou as God voordoen.”


Wat sou hulle aan Maria doen? Sy sê God is die Pa van haar kind! Dit beteken:

1.     God het met haar gemeenskap gehad

2.     God pleeg egbreuk

3.     God is nie in die tempel nie

4.     God doen sonde!

As sy nie vir egbreuk doodgemaak moet word, moet sy verseker vir godslastering doodgemaak word!!!

Maar wat doen Josef? Wat doen die wetsgehoorsame man? Doen hy wat die wet sê? Nee!!! Hy probeer om vir Maria van skande te spaar! Nie homself nie, nie sy skande nie – Maria s’n! Hy probeer haar genadig wees! Kom ons breek stil-stil die verlowing... Dan is jy nie ’n egbreker nie! Josef doen nie wat die wet sê nie, omdat hy die beste wil hê vir Maria!!!

Wat toe?

20Met hierdie dinge in gedagte het hy aan die slaap geraak. Daarop verskyn ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie. Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees. 21Sy sal aan ’n Seun geboorte gee, en jy moet Hom Jesus* noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes red.”

22Dit alles het gebeur om die Here se boodskap deur die profeet te laat uitkom: (Jesaja 7:14)

23“Die maagd sal swanger word! Sy sal aan ’n Seun geboorte gee. En die mense sal Hom Immanuel noem.”* (Hierdie naam beteken: God is by ons.)

24Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het. Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem, 25maar hy het nie by haar geslaap totdat haar Seun gebore is nie. En hy het Hom Jesus genoem.


’n Mens wonder dadelik waarom die engel nie vroeër gekom het nie! Waarom het die engel nie vir Josef kom sê voordat Maria dit vir hom kom sê het nie? Waarom moes hy eers by Maria hoor en worstel met wa om te maak voordat die Here vir hom die antwoord kom gee het?

Wel, 2 redes:

1.     Die Here wil Josef se karakter wys, want dit is sy getuienis

2.     Die Here wil Josef se karakter laat groei, want hy gaan dit nodig hê in die jare wat kom

(En is dit nie wat die Here vandag nog met ons doen nie?)

Weer kom Josef se karakter na vore – hy luister DADELIK vir die Here! Hy trou met Maria, nog voor die jaar om is! Weer steur hy hom nie aan die wet nie, maar doen wat vir Maria die beste is. Want nou kan sy maar swanger raak – sy is immers getroud! Nou is die skande op hom – hy kon nie ’n jaar wag nie, hy het nie die reëls gehoorsaam nie, hy het nie gedoen wat die wêreld van hom verwag het nie, hy het oortree. Josef word die skande ter wille van Maria!

En tog lees ons ’n baie interessante sinnetjie – “hy het nie by haar geslaap totdat haar Seun gebore is nie.” Hoekom nie – sy is tog sy vrou? En hoekom staan dit daar, hoekom staan dit in die Bybel?

Omdat Josef sy vrou en God eer! Omdat Josef respek het vir wat God besig is om te doen! Sodat daar geen onduidelikheid kan wees oor wie Jesus se regte Pa is nie! Sodat die wêreld kan weet dat Jesus Immanuel is, God met ons.

Oor 2 dae is dit Kersfees, die fees van skande!

’n Verloofde meisie word swanger – skande!

Die pa is nie haar verloofde nie – skande!

Sy beweer God self is die pa – skande met hoofletters!!!

Maar Kersfees is ook die fees van genade, van ’n pa wat die skande wegneem, van ’n pa wat die skande op hom neem.

Kersfees is die fees van ’n pa wat nie doen wat die wet sê nie, wat nie straf volgens verdienste nie, maar wat uit genade en liefde optree.

Kersfees is die fees van iemand wat die Kind van Kersfees aanvaar met alles wat dit beteken:

·        ’n Lewe wat so anders is wat as beplan

·        Verwerping

·        Skande

Hoe voel jy oor Kersfees? Wat beteken Kersfees vir jou?

2 dinge:

1.     Kersfees beteken vir my dat God my skande wegneem. Ja, volgens die wet verdien ek om doodgemaak te word! Ek is vol sonde! Ek verdien skande en verwerping en straf! Maar God neem dit op Hom, Jesus neem dit op Hom! Hy word gespot en geslaan en verwerp. Hy word skande aan ’n kruis. Hy gaan dood in my plek. Ek is vry!

2.     Maar Kersfees beteken ook vir my dat my lewe anders is, anders is as wat die wêreld leer ’n ideale lewe is. Kersfees beteken vir my dat die Kind van Kersfees my lewe kom omkeer, dat my lewe aan Hom verbind is met alles wat dit beteken. Dat ek my gemak en my planne en my status en my gerief opoffer vir Hom. Dat ek verwerping en skande en harde werk en verandering en onvoorspelbaarheid omhels ter wille van die Seun.

Of doen ek dit? Gebeur dit nog soms dat ek eerder die Seun opoffer, om my skande en verwerping en ongerief te spaar.

Josef het nie gedoen wat vir die wêreld reg is nie, hy het gedoen wat vir God reg is, omdat God gedoen het, wat vir Josef reg was. Mag ons dit ook doen op Kersdag en elke dag van ons lewe!

AMEN.


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™