Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
  • Oor Ons
    • Predikante
    • Personeel
    • Fasiliteite
  • Publikasies
    • GPS
    • Maand-Krant
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus
    • Geestelike Paaie
    • FOTO ALBUMS
  • Kaart / Map
  • Kontak Ons
  • Preke
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • NUUS BLAD
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE NPC >
        • Sunrise: SAPS Jobseeker support centre
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: Ligprojek by Woodlane Village
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • KRUIK >
        • Nuus - Kruis Kulturele Bediening ( KRUIK )
      • TOPIA
      • ANDER >
        • Neem en Deel Projek
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Nuwe Bedieninge (Nog in beplanning)
  • Meer...
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Op die Kerkraad tafel
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Wapadrant Nuus
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek
    • Wapadrant Praat Saam

EERSTE DINGE EERSTE... Wilhelm Leuschner

1/7/2012

 
Luister preek
Laai preek af
20120701.mp3
File Size: 4956 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
Ek het R50 in my hand. Die eerste persoon wat na vore kom kan dit kry.....

[Onthou julle nog die ou R50 noot.... met Van Riebeeck.

Hier is die nuwe een met Mandela]

Hoekom het jy nie na vore gekom nie?

  • Posisie: ek was te ver of in die middel van die ry

  • Bekwaamheid: ek is nie vinnig genoeg nie

  • Wantroue: iewers is daar ’n slang in die gras....

  • Selfbeeld: ek is skaam om voor mense op te tree



Motivering: R50 is nie die moeite werd nie... As ek kan kies of ek gaan hardloop vir R50... Nee wat. R50 gaan niks verander nie. 

Hoekom het een/ ’n paar wel:

·        Vertroue: Wilhelm sal doen wat hy belowe

·        Bekwaamheid: is vinnig genoeg

·        Posisie: sit voor of aan die kant

Weet julle, gebed werk dieselfde! God nooi ons om permanent met Hom in gesprek te wees! Meer nog, Hy nooi ons om in sy rykdomme te deel. Daarvoor is 3 dinge nodig:

·        Vertroue: Ek moet glo dat God wil en kan

·        Bekwaamheid: Ek moet aanvaar dat ek goed genoeg is om by God uit te kom

·        Posisie: Ek moet aanvaar dat ek in die regte posisie is omdat Jesus Christus en die Heilige Gees IN my leef.

Geld dit van jou?

Ongelukkig het ons met gebed baie keer dieselfde hindernisse wat ons gehad het met die R50.

·        Posisie: ek dink ek is te ver van die Here af, ek kan nie bid nie. EK is te sleg, ek doen te veel verkeerd. Die mense wat naby die Here is moet maar eerder gaan... Hey, God woon IN jou – hoe naby wil jy wees??!!!

·        Bekwaamheid: ek dink ek is nie goed genoeg nie, ek het nie die gawes nie – daarom moet die dominee maar bid {Vandag nog mense wat die dominee inroep om namens hulle te bid!!! Sal jy iemand inroep om namens jou jou verhouding met jou ou of meisie of man of vrou te hanteer?}

·        Wantroue: ek is nie heeltemal seker dat die Here regtig kan nie. Daarom bid ek maar rympies en sê ek goed wat ek nie regtig oor dink nie en ook nie regtig glo dat dit kan gebeur nie...

·        Selfbeeld: ek is skaam oor myself, daarom kan ek nie voor mense bid nie en bid ek nie vir mense nie en verkies ek dit om liewer anoniem weg te kruip in die geloofswêreld.

·        Motivering: ek bid maar omdat ek moet, maar as ek kan kies – liewer nie. Watse verskil maak dit in elk geval.

Maar dis nie wat die Here vir ons sê nie! Luister na 1 Timoteus 2:1-8:

Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, 2 vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.

3 So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus 6 wat Homself as ’n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.

7 Met die oog hierop is ek aangestel as prediker en apostel, as ’n leraar om die heidennasies te onderrig in die boodskap van die geloof en die waarheid. Ek praat die waarheid, ek lieg nie. 8 Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met ’n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis.


Kom ons lees weer 1 Timoteus 2:1, 2:

Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met

1.      smeking,

2.      voorbidding en

3.      danksegging

gebid moet word vir alle mense, 2 vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.


Hoor jy – hierdie is nie sommer ’n ‘nice to have’ nie: “EK DRING DAAROP AAN”, dit MOET gebeur. En wat is dit wat MOET gebeur? Dat ons IN DIE EERSTE PLEK vir mense bid! God wil hê dat ons IN DIE EERSTE PLEK vir mense moet bid. So baie keer is ons gebede eerste vir onsself... Maar in gebed lê daar groot krag. Daarom moet ons vir ander mense bid. En dit moet VERAL in die eredienste gebeur – daarom dat Paulus in vers 8 skryf:

8 Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met ’n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis.


Nou sal ’n paar van ons dadelik vra:

·        Hoekom net die mans?

·        Hoekom met hande in die lug?

Die antwoorde is eintlik eenvoudig, maar tog veelseggend:

·        Dis die mans omdat net die mans in daardie tyd aan die eredienste deelgeneem het. Die veelseggende is dat dit nie die ouderlinge of predikante of diakens is wat moet bid nie, maar die “mans”, oftewel, ALMAL wat aan die erediens deelneem. Vir Wapadrant is 2012 sou Paulus dus skryf: “Ek wil dus hê dat almal in die erediens bid...” Gebed is nie iets wat namens jou gedoen word nie...

·        Die rede vir die hande ophef is net so eenvoudig en net so veelseggend. In die tyd wat Paulus skryf was dit algemene samelewingspraktyk om met jou hande in die lug te aanbid – in daardie tyd het die Jode Jode, die Griekse godsdienste en die Romeine godsdienste dit gedoen. Dit is só veelseggend want dit sê vir ons dat die manier waarop ons dit doen, nie vreemd en weird moet wees nie, maar moet wees soos die wêreld waarin ons leef.

Die klem is nie die mans of die hande in die lug nie – vir die mense van daardie tyd sou dit algemeen gewees het. Die klem vir Paulus is dat mense moet bid VRY VAN ONMIN EN TWIS! Ek kan nie bid as my hart vol onmin en twis is nie. Vir my om in gebed tot God te nader moet ek dit deur die Heilige Gees in my doen en as ek vol is van die Heilige Gees, dan is daar nie onmin en twis in my lewe nie! Dan is my lewe vol van die vrug van die Heilige Gees – liefde, vrede, vriendelikheid, geduld, goedhartigheid.

Johannes 13:35: “Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.”


Gebed kom uit die hart uit – hoe lyk my en jou hart vanoggend? Wat is daar wat ek van ontslae moet raak voor ek nou kan bid? Kom ons doen dit nou...

[1 minuut stilte]

As ons vry is van onmin en twis, dan kan ons bid. En dan bid ons in die eerste plek vir ANDER mense, veral vir dié wat regeer. Wat is die inhoud van daardie gebed?

·        Smeking: waar ek die Here vra, omdat ek Hom vertrou

·        Voorbidding: waar ek vir ander bid, omdat liefde vir mekaar dié eienskap van ’n gelowige is.

·        Danksegging: omdat my hele lewe kom uit die rykdomme van God. Ek is niks, ek het niks as God dit nie vir my gee nie!

Wanneer ons vandag vir Daniël en Lara doop, sê ons daardeur dat hulle deel is van God se kerk, God se liggaam. Meer nog, ons sê dat hulle deel is van ons. As getuie van die doop sê ek en jy dat ons ook verantwoordelikheid vir hulle gaan neem en dat hulle verantwoordelikheid vir my en jou neem. Hoe gaan ek en jy dit doen? Kyk rondom jou – jy is verantwoordelik vir hierdie mense! Hoe gaan jy dit doen as jy dit nie met en deur God doen nie? Hoe gaan jy vir hulle sorg as jy dit nie met God se R50 doen nie? Hoe gaan ek en jy vir mekaar lief wees as ons nie vir mekaar bid nie!

Kom ons doen dit nou!

Amen.


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™