Liuster Preek

genesis_37_-_ek_soek_na_my_broers.docx |
1. Gestuur deur sy pa Josef en sy broers het vreemdelinge vir mekaar geword. Kinders van dieselfde pa; deel van dieselfde huishouding, maar tog vreemdelinge vir mekaar. Hoe baie keer gebeur dit nie in die lewe nie, né? Ek is seker elkeen van ons ken dit uit ons eie ervaring. Daar is mense wat naby aan jou is – jou familie, huismense, vriende. En dan dryf julle uit mekaar uit. Óf geleidelik oor tyd, óf skielik as gevolg van een of ander bakleiery, of misverstand of botsing...