
17-04-30_johannes_20_-_vryheidsdag_en_werkersdag.docx |
DEEL 1: ONS HET VREDE....
Dink jou in hierdie situasie in. Dis Sondagaand. Jesus is Vrydag gekruisig. Die 11 dissipels kruip weg – hulle is BANG!
Jesus en sy dissipels is deur die Jode as moeilikheidmakers gesien en nou is Jesus doodgemaak. Wat gaan die Jode met die dissipels doen‽ Almal weet wie hulle is, dis nie asof hulle in die geheim opgetree het nie.
Gestel jy is deel van ’n bende van 12, ’n bende wat die owerheid van probeer ontslae raak, ’n bende waar al die mense presies weet wie julle 12 is – en nou is julle leier gevang en doodgemaak! Wat dink jy gaan met jou gebeur? Wat dink jy lê vir jou voor?
Dis die dissipels die Sondagaand.