Gaan vertel dit!
1. Sien is glo ... of is dit?
Sien is glo ... of is dit? Is dit nie dalk eerder hoor is glo nie? Het julle opgelet hoe dat ons, in hierdie vertelling in die werklikheid van Jesus opstanding ingelei word – nie net deur wat ons sien nie, maar juis deur wat ons hoor! Hoe werk sien en hoor saam met mekaar wanneer dit oor geloof in Jesus se opstanding gaan? Dink bietjie saam met my hieroor vanoggend.