Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Geskenke van die Here - Dr Rassie Smit

20/6/2013

 

Luister Preek

Laai teks af

20130617_openb2v17.pdf
File Size: 95 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20130616.mp3
File Size: 5080 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
TEKSGEDEELTE:  Openbaring 2:12-17
Inleiding

Een van die dinge wat ‘n mens van kleinsaf baie opgewonde maak, is wanneer jy ‘n geskenk ontvang: op jou verjaarsdag, met Kersfees, by spesiale geleenthede (soos Vadersdag vandag) ensomeer. Dis tog heerlik om ‘n geskenk te ontvang: die opgewonde afwagting, die plesier van die oopmaak, die genoegdoening wanneer jy dit gebruik of sien en diep vreugde daaruit put. Veral wanneer jy weet dat hierdie geskenk diep uit die hart kom van iemand wat regtig vir jou omgee, is dit ekstra spesiaal!

Picture
1.     Besondere geskenke van die Koning van die kerk

Nou lees ons in ons teksgedeelte van 2 besondere en unieke geskenke – wat die Koning van die kerk gee aan sy uitverkorenes. Dit is besondere geskenke: geskenke wat gegee word aan elkeen wat die oorwinning behaal (2:17).

Soos in die ander rapporte wat Christus in hierdie eerste hoofstukke  van Openbaring oor die verskillende gemeentes lewer, het hierdie rapport oor die gemeente van Pergamum positiewe en negatiewe elemente in. Ten spyte van vervolging bly hulle getrou en hou hulle vas aan die geloof in Christus – en daarvoor word hulle aangemoedig. Tog is daar onder hulle diegene wat hulle van die waarheid laat weglei en deurmekaar raak met dinge soos offers aan afgode en onsedelikheid wat daarmee gepaard gaan – en hieroor word hulle vermaan en opgeroep om hulle te bekeer – met die dreigement dat die Koning van die kerk self sal kom om die oordeel uit te voer. Uiteraard is hierin vir ons elkeen ‘n belangrike boodskap in opgesluit, waarna ons vir seker ernstig moet luister!

Maar dan is daar ook die heerlike belofte (2:17):

Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna gee, en daarby sal Ek vir hom ‘n wit steentjie gee met ‘n nuwe naam daarop gegraveer, wat niemand anders ken nie, net hy wat dit kry.

Eerstens gaan dit dus om die oorwinning. Watter oorwinning? Die oorwinning oor die sonde en die bose. Die oorwinning waarvan Paulus dit uit juig in Romeine 8:37:

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet...

 

Dit is die oorwinning wat finaal in die volle sin van die woord werklikheid word wanneer ons lewe op aarde beëindig word. Maar dit is ook natuurlik die oorwinning wat al meer moet sigbaar word in ons lewe van elke dag: wat ons ook al doen – of ons by die werk is, of by die huis, of ons besigheid doen, of ons ontspan, of ons trou, of ons besig is om te werk aan ons huwelike... In alles moet dit al duideliker word dat ons die oorwinning behaal het en elke dag steeds behaal oor die sonde en die bose.

2.     Verborge manne en wit steentjies

Aan elkeen wat die oorwinning behaal – elke dag, meer en meer – word hierdie 2 geskenke gegee: die verborge manna en die wit steentjies.

Wat is die betekenis van die “verborge manna”?

Volgens Joodse tradisie sou die Messias gedurende sy tyd van heerskappy manna stuur vanaf die hemel na die aarde – soos wat die Here dit gedoen het om sy uitverkore volk te versorg terwyl hulle destyds met die woestyntog oppad was na die beloofde land.

[Wys die foto van die manna]

Volgens dieselfde tradisie sou manna later in die toekomstige era die uitsluitlike kos wees van die regverdiges. Jesus verwys hierna (in Joh. 6:22-40) wanneer Hy duidelik maak dat Hyself die ware brood is wat uit die hemel gegee word aan die gelowiges: Hy is die ware Brood van die ewige lewe. Hy is die werklike Manna uit die hemel – wat nuwe, ewige, heerlike lewe gee. En nou sê Hy:

Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek van die verborge manna gee...

Die verborge manna is die manna wat veilig gehou word, wat vir die ongelowiges nie sigbaar is nie – dit is die manna wat lewe gee: ewige lewe – in en deur Jesus Christus. Wat ‘n onbeskryflike geskenk wat Hy ons – die oorwinnaars – gee!

En die 2de geskenk: die wit steentjie met ‘n nuwe naam daarop gegraveer – die naam wat niemand anders ken nie. Oor die betekenis van hierdie wit steentjie is daar verskeie menings.

[Wys die foto van die wit steentjie]

Die meeste geleerdes is dit egter eens dat hierdie wit steentjie te doen het met die gebruik in die Griekse wêreld van daardie tyd om iemand met so ‘n wit steentjie uit te nooi na ‘n bepaalde feesmaal. So ‘n wit steentjie was die bewys dat jy uitgenooi is – dit was as’t ware jou toegangskaartjie om in te gaan by die feesmaal.

In die boek Openbaring word meermale geskryf van die feesmaal van die Lam - die bruilofsmaal van die Lam: die finale viering van die oorwinning oor die sonde en van die ewige heerlikheid wat daardeur bewerk is. Só word die simboliek duidelik: elkeen wat so ‘n wit steentjie ontvang, ontvang daarmee die sekerheid van die ewige heerlikheid wat Christus bewerk het.

‘n Verdere betekenis van die wit steentjie het daarmee te doen dat iemand wat in ‘n hofsaak vrygespreek is, dikwels ‘n wit steentjie ontvang het as bewys, terwyl iemand wat skuldig bevind is, ‘n swart steentjie as bevestiging ontvang het. Die simboliek van vryspraak in en deur Christus word pragtig hiermee versterk.

Die steentjie is wit. Wit is die simbool van reinheid. So het Christus ons rein gewas deur sy bloed. Ons word gereken as gereinig voor God. En by hierdie finale feesmaal word dit werklikheid – in die volle sin van die (W)woord.

En dan is daar ‘n nuwe naam op gegraveer – ‘n naam wat niemand anders ken nie, net hy/sy wat dit kry. Oor hierdie “naam” is daar ook nie heeltemal eenstemmigheid onder geleerdes nie: sommiges reken dat dit verwys na die Naam van Jesus Christus, ons Verlosser. Ander reken dat dit gaan oor die naam van elke uitverkorene wat op sy/haar eie klippie gegraveer staan. In beide gevalle gaan dit daaroor dat die Naam van Christus of die nuwe naam van die nuwe mens nie vir ongelowiges en buitestaanders bekend of verstaanbaar is nie. Die verlossing van Christus, die waarheid van die evangelie is vir hulle aan wie die Gees die geheimenisse van God openbaar maak (skryf Paulus in 1 Kor. 1 en 2). Hoe dit ook al sy, elkeen van ons, as nuwe mense, dra in ‘n sekere sin die Naam van Christus: daarom is dit sekerlik nie verkeerd om te dink dat jou naam saam met dié van Christus op jou steentjie gegraveer is nie.

Maar die heerlike is dit: ook elkeen van ons (wat deur Christus die oorwinning behaal) ontvang hierdie simboliese wit steentjie van die Koning van die kerk. Ook elkeen van ons word vrygespreek en kry ‘n kans om weer voor te begin. Met ope arms word ons uitgenooi en ontvang by die heerlike bruilofsmaal van die Lam: wanneer Hy finaal in alle opsigte een word met sy bruid – sy kerk.

En dit moet ons uitleef: dit is wat moet gestalte kry in ons lewe van elke dag.

Slot

Wat maak jy met hierdie geskenke wat die Koning van die kerk vir jou gee? Die manna en die wit steentjie?

Wys jy dit by jou huis, by die skool, by die werk, by die gimnasium, op die tennisbaan, by die petrolpomp, in die winkelsentrum?

Is dit so dat jy hierdie geskenke nog koester?

Is dit so dat hierdie geskenke elke dag jou lewe vol maak?

Maak seker dat jy altyd hierdie geskenke voor oë het. Wys dit vir almal met wie jy te doen het. Vertel wat dit beteken vir jou lewe. Leef dit uit in alles.

Amen.



Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™