
1. Om te wen
Wat sou hierdie woorde beteken wat Paulus hier sê dat hy mense vir Christus wil wen? Gewoonlik wanneer mens hierdie verse lees, dan dink jy meer daaroor dat Paulus sê hy wil vir die Jode soos ʼn Jood word, vir die swakkes wil hy swak word, vir die sonder die wet wil hy soos hulle word, want mens is nogal geneig om te dink dat hier vir ons een of ander model of beginsel gegee word om na mense wat nie glo nie uit te reik. Maar tog, moet ons nie meer aandag gee aan daardie kort deeltjie wat elke keer aan die einde staan nie: “om hulle te wen”, om hulle oor te wen, om hulle vir Christus te wen. Wat sou dit beteken om vir Christus gewen te word?