Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

God se genade vir jou, moet in jou sigbaar word               Dr Peet Vermeulen

20/8/2013

 

Luister Preek

Laai teks af

20130818_johannes_1-14_genade.pdf
File Size: 319 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20130818.mp3
File Size: 3387 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
TEks: 1 Joh 1:14,16
Besprekingsvraag: Wat is genade?
Wat is genade?
Wanneer is dit wat jy ontvang,  genade?
Eenvoudig gestel: Genade is verniet, pasella, mahala,
alhoewel die waarde daarvan nie in rand en sent beteken kan word nie.
Kom ek probeer verduidelik:
Ons werk met die konsep van ruilhandel.  Ek moet iets gee om te kan ontvang. 
Ek  moet presteer, geld aanbied of iets te verdien.
Dit is nié genade nie.
Genade is nie iets wat jy op een of ander manier kan verdien nie.
Om te sê: “Iemand verdien genade” is ‘n selfweerspreking.

Genade is nie iets wat jy op een of ander manier kan verdien nie.
Om te sê: “Iemand verdien genade” is ‘n selfweerspreking.

Dit is soos om jou eie verassingsvakansie te reel.  Die beplanning en reel van die vakansie haal die verassingselement uit.  Dit is en kan nie meer ‘n verassing wees nie.

Jy kan om genade vra, jy kan daarvoor pleit,
maar die oomblik wat jy dink jy verdien dit, of behoort dit op grond van jou prestasie te ontvang,
is dit nie meer genade nie.

Genade kan NIE VERDIEN word nie.

Hoe dan?

Genade word gebore uit hopelose ongelykheid.
As jy dit sou wou verdien sou jy die ekwivalent daarvan moes vind,
en dit bestaan nie.
Daar is nie ‘n ekwivalent vir genade nie.

Daar is nie iets wat die ekwivalente waarde het
wat jy in ruil sou kon aanbied nie

Dit is nie iets wat met geld gekoop kan word nie
Daarom die hopelose ongelykheid.
Jy het geen meriete daarvoor nie.
Genade is die aanbod van dit wat jy nie verdien nie.

Eers wanneer jy die konsep snap,
dat jy op geen manier genade kan verdien nie,
kan jy genade herken en ontvang vir dit wat dit is.

Hoe lyk genade in sy suiwerste en oorspronklike vorm?

Ons teksvers lees:

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.  Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Joh 1:14).

Johannes wat Jesus se koms moes aankondig roep oor Hom uit:

Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang (Joh 1:16).

God is die oorsprong van genade.
Dit is deel van sy heerlikheid word sigbaar deur sy  genade in Jesus Christus

Jesus kom om as Middelaar vir die mens in te tree.

Want die mens is nie instaat om aan die wet te voldoen nie.
Die wet is ook nie instaat om die mens te red nie.

Sonder Jesus Christus is ek en jy,  gedoem!
Jy kan nie self jou vryspraak bewerk nie.
Jy kan nie punte verdien, of self vir jou sonde betaal nie.

Dit bring ons by die volgende eienskappe van genade:

Genade is wonderlik, verfrissend, bevrydend wanneer jy aan die ontvang kant is.

Ons vier vandag nagmaal, fees, partytjie.

Hoekom?

Jesus het in jou en my plek aan die kruis vir ons sondes betaal.
Hy het jou en my van ons sondeskuld losgekoop.
Jy is vry! 

Die verhouding tussen jou en God is herstel.
Jy het rede om opgewonde, bly, fees te vier
Jy is ‘n nuwe mens

Deel van God se genade is dat jy ook die Heilige Gees ontvang het
waardeur jy in die heerlikheid van God deel.
            Die Gees leer jou wat God van jou verwag.
            Die Gees leer jou om iets van God se heerliheid  uit te straal…

Die volgende eienskap van genade is:

Wanneer genade van jou vereis word is dit dikwels ontstellende en kompeterend.

Jona is ‘n baie goeie voorbeeld hiervan. 
Hy het nie ‘n oog gehad vir die Assiriers nie.
Hoogs ontsteld het hy besluit om in die teenoorgestelde rigting te beweeg as waarin die Here hom stuur. God se genade aan sy vyande was vir hom te veel…

In sy gedagtes was daar nie ‘n moontlikheid dat die Here hulle dalk genadig gaan wees nie. 
Die genade waarin hy deel wou hy nie met ander deel nie. (Dalk Jesus as voorbeeld neem)                                                    

Wanneer genade korrek aangewend word, is dit dikwels die enigste oplossing.

God se genade is die enigste manier waardeur ek en jy van ons sonde verlos kon word en bly lewe.
Lees gerus weer Sondag 5&6 van Heidelbergse Katagismus.
Jy kan nie jou eie saligheid uitwerk nie. ‘n Ander sondige mens kan ook nie vir jou sonde instaan nie,

Jou verlossing is slegs moontlik deur die kruisdood van Jesus Christus.

Dit is wat die nagmaal ons leer en van verseker…

Jesus se hele bediening straal van genade.
Hy veg konsekwent teen godsdiens sonder genade.
Dink maar aan die vrou wat op owerspel betrap is.
Sy reaksie was  “laat die een van julle wat ‘n skoon gewete het, die eerste klip gooi”

Daarna het Jesus aan haar gevra:

 “Mevrou, waar is hulle?  Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?  Niemand nie Here, het sy geantwoord.  Toe sê Jesus “Ek doen dit ook nie.  Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie (Johannes 8:10b-11).

Genade is nie kontra die waarheid nie.
Dit water nie die waarheid af nie.
Dit erken die volle implikasie van die sonde maar verdoem nie.

Laastens: Genade vind in verhoudings plaas.

Joh 3:16 leer

God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê (83’ vertl).

 U sien verhoudings is die plek waar die genade uitgedeel word

God se verhouding met die mens
God se verhouding met die wêreld

Liefde is die basis van die verhoudings

Wat ‘n genade?
Sien jy iets van God se heerlikheid daarin raak?

Kom ons vier nagmaal in verwondering oor God se genade

(Nagmaalviering)

Omdat jy dissipel van Jesus is, omdat jy die Gees van God in jou het,
moet jy weerkaatser wees van God se genade.

God is jou genadig
sodat jy die genade aan ander kan uitdeel…

Mense moet God se genade in jou beleef en ervaar
Iets van God se heerlikheid word dan in jou sigbaar

Dit maak die kerk onweerstaanbaar.
Die kerk was nog altyd op sy aantreklikste wanneer die boodskap van genade sigbaar is.

Amen 





Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™