Luister preek | | Laai preek af | ![]()
|

Antwoord:
Omdat God dit van ons verwag. Jesus leer: Julle moet mekaar liefhê (Joh 13:34). Byna die hele 1 Johannes brief is gewei aan die liefde wat daar onderling tussen gelowiges moet wees. Hoofstuk 3:18 leer: hierdie liefde moet nie net woorde wees nie maar dit moet in dade sigbaar word.
Om hierdie opdrag van Jesus in ons lewens te laat realiser is daar ‘n voorbereiding wat gedoen moet word.
Sy opdrag is: Julle moet mekaar liefhê…
Van nature word die ek al groter; ek ek, ek, ek, ek, ek,ek, ek,ek
En alle ander mense of dinge kleiner > >>>>>
Jou grootste vyand in jou verhouding met die Here, is die eie ek, die sondige ou natuur. Daardie ding van ek is reg en alle ander verkeerd, ek sê wat in my lewe gebeur, ek laat my deur niemand voorskryf nie. Alhoewel ek dit nooit sal erken nie, ek is god in my lewe…
Ek leef soos ek wil en dit my behaag… Veral as dinge moeilik raak en ek word verkeerd opgevryf, leef ek met alle respek asof God nie bestaan nie. Ek maak soos ek wil, of dit nou stilstuipe of geweld is maak nie saak nie.
Niks nuuts nie.., Adam en Eva was maar ‘n paar dae in die paradys toe hul eie ek so groot word dat hulle so daarin vaskyk, dat hulle daaroor struikel…
OLV is nie moontlik met so ‘n gesindheid nie. Duidelik uit Wilhelm se preek verlede week: VOLG JESUS!
Om Jesus te volg, beteken dat jy so naby aan Hom beweeg, dat sy stof en die spatsels van sy voete op jou kom. Jy moet so op Hom leun, dat wanneer Hy beweeg jy val as jy nie dadelik volg nie…
Johannes die doper word met die probleem gekonfronteer.
Lees Joh 3:22-36
In Johannes 1 ontmoet jy vir Johannes die doper. ‘n enigma, uitsonderlike karakter. Hy is deur God gestuur om te getuig dat Jesus Christus, die lig vir die wereld aan die kom was. Let wel, hyself was nie die lig nie, hy het net getuig van die Lig.
Hy preek in die woestyn. Die droë, barre aarde is simbolies van die geestlike toestand waarin die volk hul bevind. Hy dra klere van kameelhaar en sy diëet bestaan oa uit sprinkane en wilde heuning. Die mense het na hom gestroom en hy het hulle gedoop. Spoedig het hy die naam Johannes die doper ontvang. Ook Jesus is deur hom gedoop.
Dalk was die versoeking vir Johannes daar om grootkop te kry en vir hom ‘n groot aantal volgelinge op te bou. Johannes het egter nie aan die versoeking toegegee nie. Hy het besef: Dit gaan nie oor hom nie.
Van Johannes se aanhangers het gehoor dat Jesus mense doop. Tipies mens het hulle bedreig gevoel en na Johannes gestorm :
“Rabbie, Hy wat oorkant die Jordaan by u was, van wie u getuig het, weet u, Hy
doop ook, en almal gaan na Hom toe”
Wat se hulle? Meester, meester daar is fout. U volgelinge is besig om afvallig te word. Hulle loop so op strepe na Jesus toe. Die mense dros.. U sal iets aan die saak moet doen. Voor u u oë uitvee is almal weg..!
Maar Johannes het hul geantwoord:
Niemand besit enige bevoegdheid om iets te doen as dit nie uit die hemel aan hom gegee is nie. Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie. Ek is maar net voor Hom uitgestuur. Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul. Hy moet meer word en ek minder (Joh 3:27-30)
Johannes se reaksie: Julle verstaan nie. Dit gaan glad nie oor my nie. Ek is die minste in die vergelyking. Dit gaan oor Jesus! Hy is die fokuspunt. Ek is net sy aankondiger. Ek moes maar net oor hom getuig…, julle aandag op Hom fokus…
Daarom, ek is so opgewonde, ek kan uit my vel spring. Hy is hier! Jesus se bediening het begin. Waar staan ek nou in die prentjie? Hy moet meer word en ek minder…
Dit is die roete…, die pad om te loop. Jesus moet meer word en ek minder.
Wat sou dit praktise in jou en my lewe beteken?
Jy moet van die troon in jou lewe afklim – Jesus Christus daarop plaas.
• Jy moet so leef dat die mense jou al minder raaksien
en al meer die beeld van Jesus Christus in jou opmerk.
• Wie met jou te doen het, moet die warmte en liefde van Jesus ervaar
• Jy moet nie rondkyk of daar ander is wat jou kan bedien nie, nee
kyk jy rond om te sien wie kan jy bedien…
• Jy moet sterf dat Jesus in jou kan leef.
Jesus moet meer word en ek minder
Min het Johannes geweet wat hierdie woorde alles inhou:
* Hy het in die tronk geland
* Sy kop was die geskenk op ‘n skinkbord van die goddelose koninklike aan haar dogter
Jesus het nog meer gegee…
Hy het homself, sy lewe, sy alles gegee om
vir jou en my sonde te betaal…
Daarom, word minder…
Sterf in jouself sodat Jesus meer kan word.
Amen