Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

GRYP JOU REGTE AAN! - Dr Wilhelm Leuschner

25/3/2013

 

Luister preek

Laai teks af

13-03-24_palmsondag_en_menseregte_dag_1.pdf
File Size: 166 kb
File Type: pdf
Download File

laai audio af

20130324.mp3
File Size: 4322 kb
File Type: mp3
Download File

Wat is jou REGTE? Ons was hierdie week in die besonder bewus van ons regte met Menseregtedag. In ons eie lewe kon ons dit beleef – Elrie het haar geboortesertifikaat met ID nommer en al gehad nog voor sy uit die hospitaal is, want sy is ’n unieke mens met regte. Ons regte is vir ons belangrik – mense het gely en selfs doodgegaan sodat elkeen van ons sekere regte kan hê – regte in die wêreld en regte in ons land. Wat is jou REGTE?
Maar soos wat Donderdag ’n spesiale dag in ons land was, is vandag ’n spesiale dag in kerke oor die wêreld. Vandag staan in die kerkwêreld bekend as Palmsondag. Vandag kyk ons terug na daardie Sondag toe Jesus in Jerusalem ingegaan het met die wete dat Hy daar gekruisig gaan word. Dit word Palmsondag genoem omdat die skare mense wat Hom ingewag het, palmtakke geswaai en dit voor Hom op die grond neergesit het (Johannes 12:13: “Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan ...”
Voor ons dit lees is daar 2 dinge wat ons moet vashou:

1.     Die Jode van daardie tyd se lewe was nie maklik gewees nie. Hulle het swaar gekry onder die Romeinse oorheersing. Hulle het die Romeine gehaat en wou van hulle ontslae raak. Hulle hoop was op ’n profesie uit die Joodse Bybel, die Ou Testament, wat so klink:

Sagaria 9:9: Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ’n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ’n donkie, op die hingsvul van ’n donkie.


So hulle het gewag vir die koning wat hulle gaan kom bevry!

2.     Die mense van daardie tyd was gewoond aan “oorwinningsoptogte”. Dit was algemene gebruik dat ’n koning of generaal wat terugkom van ’n oorwinning af, met ’n optog in die stad ingaan. Mense het dan toegestroom en hom toegejuig terwyl hy die stad inkom, gewoonlik op die rug van ’n perd. Met hierdie optogte was palmtakke prominent, omdat palmtakke in die Grieks-Romeinse wêreld die teken van triomf en oorwinning was. Dit was spesifiek die simbool van die godin Nike (ja, dis hoe mens dit uitspreek). Vir die mense van daardie tyd sou ’n optog met palmtakke hulle onmiddelik herinner aan ’n Romeinse triomf-optog, waar die oorwinnaar sy oorlogsklere uitgetrek en verruil het vir gewone klere as simbool van die vrede wat hy gebring het.

Kom ons lees wat daardie dag gebeur het.

Lukas 19:28-40:

28 Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het Hy voor hulle uit geloop, op pad na Jerusalem toe. 29 Toe Hy naby Betfage en Betanië kom, teen die Olyfberg, stuur Hy twee van sy dissipels vooruit met die opdrag:

30 “Gaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar ’n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. 31 En as iemand vir julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.” 32 Die twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesê het.

33 Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die donkie los?” 34 Hulle antwoord: “Die Here het hom nodig.” 35 Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle klere op sy rug en help Jesus opklim. 36 Terwyl Hy aanry, het hulle van hulle klere op die pad oopgegooi.

37 Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het. 38 Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” 39 ’n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!” 40 Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”


38 Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!” 39 ’n Paar Fariseërs uit die skare sê toe vir Jesus: “Meneer, maak stil u volgelinge!” 40 Maar Hy antwoord: “Ek sê vir julle: As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”


Sjoe, hier kom Jesus op die rug van ’n donkie Jerusalem ingery en die skare noem Hom Koning! Die voorspelling word nou waar! Die Koning van die Jode kom op sy oorwinningstog!

En tog, tog sê Jesus self die volgende Donderdag dat God se koninkryk nog nie ten volle gekom het nie.... Maar daaroor gaan ons Donderdagaand saam dink – 6 uur, pieknieknagmaal hier op die gras...

Kom ons kyk eers wat hier gebeur...

Hoor wat sê die skare alles:

·        Jesus kom in Jerusalem in

·        Jesus word erken as KONING

·        Jesus kom IN DIE NAAM van die Here – namens die Here

·        Jesus bring VREDE

·        Jesus sal VERKONDIG word – as die mense dit nie doen nie, sal die klippe!

Wat beteken dit vir ons? Wel, ek dink dis wonderlik dat Palmsondag hierdie jaar val net na Menseregtedag! Want net Donderdag kon ons dink aan alles wat ons REG is as mense, regte waarvoor mense moes ly en selfs doodgaan.

Vandag op Palmsondag kan ons dink aan alles wat ons REG is, regte waarvoor een moes ly en selfs doodgaan. Watter regte het ons?

Menseregte dag:

·        Die reg om Jesus as Koning te hê – Hy regeer my lewe! ... Of is dit so? Bepaal Hy wat ek doen, of wil ek bepaal wat Hy moet doen? Sê Hy vir my of ek vir Hom? Weet ek wat Hy wil hê, en doen ek dit dan?

·        Die reg om IN DIE NAAM van Jesus te leef – namens Hom, met sy gesag, met sy kontak (gebed), met sy doel. Lewe ek in Jesus se Naam? “Ek is nie hier namens myself nie, ek is hier namens Jesus – hier by die skool, by die werk, by die huis, by die braai, oral.”

·        Die reg om sy VREDE te hê – dis anders as die wêreld se vrede, dis die vrede wat alle verstand te bowe gaan. Dis nie die vrede van ek het ’n werk en ’n huis en ’n gesin en gesondheid nie. Dis die vrede van “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

·        Die reg om Hom te VERKONDIG – met my woorde wat mense kan hoor, maar ook met dit wat mense kan sien (soos die klippe!) Dis die reg om te leef en vertele, om te leef en beleef, die reg om getuie te wees van wat EK sien, EK hoor, EK weet.

“Jou dade skree so hard dat ek nie jou woorde kan hoor nie!”

Wat vertel my dade? En my woorde?

Jesus het ook in jou lewe ingekom – soos Palmsondag.

Jy is NOOIT weer alleen nie!

Hy is met jou, Hy is IN jou! Leef nou IN Hom.

En gryp jou regte aan!

Amen.


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™