Luister Preek | | Laai Preek Af | ![]()
|
In Johannes 17 bid Jesus selfs daarvoor! (Johannes 17:15-18)
15Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. 16Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. 17Laat hulle vir U geheilig wees deur ’n hegte verbintenis aan die waarheid. 18Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur.
Ons einddoel is die wêreld! Ons pad loop in die wêreld in. En wat doen ons in die wêreld? Ons bring versoening! Versoening met God, versoening met mense, versoening met die aarde.
· Versoening met God: Wie ken jy wat versoening met God nodig het?
· Versoening met mense: Met wie moet jy versoen? Wie ken jy wat moet versoen met ander?
· Versoening met die aarde: Hoe is jou verhouding met jou aarde? Wie ken jy wat versoening nodig het?
Daarom sê 2 Korintiërs 5:20:
20Ons tree op as ambassadeurs vir Christus
Wat is ’n ambassadeur?
Verklarende woordeboek:
Gesant, hoogste diplomatieke verteenwoordiger van een land in ’n ander
Ambassadeur word nie vertel hoe om elke sekonde te leef nie, maar wat die groot boodskappe is om oor te dra.
Verder word van hom/haar verwag om:
· Getrou te wees
· Nie skandes te maak nie
· Met eer en respek op te tree
· In woord en daad sy vaderland bevorder
Die gesant tree ook diplomaties, dit is met wyse oorleg, op. Hy wend nie sy gesag aan om mense te dreig of te dwing of te oorheers nie, maar tree beskeie, vriendelik en tegelyk dringend, smekend op. Hy rig hom tot die hoorder met volle eerbied vir die verstand, gevoel en wil, en probeer die mens beweeg tot die aanvaarding van die woord van versoening.
Ons verteenwoordig die hemel op aarde! Ons moet WYS hoe lyk ONS land vir die mense van hierdie land.
Hoe lyk ons land? Liefde, vreugde, vreugde, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing!
VERHAAL VAN MAN IN DIE PUT....
Man val in put:
1. Emosionele persoon: “Ek voel vir jou daar in die put.”
2. Rasionele persoon: “Dis logies dat iemand hier kan inval.”
3. Fariseër: “Sulke goed gebeur net met slegte mense – wat het jy gedoen?”
4. Wiskundige werk uit hoe diep die put is
5. Skinderaar wil vir almal gaan vertel dat hy in die put is
6. Belastingbetaler wil weet of hy belasting betaal op die put
7. Selfsugtige persoon: “Jy moet sien in watter put is ek”
8. Sielkundige: “Vertel my van jou kinderdae...”
9. Psigoloog: “Dis jou ouers se skuld dat jy in die put is.”
10. Self-help guru: “Glo in jouself en jy sal uit die put kom.”
11. Optimis: “Dinge kan erger wees.”
12. Pessimis: “Dinge kan nie erger wees nie.”
13. Toe Jesus die man sien, vat Hy hom aan sy hand en help hom uit die put uit.
Jesus is werksaam op aarde. Jesus bring versoening op aarde. Jesus maak die aarde ’n beter plek. Jesus wil hier bly vir ewig.
En jy?
Amen.