
hebree_rs_9_-_die_deur_is_oop.docx |
Wat is hierdie wat ek hier in my hand het? (prentjie van ‘n sleutel)
Kan ek ‘n deur hiermee oopsluit? Miskien as ek dit oprol en opvou en in die sleutelgat indruk... Nee dit gaan nie werk nie, né.
Goed, wat is hierdie wat ek nou hier in die lug hou? (sleutel) Kan ek die deur met die slot waarop hierdie sleutel pas daarmee oopsluit? ... Ja, ek kan, want dit is ‘n regte sleutel.