Luister Preek

15-05-31_belydenisaflegging_-_het_jy_my_lief.docx |
Vandag gaan ons so bietjie stilstaan by een van my gunsteling dele in die Bybel en, wat ek dink, een wat die meeste troos gee. Kom ons lees Johannes 21:15-19.
Laat ek net eers gou die prentjie skets:
Jesus is op Goeie Vrydag gekruisig. Op die Sondag word Hy weer lewendig. Hy gee daardie Sondag vir die sy getroue volgelinge, die dissipels die opdrag om na Galilea toe te gaan en daar vir Hom te wag.