
jesaja_6_-_hier_is_ek_-_stuur_my.docx |
Hier is ek! Stuur my!
Om uit te reik“Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” Vanoggend, uit die Here se Woord, hoor ons hoe uitreikwerk gedoen behóórt te word. Ons moet dit doen soos die serafs dit doen. Serafs? Ja, die serafs: daardie geestelike wesens wat die heeltyd in die Here se teenwoordigheid is. Hulle het ses vlerke gehad, hoor ons hier. Met vier van die vlerke het hulle hulleself bedek – miskien uitdrukking daarvan dat God, in wie se teenwoordigheid hulle is – ver te wonderlik is om heeltemal te begryp. God is altyd nog meer wonderlik as wat ʼn mens ooit kan vasvat met jou gedagtes en jou woorde. So, met vier vlerke bedek die serafs hulleself. Maar - met twee vlieg hulle! Daar’s beweging. Die serafs dra die wonderlikheid van hierdie God wat op ʼn baie hoë troon sit al hoe verder uit.