Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
  • Oor Ons
    • Predikante
    • Personeel
    • Fasiliteite
  • Publikasies
    • GPS
    • Maand-Krant
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus
    • Geestelike Paaie
    • FOTO ALBUMS
  • Kaart / Map
  • Kontak Ons
  • Preke
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • NUUS BLAD
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE NPC >
        • Sunrise: SAPS Jobseeker support centre
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: Ligprojek by Woodlane Village
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • KRUIK >
        • Nuus - Kruis Kulturele Bediening ( KRUIK )
      • TOPIA
      • ANDER >
        • Neem en Deel Projek
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Nuwe Bedieninge (Nog in beplanning)
  • Meer...
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Op die Kerkraad tafel
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Wapadrant Nuus
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek
    • Wapadrant Praat Saam

Jesus het waarlik mens geword - Peet Vermeulen

22/7/2012

 

Luister Preek

Laai Preek af

20120722.mp3
File Size: 2653 kb
File Type: mp3
Download File

Filippense 2:5-11               Jesus het waarlik mens geword

Daar word vertel dat Boedha enkele sekondes nà sy geboorte alreeds met volle bewussyn en goddelike insig deur alles in die hemel en op die aarde kon sien.  Hy het sewe tree in elke windrigtting gegee en uitgeroep:”Ek is die vernaamste in die wêreld!” (Cilliers, J. 1997. Sal die regte Jesus opstaan asseblief?)

In die evangelie van Thomas (Nuwe Testamentiese apokrief) vind jy die verhaal van Jesus se kindheidsjare; 
(Verduidelik – “Nuwe Testamentiese Apokriewe geskrifte)”: Mense het besluit omdat daar niks in die Bybel oor Jesus se kinderjare geskryf staan nie, sal hulle die gapings vul.)

1.     Toe die Kindjie Jesus vyf jaar oud was, was Hy (na ‘n reent) aan die speel by die drif van ‘n spruit.  En die lopende water het Hy bymekaargekeer in damme en hulle onmiddellik helder laat word, op sy blote woord het Hy hulle daartoe beveel.

2.     En nadat Hy sagte klei gemaak het, het Hy daaruit twaalf mossie gevorm.  En dit was op die sabbat toe Hy dit gedoen het.  En daar was ook baie ander kindertjies wat saam met Hom gespeel het.

3.     En toe ‘n sekere Jood sien wat Jesus gemaak het terwyl Hy op die sabbatdag speel, het hy dadelik heengegaan en vir sy vader Josef gesê: “Kyk jou Kind is by die spruit en Hy het klei geneem en daarvan twaalf voëltjies gemaak en so die sabbat ontheilig”

4.     En Josef gaan na die plek en sien dit en hy roep na Hom en sê: “Waarom doen Jy op die sabbat hierdie dinge wat nie geoorloof is om  te doen nie?”  Maar Jesus het sy hande geklap en na die mossies geroep en gesê: “Gaan!”  en die mossies het opgevlieg en tjirpend weggegaan.

3

1.     Maar die seun van Annas die skrifgeleerde het daar by Josef gestaan, en hy het ‘n wilgertak geneem en die waters laat wegvloei wat jesus bymekaar gemaak het.

2.     En toe Jesus sien wat gebeur het, het Hy kwaad geword vir hom en gesê: “Slegte, goddelose en onnosele mens!  Watter kwaad het die damme en die waters aan jou gedoen?   Kyk nou sal jy ook opdroog soos ‘n boom en jy sal g’n blare dra of wortel of vrug nie!”

3.     En onmiddellik het die seun heeltemal verdor,  en Jesus het vertrek…  ( Müller, JJ. 1976.  Nuwe Testamentiese Apokriewe)

‘n Mens kan aanvoel – dit is snert, iets soos ‘n feë verhaal.  Die produk van die skrywer se verbeelding, ver verwyder van die waarheid…

Lees jy die evangelie, sien jy totaal ‘n ander prentjie…

Jesus word as ‘n doodgewone kind gebore.  Soos alle ander babatjies word Hy in doeke toegedraai, afhanklik van sy ma en pa se sorg. 

Van Sy kinder jare word daar nie veel geskryf nie behalwe

          Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die
          genade van God was op Hom
(Luk 2:40)

Jesus het soos ander kinders groot geword.  Aanvanklik ‘n slap pap babatjie, Hy het sy eerste treetjies gewaag, brabbelend woorde aangeleer.  Hy het sekerlik ook met stukkende hande en voete by Maria troos kom soek.  Gewoon, ‘n gewone kind soos ander mensekinders.

Daar was nie ‘n stralekrans om sy kop of dat Hy soos ‘n tipiese “Powerranger” homself laat geld het nie.  Hy het nie mense verdelg wat teen sy wil inbeweeg het of in sy pad gekom het nie.

In Sy tienerjare vind ons die insident waar Jesus in die tempel agter gebly het en aan sy ouers meegedeel het dat hy met die dinge van sy Vader moet besig wees.

Martin Luther het diep onder die indruk van die menslikheid van Jesus geskryf:

Hy was nie ‘n spook nie, maar het onder mense gewoon; Hy het oë, ore, ‘n mond, ‘n neus, ‘n bors, lyf, hande en voete gehad net soos ek en jy, melk by sy moeder gedrink, saam met ons geëet en gedrink, was toornig, het gebid, getreur, geween (Luther soos aangehaal deur Cilliers, J. 1997. Sal die regte Jesus opstaan asseblief? p 16)

Kom ons kyk wat die Skrif oor Jesus se mensheid leer: Baie duidelik beskryf die Hebreërbrief die menslikheid van Jesus. 

15Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swak­hede saam­voel, want Hy moes presies dieselfde versoe­kings as ons trotseer – behalwe dat Hy nie voor die sonde geswig het nie(Hebreërs  4:15)(NLV).

7Terwyl Jesus hier op aarde was, het Hy hard uitgeroep en met trane by God ge­smeek en gepleit, want God sou Hom van die dood kon red. God het Hom verhoor deur die angs vir die dood van Hom weg te neem. 8Selfs al was Hy die Seun, het Hy gehoorsaamheid geleer deur wat Hy gely het(Hebreërs 5:7-8)(NLV).

Hy was ‘n mens…  doodgewoon mens 100% mens, maar tog ook buitengewoon*… 
          Hy was God, 100% God..!

Dis moontlik om die buitengewoonheid van Jesus mis te kyk.  Die geskiedenis is vol voorbeelde daarvan

·       Herodus het Hom as ‘n politieke indringer beskou en uit die weg probeer ruim

·       Die Skrifgeleerdes was oortuig – Hy is ‘n Godslasteraar

·       Van sy broers het gemeen: Hy is te groot vir sy skoene…

·        Sommige van sy volksgenote het hom gesien as duiwelbesete of van sy sinne beroof…

·       By die see van Gadara vra die mense Hom om te gaan.  Hulle was bang vir hom… (Luk 8:26-39)

U sien, hulle het in die mens Jesus vasgekyk – maar sy buitengewoonheid misgekyk…

Hulle het hom gesien en tog ook nie gesien nie…

Die groot genade is:

          Sommige se oë het oopgegaan.  Hulle het Hom gesien vir wie Hy is…  

En tog, selfs wanneer sy dissipels  na sy opstanding verklaar:

Hulle het geen twyfel. 
Dit is Jesus wat uit die dood opgestaan het. 
Hulle het sy heerlikheid gesien
… 

Bly dit steeds ‘n verborgenheid. 
Hy  word steeds misgekyk…

Maak u oë toe en luister nou weer na ons skrifgedeelte, kry vir u die prentjie…

6Alhoewel Hy self* God was,

het Hy nie vasgeklou

aan wat Hom toekom nie,

7maar Hy het dit prysgegee:

Hy het ’n slaaf geword

en aan mense gelyk geword.

En toe Hy as mens geleef het,

8het Hy Homself

nog verder verneder

deur tot die dood toe

gehoorsaam te wees,

ja, tot die kruisdood toe!  Fil 2:6-8 (NLV)

Sien u Jesus Christus… 

Doodgewone mens, buitengewone mens,
‘n Mens sonder sonde, regverdig voor God,
                                                              tot in die dood…

 Waarom?

Want God se liefde vir die mens is so groot
dat Hy die mens nie in sy sonde nood laat nie.
Hy het Jesus in die vermomming van ‘n dienskneg, van ‘n mens gestuur
om vir die mens se sonde te betaal.

Hy wat sondeloos was, moes vir die sondige mens inhang…

Want dit is ek en jy wat aan die kruis vir ons sondes moes sterf…

Glo jy dit?

Dit maak saak of jy glo…

Die mens se doodgewone lewe is vir God so belangrik
dat dit die terrein is waarin Hy sy mag openbaar.

Vir jou wat glo word die doodgewone lewe, ‘n buitengewone lewe.

Die alledaagse lewe word ‘n avontuur waarin jy

·       God se voetspore raaksien,

·       jy sien sy kunswerk in die natuur,

·       hoor sy stem in die donderweer, gedruis van branders. 

·       Jy ervaar sy liefde in die bord kos op jou tafel. 

·       Jy voel sy warmte deur die Gees wat in jou woon.

·       Jy sien en ervaar sy teenwoordigheid op aller vreemste plekke

·       Jy ontdek sy mag en krag soms in mees onverwagste tye

Dit maak jou geloofslewe ‘n ontdekkingstog, ‘n opwindende avontuurreis in die oëskynlik  mees alledaagse lewe…

Jy volg sy voetspore want jy is saam met Hom oppad.

Kom ons vier nou nagmaal en dink daaraan
dat Jesus mens geword het om
          * Jou te verlos…,
          * Hierdie doodgewone lewe vir jou wat glo – buitengewoon te maak

Kom ons vier dit.

Amen


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™