Luister preek | ![]()
| Laai audio af![]()
|

Besprekingsvraag: Wat beteken dit om vry te wees? Wanneer is ‘n mens vry? Besluit sommer of jy vry is of nie?
Gister was vryheidsdag.
Wat beteken dit om vry te wees?
Wanneer is ‘n mens vry?
Soms word luiheid verwar met vryheid
1. Alles is toelaatbaar - Daar is nie grense nie
2. Hoef my nie aan gesag te steur nie. Gesag teenoor God, ouers, staat…
3. Om nie in die tronk te wees nie.
4. Beheer oor jou lewe te hê
5. Finansiële vryheid – geld spandeer soos jy wil
6. Vryheid van spraak
7. Geloofsvryheid – Beeld van 25/4/13 Verslag in Munchen vrygestel: Veral Christene word vermoor. 2,3 milj Christene reeds uit Sirië gevlug sedert begin van burgeroorlog. Gevaarlikste land vir Christene is tans N-Korea. 150 000 – 200 000 word in onmenslike omstandighede in Konsentrasie kampe aangehou – meeste vanwee hul Christelike geloof.
8. Vry van verslawing aan byvoorbeeld geld, seks, dwelmmiddels,
9. Vry van verleiding en versoekings
10. Vry van oorheersing – poletieke vryheid.
(Vertel verhaal van bedelaar in Zimbabwe “but whe are free”)
Vryheid is waardevol…
Dit is iets wat elke mens begeer
Mense sal wat wil gee om vry te wees.
Nou is die tragiese, alhoewel almal strewe na vryheid
is die meeste mense slaaf van een of ander persoon, substans. mag of situasie…
Dikwels is die verslawing iets wat jy oor jouself bring.
Lees 1 Petrus 2:11-17
Teks:
Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie (v16)
Wie is die julle met wie Petrus praat?
Hy skryf aan gelowiges…
in die eerste plek aan sy lesers maar ook aan jou.
As jy in Jesus Christus glo – praat hy ook met jou.
Kyk hoe spreek hy jou en die gelowiges aan:
Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld… (1 Pet1:11)
Gelowiges – vreemdeling, bywoner in hierdie wêreld?
Hoe so?
Vanwee die mens se sondige natuur is hy/jy deel van die sondige wêreld.
Verslaaf aan die sonde
en kan nie anders as om sonde te doen nie
Jy is sonde…
Die groot omwenteling het gekom toe God in sy groot liefde Jesus Christus gestuur het
om in elke gelowige se plek vir sy sonde te kom sterf.
Hy skryf in Hfst 1:18-21
Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinnelose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekkeloos en sonder liggaamsgebrek is. Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom. Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig
Die resultaat is: JY IS VRY!
Jy is vry deur jou geloof in Jesus Christus
Jy is losgekoop van jou verlede…
Losgekoop van jou doodserfenis…
Losgekoop van die mag, die boeie van die sonde.
Jy is VRY!!!
Wat hierdie vryheid meer besonders maak is:
Die Heilige Gees woon in jou hart
Hy maak die wil van die Here aan jou bekend
Hy leer jou deur die Woord wat God wat van jou vry mens verwag
Hierdie vryheid wat Christus vir jou bewerk het bring vir jou status!
Kyk wat leer 1 Petrus 1:9-10 in die verband
Julle, … is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God.
1. Jy word deel van die volk van God. Dit is nie ‘n volk wat op ras, etniese gronde of op blyplek gebasseer is nie. Dit gaan oor elkeen wat in Jesus Christus glo. Eksklusief! Niemand kan buite Christus om deel van die volk word nie.
2. Jy het nou hemelse burgerskap. Is op aarde ‘n vreemdeling en bywoner/ tentbewoner.
3. Jy is in ‘n persoonlike verhouding met God. Die sondeskuld wat verwydering tussen jou en God gebring het, is vereffen. Jesus het dit betaal…
4. Jy word broer en suster van ander gelowiges. Jy word ingesluit in God se gesin…
Ek dink nie daar ‘n ‘n meer verhewe posissie wat jy kan begeer nie…
Dié vryheid bring vir jou voorregte:
1 Kind van God
2 Deel van God se gesin…
Hierdie vryheid bring egter ook verantwoordelikheid.
In elke gesin en huishouding is daar moets en moenies/ huisreëls…
Dinge wat jy veronderstel is om te doen en dinge wat totaal uit pas sou wees as jy dit doen.
Gesindhede wat jy moet openbaar en ander wat chaos sal veroorsaak
1. Jy moet werk aan die verhoudings waarbinne jy jou as kind van God bevind.
Jou verhoudings met God, jou medemens
Dit help nie jy weet net van God nie.
Dit help nie jy net kennis van God
Jou geloof in God moet oorgaan in ‘n persoonlike verhouding met Hom
2. Jy moet in ‘n liefdesverhouding met God wees.
Daar moet daagliks liefdes kommunikasie tussen jou en God wees.
Hierdie liefde moet moet sigbaar, tasbaar en konkreet wees
Hoe?
Deur te doen wat God vra…
As jy vir iemand lief is, wil jy die persoon behaag, dien, bedien, gelukkig maak.
Dit is presies wat jy vir die Here moet doen.
Wat vra God van jou?
Ek dink ons 5 lewensgewoontes hier in die gemeente vat dit mooi saam
Dit behels die hele gesin, volk van God.
1. Onderlinge liefde en verhoudings – teenoor God, medemens, skepping
2. Dienswerk
3. Luister en praat met God
4. Viering
5. Leef en getuig
U sien, as volk van God, gesin van God is jy vry…
Dikwels gebeur dit dat mense, hul vryheid misbruik.
Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien (1Pet2:16)
Die wêreld sien vryheid as die mens is goed en tot die goeie instaat
Vryheid is om in beheer van jou lewe te wees en doen wat jou behaag.
Die eie ek kraai koning…
Die oomblik wat dit gebeur – selfs in gelowiges se lewens,
tree die kwaad in.
Want God se wil moet dan plek maak vir die eie ek.
So vind jy baie Christene wat roem daarin hulle is kinders van Christus
maar eintlik is dit net ‘n dekmantel om die kwaad waarmee hulle besig is
te verdoesel
Daarom kry ons die opmerking dat die wêreldmens wat Christene dophou sê
As dit is hou ‘n Christen lyk, wil ek nie een wees nie.
Die sogenaamde Sondag christene.
Sondag leef jy volgens God se woord maar Maandag tot Saterdag kan jy nie glo dit is dieselfde mens wat Sondag homself as Christen voordoen nie.
80% mense het met die sensus aangedui hulle is Christene…
Maar as jy kyk na die misdaad, geweld, pad gebruik en padgeweld, kan dit nie waar wees nie…
Die dinge slaan sommer hier in die kerk ook deur.
‘n Tyd gelede sit ek ‘n bottle wyn voor kerk in die yskas in die kombuis sodat dit kan koud word. Ons kleingroep het vir middag ete saam gebraai. Groot was my verassing toe ek die bottel wyn om 12:00 uit die yskas wil gaan haal om die bottel leeg langs die yskas te vind.
‘n Maand of wat gelede bly daar 5 bakke roomys oor na ‘n funksie en daar word besluit om dit die volgende Sondag vir die kinder uit te deel. Groot was die teleurstelling Sondag om te vind – die roomys het verdwyn. Daar het een bak oorgebly van wie iemand die helfte reeds geeet het.
Ek sluit af.
In Christus is jy vry.
Om wat mee te doen?
Kyk wat leer ons teks
Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie.
· Gebruik dit om God te dien en
· Julle moet alle mense respekteer
· Julle medegelowiges liefhê
· Vrees God
· Eer die keiser. (1Pet2:16,17)
U sien – jou vryheid behels alle aspekte van jou lewe.
Jy moet jou selfs aan die owerheid se reëls onderwerp.
Jy is vry…
Geniet jou vryheid en dien God daarin.
Amen